RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 631 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

7 Dec 2016 07.12.2016

Weet jy hoe lank jy buite aksie gaan wees ná 'n bunion-operasie? Of dat 20% van pasiënte met rumatoïede artritis se pyn in die voet begin? Of dat die meeste babas se klompvoete herstel kan word sonder operasies? Of waarom iemand se voetbrug skielik kan inval?

30 Nov 2016 30.11.2016

Mediese fakulteite in Suid-Afrika lei op aandrang van dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, meer dokters op want Suid-Afrika het 'n groot tekort aan dokters. Sowat 1620 jong dokters voltooi vanjaar hulle ses jaar van studies, en moet dan een hospitaaljaar by 'n geakkrediteerde opleidingshospitaal voltooi voordat hulle as dokters mag registreer. Die Departement van Gesondheid is verplig om...

23 Nov 2016 23.11.2016

Ons het almal al gelees of gehoor van 'n oënskynlike gesonde en fikse jong man wat skielik op die sportveld sterf – dis nie 'n hartaanval nie, maar skielike hartstilstand. Ons gesels met 'n ywerige fietsryer wat drie jaar gelede tydens 'n fietstoer ineengesak het, en wie se hart betyds weer aan die gang geskok is. Ons vind ook meer uit oor die jongste tegnologie wat nou in Suid-Afrika beskikbaar i...

16 Nov 2016 16.11.2016

Het jy geweet oogartse gebruik spesiale weefselgom in sekere oogoperasies, en dat 'n nuwe tegniek in kornea-oorplantings die suksessyfer verbeter, en die kans op verwerping verminder?

9 Nov 2016 09.11.2016

Dis Movember, en die fokus is op bewusmaking vir testikulêre en prostaatkanker. Testikulêre kanker kom veral by jong mans voor, maar vroeë opsporing en diagnose kan tot suksesvolle behandeling in 98% van gevalle lei. Hoe kan dit vroeg opgespoor word, hoe werk die behandeling en wat kan anders in daardie geweste van 'n man se lyf skeef loop?

2 Nov 2016 02.11.2016

Het jy geweet die DNA van borskankerselle kan nou bepaal word, en dat die DNA onder meer aandui of die kankerselle in staat is om te versprei of nie. Die inligting kan nou gebruik word om die presiese behandeling van elke individu se borskanker te bepaal. Só kan 50% van pasiënte onnodige chemoterapie gespaar word. Hoe werk dit? En watter toets kan jou, die pasiënt, die beste help? Ná nuwe studies,...

26 Oct 2016 26.10.2016

'n Kaapstadse hartspesialis het verlede week die wêreld se kleinste koordlose pasaangeër in die hart van 'n pasiënt ingeplant. Dit was die eerste kommersiële inplanting van die piepklein pasaangeër in die ontwikkelende wêreld. Maar wie het 'n pasaangeër nodig, hoe word dit ingeplant en hoe werk dit?

19 Oct 2016 19.10.2016

Het jy geweet dokters kan met die hulp van radio-aktiewe isotope nie net sien hoe 'n orgaan lyk nie, maar hoe hy werk? 'n Kerngeneeskundige verduidelik hoe radio-isotope ingespan word, nie net om 'n diagnose te help maak nie, maar ook in die behandeling van sommige kankersoorte.

5 Oct 2016 05.10.2016

Kanker in kinders is anders as kanker in grootmense. Die selle wat verkeerd verdeel en tot kanker lei, is meer primitief, verdeel vinniger en daarom is die behandeling baie aggressief. Maar juis die vinnige selverdeling lei daartoe dat die behandeling al hoe meer suksesvol is en al meer kinders kinderkanker oorleef.

28 Sep 2016 28.09.2016

Niersiektes bekruip jou so ongesiens dat jy een week nog kan tennis speel, en die volgende week dialise benodig. Weet jy of jou niere goed funksioneer? Weet jy vir seker daar is geen bloed of proteïne in jou urine nie? As jou niere ingee en jy kry nie 'n nieroorplanting nie, is jou lewensverwagting op dialise (as jy 'n dialiseprogram haal of kan bekostig) net drie tot vyf jaar.

21 Sep 2016 21.09.2016

Nadat 'n nuwe insulienkombinasie as behandeling vir diabetes onlangs in Suid-Afrika bekend gestel is, fokus ons op die behandeling van tipe 1 en tipe 2 diabetes.

14 Sep 2016 14.09.2016

Het jy geweet mens kry twee verskillende soorte bosluisbytkoorse in Suid-Afrika? En dat dit verskil van bosluiskoors in honde? En dat dit juis die piepklein bosluisie is wat so gevaarlik kan wees, en veral in die lente en vroeë somer?

7 Sep 2016 07.09.2016

Los maar die slang-teengif by die huis – as jy dit verkeerd gebruik kan dit jou doodmaak! En moenie kinders wat paraffien of motbolle ingeneem het, laat braak nie. Wees versigtig vir TwoStep – 'n teelepel vol kan noodlottig wees vir 'n grootmens. En 10 gram Panado's kan drie dae later tot lewerskade en dood lei. Kom luister na die en ander feite oor gifstowwe en vergiftiging.

31 Aug 2016 31.08.2016

As jy gedink het talle houe teen die kop (selfs die wat nie harsingskudding veroorsaak nie) nie tot breinskade lei nie, dink weer. Nuwe mediese bewyse toon dat vele ligte houe of stampe teen die kop inderdaad skade aan die brein veroorsaak. Marí Hudson praat met 'n neuroloog oor die nuwe mediese bewyse van breinskade.

24 Aug 2016 24.08.2016

Vir baie jare het ons gedink as iemand wat fisiek siek is en ook depressief voel, dit maar bloot verbygaande emosies is. Nou weet psigiaters dat by veral hartsiekte, borskanker en verskeie ander fisieke siektes, depressie of angstigheid inderdaad deel is van die fisieke siekte, en uit dieselfde biochemiese veranderings ontspring en dus ook behandel moet word as deel van die volledige behandeling v...

17 Aug 2016 17.08.2016

Die hartpionier Chris Barnard is aan hierdie siekte dood. En Ryk Neethling, Roland Schoeman en Schalk Burger Junior is van die bekendes wat hieraan ly. Marí Hudson praat oor asma, die longprobleem wat steeds lewens eis en lewenskwaliteit kan inboet as dit nie baie goed beheer word nie.

10 Aug 2016 10.08.2016

Is moedersmelk werklik so 'n wonderbaarlike voedingstof soos wat almal dink dit is? Is borsvoeding werklik so fantasties en onontbeerlik as wat dit aangeprys word? Indien wel, waarom? Marí Hudson gesels met 'n dieetkundige om die vrae te antwoord.

3 Aug 2016 02.08.2016

Baie vroue sukkel met blaasprobleme, en 'n vorige program oor die onderwerp het baie reaksie gelok. Daarom saai ons weer die program van ons gesprek met twee spesialiste op die gebied uit. Hulle sê daar is altyd nog iets wat gedoen kan word as 'n eerste operasie vir 'n lek-blaas of prolaps by vroue later nie meer werk nie.

27 Jul 2016 27.07.2016

Hoogtesiekte of lugdruksiekte word bespreek na aanleiding van die dood van twee Suid-Afrikaners, een op Kilimanjaro en een op Everest. Wat gebeur met die brein en liggaam? Op watter hoogte kan dinge skeef loop? Hoe moet mens klim om voldoende te akklimatiseer? Waarom kan die Tjerpas Everest op en af klim sonder probleme?

20 Jul 2016 20.07.2016

Dr. Sam Piek van die VGK Immanuel, Paarl.

13 Jul 2016 13.07.2016

Daar is altyd nog iets wat gedoen kan word as 'n eerste operasie vir 'n lek-blaas of prolaps by vroue later nie meer werk nie. Twee spesialiste op die gebied beantwoord luisteraarsvrae oor blaas- en ander probleme by vroue, en vertel ook van nuwe behandelingsmetodes.

6 Jul 2016 06.07.2016

Het jy geweet te veel van 'n spesifieke soort medikasie vir Parkinson se siekte kan tot impulsiewe gedrag lei soos byvoorbeeld dobbel en sekskapades?

29 Jun 2016 29.06.2016

Wat het die oordragstof dopamien in die brein met Parkinson se siekte te doen? Hoe werk dit dat 'n tekort aan die oordragstof tot die tipiese simptome van die siekte lei?

22 Jun 2016 22.06.2016

Die siekte kan jou binne 24 uur doodmaak, of met ernstige breinskade laat indien dit nie baie vinnig gediagnoseer en behandel word nie. En in die geval is die bakteriële vorm baie gevaarliker as die soort wat deur 'n virus veroorsaak word. Voorts kan dit veral in die lente uitbrekings veroorsaak. Ons praat van akute bakteriële meniningitis oftewel breinvliesontsteking.

15 Jun 2016 15.06.2016

Het jy geweet genetiese toetse kan nou op embrios gedoen word sodat die gesonde embrio in die ma teruggeplaas word sodat sy verseker weet dat haar baba gesond gaan wees en nie 'n ernstige genetiese siekte wat in die familie voorkom, onder lede gaan hê nie. Ons gesels ook oor hondsdolheid, wat sonder behandeling 100% dodelik is, en met vroeë en korrekte behandeling 100% geneesbaar.

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.