RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 30 Julie 2025 30.07.2025 24:07
Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.
Gesondheid 23 Julie 2025 23.07.2025 20:18
Hipertensie, of hoë bloeddruk, is ‘n stil siekte sonder simptome. Iemand met onbehandelde hipertensie, of ‘n hipertensielyer wat self voorskrifmedikasie staak, kan met ernstige en lewensbedreigende komplikasies soos beroerte, ‘n hartaanval of nierversaking in ‘n waaksorgeenheid beland.
Gesondheid 16 Julie 2025 16.07.2025 24:28
Mediese studente het die land se eerste Lifepod-waaksorgbed vir potensiële orgaanskenkers, wat ná ‘n ongeluk in die hospitaal breindood verklaar word, by die Tygerberg Hospitaal ingerig. Wat is breindood? En hoekom benodig ‘n breindood persoon spesiale sorg om sy organe aan die gang te hou vir skenking?
Gesondheid 9 Julie 2025 09.07.2025 22:52
Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is.
Gesondheid 2 Julie 2025 02.07.2025 20:58
Tydens harsingskudding rek van die neurone in jou brein so erg dat dit tot biochemiese veranderings in jou brein lei, wat minstens 28 dae neem om te herstel. Studies bewys dat herhaalde harsingskudding tot ‘n groter risiko vir vroëe demensie, Parkinson-siekte, Motorneuronsiekte en ander neurologiese probleme lei.
Gesondheid 25 Junie 2025 25.06.2025 21:34
Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig?
Gesondheid 18 Junie 2025 18.06.2025 24:31
Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.
Gesondheid 11 Junie 2025 11.06.2025 20:09
Moenie dat die damprookgeure jou flous nie - aarbei, vanielje en die ander partytjiegeure bevat uiters toksiese stowwe wat onomkeerbare veranderings aan ‘n jongmens se brein kan veroorsaak. Dit kan tot depressie lei, asook swak konsentrasie, impulsiewe gedrag en swak besluitneming, wat blywend is.
Gesondheid 4 Junie 2025 04.06.2025 21:42
Wat is die tekens in jou gesig en mond wat ‘n tandarts kan laat dink dat jy aan obstruktiewe slaapapnee ly? En hoekom moet ouers nie sommer instem dat ‘n kind se tande getrek word om sogenaamd plek te maak vir sy ‘groot’ tande nie?
Gesondheid 28 Mei 2025 28.05.2025 23:35
Slaapapnee is ‘n baie groter risikofaktor vir hartstilstand en dood as wat dokters aanvanklik gedink het. Dit moet gediagnoseer en behandel word met dieselfde erns as hoë bloeddruk, diabetes, vetsug, lewervervetting en ander siektes wat tot hartaanvalle en beroerte kan lei.
Gesondheid 21 Mei 2025 21.05.2025 22:45
Hou op om jou afspraak vir ‘n kolonoskopie uit te stel. Dit kan jou lewe red. Danksy bewuste sedasie onthou jy niks daarvan nie, en kan poliepe wat tot kanker kan lei, verwyder word.
Gesondheid 14 Mei 2025 14.05.2025 23:48
Weet navorsers wat die oorsake van outisme is? Of wat in die kind se brein anders verloop? Of in watter stadium van breinontwikkeling dit gebeur? Ons kyk ook na endometriose en eierbevriesing se suksessyfers.
Gesondheid 7 Mei 2025 07.05.2025 22:12
Wat word bedoel met neurodiversiteit? Is dit nou 'n ander naam vir outisme? Kan kinders met outisme werklik gehelp word om beter te kommunikeer en te funksioneer? Hoe weet ouers wat is die beste program vir hulle kind met outisme?
Gesondheid 30 April 2025 30.04.2025 21:51
Hoe diagnoseer reumatoloë spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met dié reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word?
Gesondheid 23 April 2025 23.04.2025 24:22
Die ouderdom, gehalte en hoeveelheid eierselletjies wat ‘n vrou beskikbaar het, speel ‘n groot rol in suksesvolle vrugbaarheids-behandeling. Daarom is die bevriesing van eierselletjies terwyl die vrou in haar dertigs is, belangrik. Nou is navorsers besig met nuwe metodes om die ge-oeste eierselletjies nóg beter te laat ontwikkel.
Gesondheid 16 April 2025 16.04.2025 23:07
Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?
Gesondheid 9 April 2025 09.04.2025 24:05
Bly die mRNA van die Covid-enststof net ‘n paar dae in jou liggaam? Kan die stekelproteïen verbind word met ander skade, buiten hartskade?
Gesondheid 2 April 2025 02.04.2025 18:39
Narkose is nie net om jou aan die slaap te maak nie - dit plaas jou in ‘n koma. Maar narkose is 90 keer veiliger as 60 jaar gelede. Dit is enkele van die interessanthede wat aan die lig gekom het in ‘n gesprek met ‘n internasionaal bekende narkotiseur.
Gesondheid 26 Maart 2025 26.03.2025 21:32
Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer.
Gesondheid 19 Maart 2025 19.03.2025 22:57
Wat het die Coronavirus, wat die Covid-pandemie anders gemaak het as ander Corona-virusse? Hoe herken die liggaam ‘n virus of ander indringer? Mari Hudon verduidelik in die eerste episode van 'n reeks oor die Covidvirus en -vaksiene.
Gesondheid 12 Maart 2025 12.03.2025 23:12
Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.
Gesondheid 5 Maart 2025 05.03.2025 22:28
Pyn is in jou brein gesetel. ‘n Spesifieke soort chroniese pyn kan vererger indien die chirurg opereer, of deur inspuitings. Maar baie pasiënte en dokters verstaan nie hoe chroniese pyn werk, en hoe om dit te benader nie.
Gesondheid 26 Februarie 2025 26.02.2025 23:57
Een uit elke vyf mense ly aan chroniese pyn. Hoe werk pyn? Wat is normale pyn? Wat loop skeef dat ‘n mens chroniese pyn ontwikkel?
Gesondheid 19 Februarie 2025 19.02.2025 22:15
Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet ‘n pasiënt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling?
Gesondheid 12 Februarie 2025 12.02.2025 20:46
‘n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder ‘n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.