RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
8 Jun 2016 08.06.2016 24:24
Hoe werk dit dat 'n kind wat eens gesond was, se hart só beskadig word deur hartspiersiekte dat slegs 'n hartoorplanting sy lewe kan red? Kan dit met jou gebeur?
1 Jun 2016 01.06.2016 22:51
Lae tiroïedfunksie is een van die groot oorsake van moegheid. Die tiroïed kan te veel of te min hormone afskei. In Woensdag se program kyk ons na oordosering, na wat gebeur as jy nie behandel word nie, na nodules of gewasse op die tiroïed en as die fout by jou hipofise lê.
25 May 2016 25.05.2016 23:03
Meer as 2 miljard mense in die wêreld ly aan onderaktiewe tiroïedfunksie en dan is daar nog baie ander tiroïed probleme wat lyers se lewenskwaliteit inkort. Hoe werk die tiroïed (skildklier), wat is die oorsake, die simptome en die behandeling?
18 May 2016 18.05.2016 24:11
Gemiddeld 45% van die bevolking ouer as 60 jaar, ontwikkel osteo-artritis. As die knie-gewrig so beskadig is dat 'n knievervanging nodig is, is pleks van 'n totale knievervanging, in sommige gevalle slegs 'n halwe knievervanging nodig. Met 'n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en behou mens dus beter funksie van die knie. Maar wie is kandidate vir 'n halwe knievervanging en hoe bepa...
11 May 2016 11.05.2016 23:50
Baie (ouer) vroue se blaas lek bloot as hulle hoes of nies. Ander kan eenvoudig nie knyp nie. Baie vroue is te skaam om hulp te soek. Marí Hudson gesels met 'n nuwe soort spesialis wat spesifiek na die probleme omsien. Sy bring ook nuus oor 'n nuwe doeltreffende sterilasiemetode vir vroue wat binne 5 minute en sonder narkose gedoen kan word.
4 May 2016 04.05.2016 22:32
Die meeste vroue ondervind simptome van premenstruele sindroom oftewel PMS. Maar sowat drie uit elke 100 vroue ly aan 'n ernstige graad van PMS en dit het nou amptelik 'n naam gekry, naamlik premenstruele disforiese versteuring. Daar is behandeling. Diagnosering en behandeling is belangrik want vroue wat aan die probleem ly, het 'n groter kans om aan nageboorte depressie te ly.
27 Apr 2016 26.04.2016 23:33
Hoe werk tuberkulosemiddels? Hoe goed is die kans vir 'n kind met tuberkulose om genees te word indien hy behandel word?
20 Apr 2016 20.04.2016 22:03
Tuberkulose in kinders is anders as tuberkulose in grootmense. Hulle steek gewoonlik aan by die een wat die meeste tyd met hulle deurbring. Dit kan nie net die longe aantas nie, maar ook die brein en ander organe. As dit egter vroeg gediagnoseer en reg behandel word, kan selfs kinders met uiters middelweerstandige tuberkulose herstel.
13 Apr 2016 13.04.2016 18:18
Baie paartjies droom van 'n baba van hulle eie, maar wat as die vrou om 'n mediese rede nie haar baba kan dra nie? Dan is haar droom in die hande van 'n surrogaat. Marí Hudson gesels met 'n bekende fertiliteitspesialis oor ova-skenking en -vriesing, surrogaat-swangerskap en die groot behoefte aan goedhartige surrogate.
6 Apr 2016 06.04.2016 21:47
'n Kaapstadse hartchirurg is die eerste en enigste in die land wat opgelei is om drie van die hart se vier kleppe deur 'n klein snit deur die ribbekas te herstel of te vervang sonder om die borsbeen oop te sny. Die materiaal wat in die herstelprosedures gebruik word, word deur die liggaam se eie endoteelselle omring en meer as 90% van pasiënte het nie, soos in konvensionele hartklepbvervangings, n...
6 Apr 2016 06.04.2016 21:47
'n Kaapstadse hartchirurg is die eerste en enigste in die land wat opgelei is om drie van die hart se vier kleppe deur 'n klein snit deur die ribbekas te herstel of te vervang sonder om die borsbeen oop te sny. Die materiaal wat in die herstelprosedures gebruik word, word deur die liggaam se eie endoteelselle omring en meer as 90% van pasiënte het nie, soos in konvensionele hartklepbvervangings, n...
30 Mar 2016 30.03.2016 22:03
Het jy geweet dat die Herpes virus wat koorsblare veroorsaak, een van die dinge is wat die binne-oor kan aantas en vertigo veroorsaak? Vind ook uit hoe duiseligheid weens 'n probleem in die binne-oor, met oefening behandel kan word. Die brein kan geleer word om nie hipersensitief vir beweging van die kop te wees nie. 'n Vestibulêre fisioterapeut verduidelik.
30 Mar 2016 30.03.2016 22:03
Het jy geweet dat die Herpes virus wat koorsblare veroorsaak, een van die dinge is wat die binne-oor kan aantas en vertigo veroorsaak? Vind ook uit hoe duiseligheid weens 'n probleem in die binne-oor, met oefening behandel kan word. Die brein kan geleer word om nie hipersensitief vir beweging van die kop te wees nie. 'n Vestibulêre fisioterapeut verduidelik.
23 Mar 2016 23.03.2016 23:40
Sowat 85% van alle voet- en been-amputasies by diabete is as gevolg van 'n ulkus-wond wat nie versorg is nie. Amputasie kan met soveel as 98% voorkom word.
16 Mar 2016 16.03.2016 25:08
Die vet om jou middellyf en om jou organe is die gevaarlikste vet in jou lyf. Dit skei toksiese stowwe af, en 'n hoëvet-dieet kan die selle in die pankreas so vinnig beskadig dat jy binne ses weke tot in volle tipe 2 diabetes ingeskok word. Maar wat kan aan die gevaarlike vet gedoen word? Marí Hudson gesels met prof. Tess van der Merwe, 'n endokrinoloog en kenner van vetmetabolisme, oor die oploss...
9 Mar 09.03.2016 24:36
Hoe doeltreffend is die PIL, of kondome in die voorkoming van swangerskap? Is daar doeltreffender metodes? Wat van nuwe koperbevattende intra-uteriene toestelle. Vind meer uit oor voorbehoedingsmetodes.
2 Mar 02.03.2016 17:55
Trek jy dalk kompulsief jou hare uit? Marí Hudson bespreek hierdie probleem en ander obsessief-kompulsiewe gedrag met haar twee gaste.
24 Feb 24.02.2016 26:09
Wat is abdominale vet, oftewel die vet om jou organe? Waarom is dit gevaarlik en hoe verskil dit van die vet onder jou vel? As as jy 'n groot boep het, is dit vet onder die vel of vet om die organe? Kan mens iets doen om die vet om jou organe te verminder?
17 Feb 17.02.2016 18:22
'n Dokter in Kaapstad het die eerste in die ontwikkelende wêreld (alle lande buite Amerika en Europa) geword om 300 krioballon-ablasieprosedures te doen. Die en ander ablasietegnieke is rewolusionêr in die behandeling van die algemeenste hartritme-stoornis Atriale Fibrillasie, en ook ander hartritme-stoornisse.
10 Feb 10.02.2016 21:22
Die Zika-virus, wat deur muskiete versprei word, versprei vinnig in Suid-Amerika en tas ongebore babas se breine aan. Hoe werk die virus? Watter gevare hou dit in vir ander lande en vir Suid-Afrika?
27 Jan 27.01.2016 24:10
Marí Hudson praat met 'n vestibulêre fisioterapeut wat pasiënte behandel, wat jare lank sukkel met duiseligheid en balans.
20 Jan 20.01.2016 21:59
Het jy geweet dat wanneer simptome van dikdermkanker die eerste keer verskyn, het 60% van pasiënte reeds gevorderde dikdermkanker of verspreide kanker? Of dat die meeste gevalle van dikdermkanker as poliepe begin? Of dat sommige dinge jou tog in 'n mate kan beskerm?
13 Jan 13.01.2016 24:36
Gehoorverlies by kinder en grootmense was een van die onderwerpe wat baie luiteraarsreaksie uitgelok het. Marí Hudson het 'n program oor die belangrikste aspekte uit die reeks saamgestel en kyk na kogleêre inplantings, gehoorapparate en tinnitus.
6 Jan 06.01.2016 26:21
Marí Hudson kyk terug op enkele interessante programme van 2015, soos hoe hartklanke werk en nuwe inligting oor melanoom.
30 Dec 30.12.2015 24:56
Hoe lank neem dit vir 'n sopie om deur jou lewer verwerk te word? Kan 'n enkele drankie jou oordeelsvermoë aantas? Hoeveel kan mens drink sonder om die wetlike perk te oorskrei? 'n Patoloog bekyk die sake en gee wetenskaplike antwoorde.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.