RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 15.08.2018 23:09
Ons ken almal iemand wat al 'n heupvervanging ondergaan het, maar presies hoe werk dit? Watter metale word gebruik? Hoe lank hou dit? Kan jy ná 'n heupvervanging weer draf of fietsry? Kan 'n tweede heupvervanging op dieselfde heup gedoen word?
Gesondheid 08.08.2018 23:34
As jy 'n vrou in jou vrugbare jare is by wie dokters 'n mioom gediagnoseer het, moet jy jou ore spits. Marí Hudson gesels aan die begin van Vrouemaand met 'n ginekoloog oor miome – die groeisels in die baarmoeder wat pyn en onvrugbaarheid kan veroorsaak – en die jongste nuus oor die behandeling daarvan. Hy vertel hoe vroue gratis aan 'n internasionale studie kan deelneem, waar vroue met miome nie...
Gesondheid 01.08.2018 26:31
Wat is reg en verkeerd in die private gesondheidsorg-sektor in Suid-Afrika? Wat beteken die bevindings van die onlangse verslag oor private gesondheidsorg in die land? Marí Hudson gesels met dr. Johan Serfontein van die SA Privaat Praktisynsforum en hy verduidelik wat die situasie is met dokters, mediese fondse en private hospitale na aanleding van die die verslag.
Gesondheid 25.07.2018 24:17
Wat is die verskil tussen gewone vergeet en Alzheimer-vergeet? Behels Alzheimer se siekte meer as net vergeetagtigheid? Hoe verskil Alzheimer van ander vorms van demensie? Is daar medikasie of iets wat kan help? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die siekte, en kry ook terugvoer van 'n kardioloog oor 'n onlangse oorsese hartkongres.
Gesondheid 17.07.2018 22:23
Hoe is dit moontlik om die aortaklep te herstel sonder om die borskas oop te sny? Marí Hudson praat met 'n kardioloog oor wat met die aortaklep verkeerd kan loop, veral in ouer mense, en oor die nie-ingrypende prosedure wat dokters 'n Tavi noem.
Gesondheid 11.07.2018 25:18
Hoe moet 'n bejaarde versorg word? Hoeveel en watter verpleegkundiges moet in 'n sorgeenheid wees? Wanneer moet 'n kind ingryp as sy bejaarde ouer verwaarloos lyk? Hoe kies jy 'n goeie ouetehuis of aftree-oord? Is daar kwaliteitskontrole by ouetehuise en in die private sektor? Marí Hudson praat met dr. AnnaMarie Bruwer oor die moeilike kwessies.
Gesondheid 04.07.2018 24:04
Marí Hudson kyk na ouetehuise en die versorging van bejaardes. En sy rond die program oor kogleêre inplantings af.
Gesondheid 27.06.2018 22:31
Hoe weet mens as 'n baba of kind hartprobleme het? Hoe ontstaan hartprobleme by 'n kind? En watter hartprobleme kan nou sonder chirurgie behandel word? Marí Hudson praat met 'n kinderkardioloog van Port Elizabeth om meer vas te stel van hartdefekte in kinders.
Gesondheid 20.06.2018 28:17
Met sekere behandelings kan 'n kind met outisme se toestand verbeter. Maar watter behandelingsmetodes werk en watter werk nie? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater by die Universiteit van Kaapstad en een van die land se kenners op die gebied van neuro-ontwikkelingsprobleme by kinders, om meer duidelikheid te kry oor die behandeling van outisme.
Gesondheid 13.06.2018 19:10
Ons hoor gereeld van kogleêre inplantings, maar presies hoe werk dit en hoe goed kan iemand met 'n bioniese oor hoor?
Gesondheid 06.06.2018 25:16
Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit 'n mens se lewe? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor die probleem.
Gesondheid 30.05.2018 23:56
Wat is osoon, en kan osoonterapie help om siektes te behandel, of is dit 'n foefie? En is daar iets soos 'n vetverbrander? Marí Hudson praat met 'n kliniese farmakoloog om vas te stel of osoonterapie werk, en kyk na middels wat as hoof- of newe-effek jou gewig kan help verloor, en of vetverbranders hierby inpas.
Gesondheid 23.05.2018 26:36
Ons weet die rook van sigarette lei tot longkanker, maar hoe werk dit? Wat is jou kans werklik? En het behandeling die afgelope jare verbeter? Marí Hudson praat met 'n kankerspesialis oor die verskillende soorte longkanker en die jongste feite oor diagnose en behandeling.
Gesondheid 16.05.2018 21:59
Die bekentenis van PSG se grootbaas dat hy aan vroeë demensie ly, het die kollig vol-uit op hierdie toestand geplaas. Het jy geweet mens kry meer as een vorm van demensie? Marí Hudson praat met 'n psigiater oor die verskillende oorsake en simptome van demensie, die diagnosering en behandeling, en ook waar Alzheimer se siekte inpas.
Gesondheid 09.05.2018 23:35
In die lig van die IAAF se besluit om in sekere items perke te stel op die testeroonvlakke van vroulike deelnemers, kyk ons wetenskaplik na testosteroon in vroue. Waar kom dit vandaan? Waarom is sommige vroue se testosteroonvlakke hoër as gemiddeld, en kan mens dit behandel? Kan vroue met hoë testosteroonvlakke swanger raak? Marí Hudson praat hieroor met prof. Thinus Kruger, 'n fertiliteitspesiali...
Gesondheid 02.05.2018 26:51
As 'n mens se hart te stadig klop, is dit nie versoenbaar met lewe nie. 'n Te stadige hartklop is gewoonlik die gevolg van 'n blokkasie in die geleidingsweefsel. Nou het medici 'n manier gevind om die geleidingsweefsel vir die eerste keer regstreeks te stimuleer sodat die twee pompkamers presies soos 'n normale hart saamtrek: sterk en sinchronies. 'n His-bondeltak-pasaangeër is die pasaangeër wat...
Gesondheid 25.04.2018 25:20
Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag ná jou herstel, 'n baba hê. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om die droom waar te maak, selfs ná kankerbehandeling. Marí Hudson gesels met prof. Igno Siebert, 'n fertiliteitspesialis, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van 'n internasiona...
Gesondheid 18.04.2018 21:21
Wat is die jongste verwikkelings in die diagnosering en die mediese insig in outisme? Wat is anders in die brein van iemand met outisme, en waar en hoe verloop die neuro-ontwikkeling dan anders? Kan behandeling help, en hoe? Watter behandeling help nie? April is wêreldwyd outisme-maand, en prof. Petrus de Vries, van die Departement Kinderpsigiatrie aan die Universiteit van Kaapstad is in die atelj...
Gesondheid 11.04.2018 21:32
'n Kaapstadse hartspesialis het pas van 'n humanitêre missie na Dakar, Senegal, teruggekeer, waar hy 18 jong pasiënte met lewensgevaarlike aangebore hartritme-stoornisse behandel het en 'n nuwe kans op lewe gegee het. Die dokter, vergesel van 'n kliniese tegnoloog, kon eers nadat hulle 'n dag lank die verouderde toerusting in 'n baie basies-toegeruste teater herstel het, met die prosedures begin....
Gesondheid 04.04.2018 25:38
Wit vlekke aan die binnekant van jou mond en heesheid vir langer as twee weke is maar twee van die gevaartekens van moontlike kanker van die kop en nek. Die soort kanker is besig om toe te neem, en is nou sesde op die lys van algemene kankers. Die toename is hoofsaaklik die gevolg van tabakrook, alkohol en die papiloom-virus. En e-sigarette is glad nie veilig nie! Marí Hudson gesels met 'n oor-, n...
Gesondheid 28.03.2018 24:37
Kry meer jonger mans prostaatkanker? Is daar meer as een soort prostaatkanker? Lewer nuwe robot-chirurgie – waar die chirurg nie eens aan die pasiënt raak nie, maar alles uit 'n 'kajuit' met 'n robot beheer - beter resultate en waarom? Waar pas bestraling in? Behoort mans gereeld hul PSA's te laat toets? Marí Hudson gesels met twee uroloë oor prostaatkanker nadat tien mans, wat langer as ses maand...
Gesondheid 21.03.2018 22:53
Daar is nog baie vrae oor listeriose. Watter voedselsoorte is onveilig en waar presies is die bakterie opgespoor? Wat beteken dit dat daar meer as een stam van die bakterie is? Waarom het die vervaardigers nie self die listeriose opgespoor nie? Hoe kan mens enige verwerkte kosse vertrou? Marí Hudson gesels met dr. Juno Thomas, die wetenskaplike midde-in die toetsing en opsporing van die bronne van...
Gesondheid 14.03.2018 25:26
Wat gebeur in die brein wanneer jy depressief raak? Kan jy sekere veranderings in jou lewe maak om sake te verbeter? Wanneer het jy medikasie nodig, en hoe werk die medikasie?
Gesondheid 07.03.2018 24:47
Listeriose-vrees het almal aan die keel beet en menige stik nou aan hulle Weense worsies. Wat is listeriose en hoe word dit getoets? Waarom neem dit so lank om antwoorde te kry?
Gesondheid 28.02.2018 24:32
Die rolprent, Raaiselkind, plaas outisme weer in die kollig. Een uit elke 100 kinders word daarmee gebore. Die breinbane van kinders met outisme ontwikkel anders as ander mense s'n. In sommige gevalle ontwikkel 'n kind se brein aanvanklik normaal tot op sowat 18 maande, en dan loop verdere breinontwikkeling skeef. Marí Hudson praat met 'n kinderpsigiater en outisme-kenner oor die breinontwikkeling...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.