RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 22.11.2017 27:07
As jy nog nie in jou lewe sinusprobleme ondervind het nie, is jy beslis deel van 'n rare groep mense. Wat is die doel van die sinusholtes in jou kop? Hoe werk sinusprobleme en waarom is sinusoonsteking so hardnekkig?
Gesondheid 15.11.2017 25:37
Hoe kan 'n middel wat op jou niere werk, jou bloedglukose-vlakke verlaag? Waarom is dokters opgewonde oor die nuwe anti-diabetes-middels? Waarom is te lae bloed-glukose-vlakke lewensgevaarlik? Marí Hudson gesels tydens diabetes-bewustheidsmaand met 'n internis oor die jongste inligting oor die bedrieglike siekte, wat aan die toeneem is.
Gesondheid 08.11.2017 25:17
Tipe 2 diabetes kan jou oë en niere aantas, maar die effek van tipe 2 diabetes as oorsaak van hartaanvalle en beroerte is jare lank onderskat. Binnekort sal twee nuwe bekostigbare anti-diabetes-middels ook in Suid-Afrika beskikbaar wees, wat wel diabete se risiko vir hartvatsiektes kan verlaag. In die eerste van 'n reeks van twee programme oor tipe 2 diabetes, gesels Marí Hudson met 'n internis oo...
Gesondheid 01.11.2017 25:50
Baie babas se ogies kyk oormekaar wanneer hulle klein is, maar hoe weet ouers wanneer die skeelheid tot blindheid in een ogie kan lei? Hoe word 'n lui ogie behandel, en skeelheid reggestel? Wat is driedimensionele visie en myasthenia gravis, oftewel hang-ooglid? Marí Hudson gesels met 'n oogarts oor die diagnosering en behandeling van die probleme.
Gesondheid 25.10.2017 22:26
Kanker en ander ernstige siektes van, of beserings aan die kop en nek, is besig om toe neem. Waarom? Word die probleme vroeg genoeg opgespoor? En hoe maak spesialiste wanneer omvattende chirurgie nodig is? Marí Hudson gesels met 'n oor-, neus- en keelspesialis oor die behandeling van die ernstige probleme.
Gesondheid 18.10.2017 21:28
Hoe maak 'n oor-, neus- en keelspesialis 'n gat in die oordrom reg? Wanneer het 'n kind grommets nodig? Wie se mangels moet verwyder word? Hoe behandel mens sinus-ontsteking?
Gesondheid 11.10.2017 24:24
Gloukoom is 'n siekte wat jou ongesiens kan bekruip en tot blindheid kan lei. As dit betyds opgespoor word, dikwels sonder dat jy enige simptome het, kan dit met druppels of chirurgie behandel word.
Gesondheid 04.10.2017 26:12
Die hondsdolheid-virus kan oorgedra word as 'n hondsdol dier jou byt of selfs net lek, en beweeg met die senuweeselle langs tot in die brein. Dit kan behandel word voordat die virus die brein bereik, maar nie daarna nie. Marí Hudson gesels met 'n spesialis oor hondsdolheid. en oor longontsteking, wat ook dodelik kan wees.
Gesondheid 27.09.2017 24:34
Het jy geweet dat sommige histerektomies onnodig gedoen word, of dat baie vroue jare lank verkeerdelik met antibiotika behandel word vir urienweg-infeksies terwyl hulle eintlik aan pynlike blaas-sindroom ly? Het jy geweet dat jou blaas goeie bakterieë bevat wat die binnelagie beskerm en sonder die mikrobioom kan sake pynlik skeefloop? Marí Hudson gesels met 'n uro-ginekoloog oor die oorsake van ch...
Gesondheid 20.09.2017 24:56
Het jy geweet dat babas tydens die geboorteproses met die menslike papiloomvirus kan aansteek, en dat die virus die baba se lugpyp só kan vernou dat hy kan sukkel om asem te kry? Ons gesels oor hierdie probleem, 'n nuwe program vir kogleêre inplantings by die Universiteit van Kaapstad, en oor vier verskilllende herpesvirusse, waarvan een klierkoors veroorsaak en waarom die klierkoorsvirus die soen...
Gesondheid 13.09.2017 25:20
Wat beteken die dekriminalisering van dagga? Wat is die implikasies van die wettiging van dagga in Suid-Afrika? Sal dit tot meer gevalle van psigoses lei? Het ons land voldoende gesondheidsdienste om meer mense te behandel vir psigoses, en te rehabiliteer? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die kwessies.
Gesondheid 06.09.2017 25:19
Baie kinders wat vroeg gebore word, het ondersteuning met asemhaling nodig met 'n buis in die lugpyp. Dít kan tot vernouing van die lugpyp lei, en tot 'n tracheostomie. Nou help 'n jong oor-, neus- en keelspesialis by die Rooikruis Kinderhospitaal om te verhoed dat sommige jong pasiënte 'n tracheostomie nodig het, en om tracheostomie-openinge netjies te herstel.
Gesondheid 30.08.2017 25:46
Die gebruik van dagga as medisyne is deesdae in die kollig. Hoe werk dagga op die brein en res van die liggaam? Vir watter simptome kan dit dalk help? Is voldoende wetenskaplike bewyse beskikbaar vir die aansprake? Dokters by die Universiteit Stellenbosch sal, as deel van 'n internasionale poging om goeie wetenskaplike bewyse in te samel oor die gebruik van dagga as medisyne, die uitwerking daarva...
23 Aug 23.08.2017 26:01
Hoe werk die operasie waarin 'n vrou se hangborste gelig word? Met watter volume kan groot borste verklein word? Wat is die kans dat 'n moderne silikoonprostese kan bars of lek? Hoe word 'n bors opgebou ná 'n mastektomie, en hoe normaal kan dit lyk?
16 Aug 16.08.2017 26:11
Waarom is endometriose in die eierstokke so 'n tameletjie? Hoe weet ons ginekoloë is kundig en vaardig in endoskopiese tegnieke? Marí Hudson gesels met een van Suid-Afrika se voorste endoskopiese endometriose-chirurge vir antwoorde op hierdie vrae.
9 Aug 08.08.2017 24:28
Endometriose kan pynlik wees, die blaas, nierpype,dermkanaal en eierstokke infiltreer, jou gesondheid benadeel en vrugbaarheid belemmer. Dit behoort in een enkele operasie verwyder te word. As jy 'n tweede endometriose operasie moet ondergaan, moet jy beslis by een van die land se handvol endometriose-spesialiste uitkom sodat al die foutiewe weefsel op een slag verwyder kan word. Geen derde en vie...
2 Aug 02.08.2017 24:02
Wat is die jongste bevindings oor genetiese toetse op die embrio en oor ovum-vriesing? Beteken 'n lae AMH-telling noodwendig onmiddellike vrugbaarheidsbehandeling? Wat moet vroue weet oor endometriose-chirurgie? Marí Hudson gesels met 'n ferrtiliteitspesialis wat pas teruggekeer het van 'n groot internasionale mediese kongres.
26 Jul 26.07.2017 26:40
Oorgewig en vetsug het epidemiese afmetings in Suid-Afrika aangeneem, met meer as 60% van die bevolking wat oorgewig is. Dit sluit kinders ook in. Vetsug word geklassifiseer as 'n mediese siekte, maar die oorgewig mens se gebrek aan wilskrag en selfdissipline dui op 'n 'kop-konneksie' wat nie langer ontken kan word nie. Wat was eerste: die hoender of die eier? Marí Hudson gesels met 'n psigiater o...
19 Jul 19.07.2017 24:18
Hoe werk bloedstolling sodat jy nie leegbloei wanneer jy jou vinger sny nie? Hoeveel bloed kan mens verloor, en steeds oorleef? Waarom het jy yster in jou bloed nodig? Wat het jou beenmurg, lewer, niere en longe met bloedvorming, - stolling en -regulering te doen?
12 Jul 12.07.2017 23:22
Testosteroonvervangingsterapie het 'n modewoord geword, nie net vir mans om spiere te bou nie, maar ook vir vroue om meer energiek te voel en meer woelig in die bed te wees. Wees egter versigtig! Die man met die baie spiere het moontlik zero spermselle en is onvrugbaar, wat maande se behandeling kan verg, sonder die sekerheid van sukses, om sy spertelling terug na normaal te kry. En vroue kan vinn...
5 Jul 05.07.2017 24:49
Suid-Afrika se staats psigiatriese dienste is skrikwekkend ontoereikend en swak, het die Suid-Afrikaanse Vereninging van Psigiaters (SASOP) bevind. Limpopo en die Oos-Kaap het die grootste tekort aan hulprbonne, maar sake is net so beroerd in Nood-Kaap en Mpumalanga. Daar is slegs ses psigiaters in diens van die hele Limpopo, en geen psigiatriese sorg vir kinders en tieners in die Oos-Kaap en Limp...
28 Jun 28.06.2017 22:18
Het jy geweet dat jy 'n hartaanval kan kry al is jou hartvate oop en gesond? Het jy geweet dat daar iets soos 'n 'gebrokehart-sindroom' bestaan? Of dat die gesamentlike gebruik van kokaïen en alkohol tot baie gevalle van hartaanvalle onder jongmense lei? Marí Hudson gesels met 'n kardioloog oor díe redes vir hartaanvalle waarvan ons nie altyd bewus is nie. Verder praat ons ook oor 'n hartprosedure...
21 Jun 21.06.2017 25:08
Koorsblare, waterpokkies, gordelroos en klierkoors! Wat het hierdie siektes alles in gemeen? Wel, al die siektes word deur 'n herpes-virus veroorsaak. 'n Dokter het op 'n keer opgemerk 'Liefde is nie vir ewig nie, maar die herpes-virus wel'. Is dit só? Of is daar behandeling of selfs voorkomende immunisering teen al of sommige van die siektes? Marí Hudson gesels met 'n viroloog hieroor.
14 Jun 14.06.2017 19:56
Suid-Afrika beleef tans die grootste tekort aan skenkerorgane in die afgelope 20 jaar. Byna 4000 mense wag op 'n orgaanoorplanting, maar daar word 'n skamele 300 oorplantings per jaar gedoen. Waar lê die probleem? Is orgaanoorplantings werklik suksesvol? Marí Hudson gesels met 'n pasiënt wat op 'n hartoorplanting wag, twee oorplantingskoördineerders en 'n oorplantingschirurg wat baanbrekerswerk ge...
7 Jun 07.06.2017 21:11
Jy het seker al opgemerk hoe 'n wond rooi word en opswel, of hoe pynlik gewrigsontsteking is. Die rooiheid en swelling is deel van die inflammatoriese proses. Wat gebeur in die liggaam tydens hierdie proses? Marí Hudson gesels met 'n biochemikus oor hoe inflammasie werk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.