RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
7 Jan 07.01.2015 17:35
Het jy geweet 'n enkele TB-kiem is genoeg om jou tuberkulose te gee? Of dat die baie mense wat antibiotika nodig het, met te lae dosissse behandel is? Of dat pasiënte druk op dokters plaas om onnodig antibiotika vir hulle voor te skryf? Of dat die meeste gevalle van bronchitis en ander lugwegsiektes deur virusse veroorsaak word, en antibiotika nie daarvoor gaan help nie?
31 Dec 31.12.2014 22:06
Die eerste slukkie wyn, bier, brandewyn of enige ander alkoholiese drankie wat jy drink, het reeds 'n uitwerking op jou brein. Dit begin met 'n kleinerige effek in die voorste deel van jou brein. Hoe meer sopies jy drink, hoe groter en dieper spoel die brander van effek oor jou brein. Hoe werk dit? Ná hoeveel sopies gebeur wat? Is mens die volgende oggend babalaas of bloot steeds dronk? Luister na...
24 Dec 24.12.2014 25:57
Het jy geweet 'n gewoontedrinker se brein krimp, en dat die gevaar vir breinbloeding as hulle val, algaande groter word? Het jy geweet dat binge drinking 'n spesifieke uitwerking op een van jou organe het? Waarom lyk dit of gewoontedrinkers hulle drank beter kan hanteer? Sterf iemand wat in 'n wyntenk val, weens alkoholvergiftiging of is daar 'n ander, interessante oorsaak van dood? Dít is enkele...
10 Dec 10.12.2014 25:08
Dieetkundige Annchen Weidemann antwoord jou vrae oor gesonde eetgewoontes en gewigsverlieseetplanne.
3 Dec 03.12.2014 26:48
Wat is fatty liver-siekte? Hoekom sukkel mense op chroniese kortisoonbehandeling om gewig te verloor? Het menopouse iets met gewigstoename te doen? Wat van Banting? Die luisteraarsvrae word beantwoord deur die metabolisme-kenner, prof. Tess van der Merwe.
26 Nov 26.11.2014 30:28
Gewigsverlies is 'n teer puntjie vir baie. As deel van RSG se skud-dit-afx2 eetplan om oorgewig mense te help om die ekstra vetjies af te skud, het ons dieetkundige Annchen Weidemann in die ateljee wat luisteraars se vrae sal beantwoord. Dis jou kans om die vrae wat jy oor dieet en dieetplanne het, te stel.
19 Nov 19.11.2014 22:48
Hoe het vroue met polistiese ovariële sindroom verkeerd geëet sodat hulle nie gewig kon verloor nie? Waarom help dit om 4 tot 5 ure tussen maaltye te wag? Waarom kan mens nie net armsvol vrugte eet nie?
5 Nov 05.11.2014 21:43
In die derde en laaste aflewering in die reeks oor borskanker, gesels Marí Hudson met kenners oor die kwessie of borskanker aan die toeneem is, en of 'n vrou self iets kan doen om haar kans op borskanker te verminder.
29 Oct 29.10.2014 24:47
Marí Hudson gesels met twee kenners oor die verskillende soorte borskanker, die behandeling van elke soort, die operasie wat Angelina Jolie ondergaan het, die jongste verwikkelings in borsrekonstruksie onmiddellik na 'n mastektomie, en die goeie estetiese resultate.
22 Oct 22.10.2014 26:23
Hoor van alles wat jy moet weet van borskanker. In die eerste aflewering in die reeks 'Die A-Z van Borskanker' gesels Marí Hudson met 'n kenner oor mammogramme en of dit werklik help om borskanker vroeër op te spoor, die stadiums van borskanker, die oorlewingsyfer van die verskillende stadiums, hoe dit versprei, hoe die besluite oor die behandeling van die soorte borskanker geneem word.
15 Oct 15.10.2014 19:39
Het jy geweet dat as jy insulienweerstandig is, jy 99% op die pad is van Tipe 2 Diabetes en nie net halfpad nie; dat insulien jou aptyt stimuleer, en dat as jy te veel dierevette inneem, dit die laaste strooi kan wees wat jou tot in tipe 2 Diabetes kan stoot? Prof. Tess van der Merwe, kenner van metabolisme en oorgewig, vat prof. Tim Noakes se stellings aan oor insulienweerstandigheid, waarom mens...
8 Oct 08.10.2014 28:20
Ons almal weet dis vrek moeilik om gewig te verloor as jy te vet is. Navorsers weet nou wat in die brein en met jou hormone verkeerd loop, wat maak dat jy vet word, en waarom dit so moeilik is om gewig te verloor as jy meer as 25 kg oorgewig is. 'n Internasionale kenner verduidelik presies wat gebeur om jou te help om sake beter te verstaan, en ook waarom dit baie belangrik is dat ouers moet toesi...
1 Oct 01.10.2014 28:55
Marí Hudson gesels met 'n kundige oor infertiliteit by mans. Interessante feite sluit in dat testosteroon-bevattende sportaanvullings 'n gespierde jongman se spermtelling tot zero kan laat daal; dat leefstylaanpassings 'n groot verskil kan maak; en dat mans met uiters lae tellings pa kan word – as sy vrou nie te oud is nie!
17 Sep 17.09.2014 29:07
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
10 Sep 10.09.2014 29:09
Het jy geweet fibromialgie is 'n sindroom waar die lyer pyn baie erg ervaar? En dat spesiale breinskanderings wys hoe areas van die brein wat die pynhekke moet sluit, foutief optree en die hekke wyd ooplaat vir pyn? Het jy geweet slaapversteurings vererger die pyn, maar dat daar wel behandeling is wat die meeste lyers kan help om minder pyn te ervaar?
3 Sep 03.09.2014 26:49
Het jy geweet chirurgie om endometriose-weefsel te verwyder is van die moeilikste wat daar is? Besef jy dat as jy meer as drie operasies vir endometriose ondergaan het, jy verkeerd behandel word? En dat jy beslis net deur 'n ginekoloog wat spesiale endoskopiese opleiding het, behandel moet word?
27 Aug 27.08.2014 28:33
Kan vroue met osteoporose nou Protos gebruik of nie? Watter osteoporosemiddels is beskikbaar en hoe werk dit? Hoe kan 'n enkele dosis van 'n middel 'n jaar lank hou? Waarom is dit so belangrik dat mense met sistiese fibrose so gesond as moontlik bly en is daar 'n behandelingsmiddel in sig?
20 Aug 20.08.2014 24:31
Het jy geweet dat prof. Tim Noakes eintlik baie min per dag eet? En nie oorboord gaan met vette nie? Wat maak mens met die nuwe dieet-inligting? Luister in die slotaflewering in 'n reeks van twee, hoe hy in sy eie woorde verduidelik wat hy eet en hoe dit werk.
13 Aug 13.08.2014 24:52
Waarom sê prof. Tim Noakes dat mense wat insulienweerstandig is en tipe 2 diabetes het, eerder vette as koolhidrate moet eet? Op watter wetenskaplike bewyse grond hy sy nuwe denkrigting oor gesonde eetgewoontes? Hoe verduidelik hy sy stelling dat verhoogde bloed-cholesterolvlakke nie die belangrikste faktor in bloedvatskade en hartaanvalle is nie?
6 Aug 06.08.2014 28:35
Het jy geweet vroue met polistiese ovariële sindroom ovuleer glad nie, en kan nie swanger raak nie? Maar dat, met die regte eetplan en onder toesig, meer as 80% self begin ovuleer het nadat hulle gewig verloor het? Het jy geweet dat oorgewig en insulienweerstandigheid glad nie deel is van die diagnose nie, maar wel soos olie op die vuur is? Het jy geweet dat baie van die vroue verkeerdelik met die...
30 Jul 30.07.2014 23:33
Nierstene is nie 'n grap nie. Dis 'n pynlike storie. Wat veroorsaak die stene? Hoe kan dit behandel word, en wat kan jy doen om te keer dat jy 'n tweede steen kry? Mari Hudson gesels met prof. Andre van der Merwe van Stellebosch Universiteit oor nierstene en 'n nuwe sleutelgat-operasie om skenkerniere te verwyder en selfs ander nieroperasies te doen, pleks van 'n lang sny in die sy.
23 Jul 23.07.2014 21:30
Het jy geweet Ebola-koors is die dodelikste en aansteeklikste koorssiekte bekend aan die mens? Al is die grootste uitbreking van die siekte ooit, aan die woed in Wes-Afrika en dit ver klink, is dit net 'n vliegrit van Suid-Afrika af. As iemand met die eerste simptome van Ebola-koors op 'n vliegtuig na Suid-Afrika kom –soos wat met die vorige groot uitbreking in die Kongo gebeur het en die lewe van...
16 Jul 16.07.2014 24:22
Wat het jig met erektiele disfunksie te doen? Hoeveel kortisoon-inspuitings in 'n gewrig kan mens kry vir die behandeling van osteo-artritis? Hoe lank kan mens biologiese middels gebruik en wat kos dit? Prof. Helmuth Reuter beantwoord hierdie en ander luisteraarsvrae oor artritis-tipe siektes.
Gesondheid 9 Julie 2014 09.07.2014 28:00
Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms - Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar...
Gesondheid 2 Julie 2014 02.07.2014 25:04
Wat is ALS, die siekte waaraan Joost van der Westhuizen ly? Is dit al soort motorneuron-siekte, of is daar ander? Hoe begin dit en hoe versprei dit na ander senuselle? Het rugbyspelers 'n groter kans om dit te kry? Kan stamselbehandeling help? 'n Motorneuronsiektes-spesialis verduidelik meer oor motorneuronsiektes.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.