RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 30.08.2017

Die gebruik van dagga as medisyne is deesdae in die kollig. Hoe werk dagga op die brein en res van die liggaam? Vir watter simptome kan dit dalk help? Is voldoende wetenskaplike bewyse beskikbaar vir die aansprake? Dokters by die Universiteit Stellenbosch sal, as deel van 'n internasionale poging om goeie wetenskaplike bewyse in te samel oor die gebruik van dagga as medisyne, die uitwerking daarva...

23 Aug 23.08.2017

Hoe werk die operasie waarin 'n vrou se hangborste gelig word? Met watter volume kan groot borste verklein word? Wat is die kans dat 'n moderne silikoonprostese kan bars of lek? Hoe word 'n bors opgebou ná 'n mastektomie, en hoe normaal kan dit lyk?

16 Aug 16.08.2017

Waarom is endometriose in die eierstokke so 'n tameletjie? Hoe weet ons ginekoloë is kundig en vaardig in endoskopiese tegnieke? Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge vir antwoorde op hierdie vrae.

9 Aug 08.08.2017

Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer. Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy 'n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vie...

2 Aug 02.08.2017

Wat is die jongste bevindings oor genetiese toetse op die embrio en oor ovum-vriesing? Beteken 'n lae AMH-telling noodwendig onmiddellike vrugbaarheidsbehandeling? Wat moet vroue weet oor endometriose-chirurgie? Marí Hudson gesels met 'n ferrtiliteitspesialis wat pas teruggekeer het van 'n groot internasionale mediese kongres.

26 Jul 26.07.2017

Oorgewig en vetsug het epidemiese afmetings in Suid-Afrika aangeneem, met meer as 60% van die bevolking wat oorgewig is. Dit sluit kinders ook in. Vetsug word geklassifiseer as 'n mediese siekte, maar die oorgewig mens se gebrek aan wilskrag en selfdissipline dui op 'n 'kop-konneksie' wat nie langer ontken kan word nie. Wat was eerste: die hoender of die eier? Marí Hudson gesels met 'n psigiater o...

19 Jul 19.07.2017

Hoe werk bloedstolling sodat jy nie leegbloei wanneer jy jou vinger sny nie? Hoeveel bloed kan mens verloor, en steeds oorleef? Waarom het jy yster in jou bloed nodig? Wat het jou beenmurg, lewer, niere en longe met bloedvorming, - stolling en -regulering te doen?

12 Jul 12.07.2017

Testosteroonvervangingsterapie het 'n modewoord geword, nie net vir mans om spiere te bou nie, maar ook vir vroue om meer energiek te voel en meer woelig in die bed te wees. Wees egter versigtig! Die man met die baie spiere het moontlik zero spermselle en is onvrugbaar, wat maande se behandeling kan verg, sonder die sekerheid van sukses, om sy spertelling terug na normaal te kry. En vroue kan vinn...

5 Jul 05.07.2017

Suid-Afrika se staats psigiatriese dienste is skrikwekkend ontoereikend en swak, het die Suid-Afrikaanse Vereninging van Psigiaters (SASOP) bevind. Limpopo en die Oos-Kaap het die grootste tekort aan hulprbonne, maar sake is net so beroerd in Nood-Kaap en Mpumalanga. Daar is slegs ses psigiaters in diens van die hele Limpopo, en geen psigiatriese sorg vir kinders en tieners in die Oos-Kaap en Limp...

28 Jun 28.06.2017

Het jy geweet dat jy 'n hartaanval kan kry al is jou hartvate oop en gesond? Het jy geweet dat daar iets soos 'n 'gebrokehart-sindroom' bestaan? Of dat die gesamentlike gebruik van kokaïen en alkohol tot baie gevalle van hartaanvalle onder jongmense lei? Marí Hudson gesels met 'n kardioloog oor díe redes vir hartaanvalle waarvan ons nie altyd bewus is nie. Verder praat ons ook oor 'n hartprosedure...

21 Jun 21.06.2017

Koorsblare, waterpokkies, gordelroos en klierkoors! Wat het hierdie siektes alles in gemeen? Wel, al die siektes word deur 'n herpes-virus veroorsaak. 'n Dokter het op 'n keer opgemerk 'Liefde is nie vir ewig nie, maar die herpes-virus wel'. Is dit só? Of is daar behandeling of selfs voorkomende immunisering teen al of sommige van die siektes? Marí Hudson gesels met 'n viroloog hieroor.

14 Jun 14.06.2017

Suid-Afrika beleef tans die grootste tekort aan skenkerorgane in die afgelope 20 jaar. Byna 4000 mense wag op 'n orgaanoorplanting, maar daar word 'n skamele 300 oorplantings per jaar gedoen. Waar lê die probleem? Is orgaanoorplantings werklik suksesvol? Marí Hudson gesels met 'n pasiënt wat op 'n hartoorplanting wag, twee oorplantingskoördineerders en 'n oorplantingschirurg wat baanbrekerswerk ge...

7 Jun 07.06.2017

Jy het seker al opgemerk hoe 'n wond rooi word en opswel, of hoe pynlik gewrigsontsteking is. Die rooiheid en swelling is deel van die inflammatoriese proses. Wat gebeur in die liggaam tydens hierdie proses? Marí Hudson gesels met 'n biochemikus oor hoe inflammasie werk.

31 May 31.05.2017

As die woord Ritalin genoem word, staan baie mense se hare orent. Hoe werk Ritalin en ander behandelings van ADHD, oftewel aandag-afleibaarheid, in volwassenes? Is daar iets in die brein wat reggestel moet word? Wat van die newe-effekte?

24 May 24.05.2017

Hoe word aandag-afleibaarheid (ADHD) in volwassenes behandel? Ontgroei kinders ADHD? Indien nie, is die simptome in volwassenes dieselfde as in kinders? En is die behandeling dieselfde of anders as by kinders?

17 May 17.05.2017

Het jy geweet dat as een van jou vier klein para-tiroïedkliertjies wanfunksioneer, kan jy op die langtermyn erge osteoporose, nierversaking, hoë bloeddruk, depressie en selfs kanker ontwikkel? Het jy geweet dat slegs 'n klein persentasie mense met die probleem gediagnoseer word, en dat dit nou met minimale chirurgie – wat slegs 20 minute duur – reggestel kan word?

10 May 10.05.2017

Wat maak die liggaam met oortollige cholesterol? Waarom is ander vette in die bloed ook belangrik vir gesondheidsgevare? Waar pas cholesterol- en glukosevlakke by Banting in? Hoe kan gevaarlike cholesterolvlakke behandel word?

3 May 03.05.2017

Wat is cholesterol? As dit noodsaaklik is vir die vervaardiging van sekere hormone in jou liggaam, kan dit werklik 'n rol speel om jou bloedvate te beskadig en tot hartaanvalle of beroerte te lei? Hoe werk dit?

26 Apr 26.04.2017

Kan dit nadelig wees om te veel vleis te eet? Het jy geweet die groot hoeveelhede mieliestroop (corn syrup) in suikerdrankies word omgesit in vetselle? Hoe werk Banting? Wat is ketone? Kan te veel jou doodmaak? In die tweede aflewering in die kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op fruktose en proteïen.

19 Apr 19.04.2017

Het jy geweet fruktose word anders in die liggaam verwerk as ander suikers? Of dat Natrium noodsaaklik is om te verseker dat kos in selle opgeneem word? Of al eet jy nie 'n korrel suiker nie, jou liggaam steeds insulien benodig? In die eerste aflewering van 'n kort reeks oor die verwerking van kos in jou liggaam, fokus Marí Hudson op koolhidrate en vette.

12 Apr 12.04.2017

Wat is hemofilie? Is daar net een bloedstollingsiekte of meer as een? Waarom wil die bloed nie stol nie? Hoe word dit behandel? Waarom kry net seuns dit? Kan mens HIV opdoen met die bloedprodukte wat die pasiënt moet gebruik?

5 Apr 04.04.2017

Wat beteken dit as jou adrenalienvlakke hoog is? Wat gebeur in jou liggaam? Is die adrenalien in jou brein dieselfde as die in jou bloedstroom? Waar kom dit vandaan? Wat gebeur as jy bungee of adrenalien-sport doen? En waar pas kortisol in? Marí Hudson praat met 'n mediese fisioloog oor adrenalien en kortisol.

29 Mar 29.03.2017

Het jy geweet dat meganiese harte, wat eens so groot soos 'n kamer was, nou so groot soos 'n gholfbal is? Hoe word dit ingeplant? Hoe werk dit? Het dit batterye? Vir watter pasiënte kan dit help?

22 Mar 22.03.2017

Kankerdokters is opgewonde oor die jongste verwikkelings in kankerbehandeling, naamlik tweede generasie immunoterapie. Met die jongste middels en kombinasies van middels is dit byvoorbeeld moontlik om die oorlewingsyfer van gevorderde melanoom van 0% op te skuif tot sowat 68%. Wat is immunoterapie en hoe werk dit? Marí Hudson gesels met 'n onkoloog oor die middels wat hoop bring, maar uiters duur...

15 Mar 15.03.2017

Het jy geweet dat dit nou moontlik is om 'n skenkernier deur sleutelgat-chirurgie te verwyder, sodat die skenker binne 72 uur huis toe kan gaan? Dít is een van die aspekte van nieroorplanting wat bespreek word, terwyl ons ook van die ontstellende redes wat bydra tot die tekort aan skenkerorgane in die land in die kollig plaas. Ons vestig ook die aandag op drie pasiënte wat op 'n nieroorplanting wa...

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.