RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 25 Junie 2014 25.06.2014 29:11
Watter soort artritis het my ma? Kan sy gehelp word? Help middels wat glukosamiene bevat? En wat van ander 'natuurlike' middels of 'n dieet? Hoe werk Lupus? Dis van die vrae wat die reumatoloog prof. Helmuth Reuter beantwoord. En ons vertel jou van 'n piepklein nuwe toestelletjie wat onder jou vel ingespuit word om jou EKG in ware tyd te meet en hartritme-defekte vroeg op te spoor. 'n RSG luistera...
Gesondheid 18 Junie 2014 18.06.2014 27:02
Het jy geweet dat een uit tien volwassenes chroniese niersiekte ontwikkel? Die siekte kan jou so bekruip dat jy 90% van jou nierfunksie kan verloor voordat jy simptome het en dit agterkom. Die stil siekte speel 'n groter rol in hartaanvalle en beroerte as verhoogde cholesterolvlakke. Kom luister hoe belangrik dit is dat jy meer aandag skenk aan die twee vuisgrootte, boontjievormige organe in jou f...
Gesondheid 11 Junie 2014 11.06.2014 27:11
Agter elke siekte of simptoom, is daar mense. Ons praat weer met Professor Petrus de Vries oor outisme en ontmoet Franciska en haar seun Mark. Ek vind uit hoe simptome gestalte kry in regte mense, want die menslike deel kom altyd eerste.
Gesondheid 4 Junie 2014 04.06.2014 24:00
Kan ouers met blou oë 'n kind met bruin oë hê? Hoe word die geen vir bleskopmans oorgedra en kan jy voorspel of jou seun bles gaan word of nie? Mari Hudson gesels oor oorerwingspatrone en dat jy selfs kan keer dat sommige slegte gene nooit aangeskakel word nie.
Gesondheid 28 Mei 2014 28.05.2014 27:44
Het jy geweet dat nuwe medikasie letterlik die skade aan die rug weens ankiloserende spondilitis kan omkeer? Wat het die velsiekte psoriase, en dikdermsiektes soos Crohn se siekte met artritis te doen? Het jy geweet dat mense met sekere soorte artritis 'n groter kans op hartsiektes het?
Gesondheid 21 Mei 2014 21.05.2014 27:25
Nuwe biologiese middels kan 'n reuse verskil maak aan hoe iemand met reumatoïede artritis beweeg en lewe. Behandeling moet egter so gou as moontlik begin.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.