RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 631 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 07.11.2018

Waarom is dit gevaarliker om op 'n pasiënt wat erg oorgewig is, te opereer? Wat is die chirurgiese en narkose-gevare? En waarom het dit nou nodig geword dat bariatriese chirurgie in die staatsektor gedoen word? Is Suid-Afrika se obesiteitsprobleem dan nou só groot? Marí Hudson gesels met 'n chirurg van die Tygerberg Hospitaal oor die kwessies.

Gesondheid 31.10.2018

Hoe weet 'n mens vir seker jy het diabetes? Watter toetse moet gedoen word om Tipe 2 diabetes te diagnoseer? Moet jy anti-diabetes medikasie gebruik as jy nie vir seker weet of jy diabetes het nie? Wat van die wonderlike teen-verouderingseienskappe wat aan Metformin gekoppel word? Marí Hudson gesels met 'n endokrinoloog oor die jongste inligting.

Gesondheid 24.10.2018

Het jy geweet daar is vier hoofgroepe borskanker, en dat elke soort borskanker se DNS verskil van jou eie DNS? Kankerspesialiste gebruik nou die inligting om die beste behandeling vir elke kankerpasiënt uit te werk. Marí Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Rika Pienaar, 'n onkoloog, oor die jongste metodes om borskanker te diagnoseer en te behandel.

Gesondheid 17.10.2018

'n Diagnose van borskanker (of enige ander kanker) kan 'n mens soos 'n vuishou in die maag tref. Hoe ervaar 'n dokter dit as sy met borskanker gediagnoseer word, en dan 'n pasiënt word? Het sy wenke om ander pasiënte te help? Marí Hudson gesels in Borskankermaand met dr. Trusia Burgers van Somerset-Wes oor haar persoonlike stryd teen borskanker.

Gesondheid 10 Oktober 2018 10.10.2018

Wat is die verskil tussen pre-diabetes en diabetes? Kan pre-diabetes omgekeer word? Wat is die verskil tussen insulien-sensitiwiteit (voorheen genoem insulien-weerstandigheid) en pre-diabetes? En waar pas oorgewig en Banting in? Marí Hudson praat met prof. Tess van Merwe, 'n endokrinoloog, om verwarring oor die siektes en kwessies op te klaar.

Gesondheid 03.10.2018

Wat is Legioensiekte, en hoe kry mens dit? Is dit aansteeklik? Waarom is dit dodelik? Marí Hudson gesels oor die siekte nadat die Minister van Omgewingsake, Edna Molewa, onlangs aan Legioensiekte beswyk het.

Gesondheid 26 September 2018 26.09.2018

Moet mens nou baie, of min koolhidrate eet vir goeie gesondheid? En baie of min diereproteïene en -vette? Waar presies pas insulienweerstandigheid, diabetes en oorgewig in die prentjie? 'n Insiggewende verslag is onlangs in die gesaghebbende Lancet mediese joernaal gepubliseer. Marí Hudson praat met prof. Tess van der Merwe, 'n endokrinoloog, om die jongste inligting vir ons te verduidelik.

Gesondheid 19.09.2018

Wat is die nuutste behandeling van spatare en spinnekop-are? Wat is diep veneuse trombose, waarom is dit so gevaarlik en hoe kan dit voorkom en behandel word? Marí Hudson gesels met 'n spataar-chirurg oor al die probleme wat met are te doen het.

Gesondheid 12.09.2018

Beteken 'binge-drinking' jy het 'n alkoholprobleem? En as 'n mens elke dag 'n glasie wyn drink? Hoe diagnoseer psigiaters alkohol- en middelmisbruik? Wat is die jongste en beste benaderings ten opsigte van behandeling.” Marí Hudson gesels in 'n opvolggesprek met 'n psigiater oor alkohol- en middelmisbruik, en beantwoord ook luisteraarsvrae.

Gesondheid 05.09.2018

Hoe weet mens watter gesondheid- of medisyne-advertensie om te glo? Wat is die verskil tussen medisyne wat dokters voorskryf, en voedselaanvullers? Aan watter standaarde moet elk voldoen, en hoe mag elk bemark word? Watter genesing of ander aansprake mag in advertensies op radio, TV en in tydskrifte gemaak word? Marí Hudson praat met 'n voormalige hoogleraar in Joernalistiek, en dosent in wetenska...

Gesondheid 29.08.2018

Elke dag sterf drie vroue weens geweld, meestal huishoudelike geweld. Met watter beserings beland vroue in trauma-eenhede? Beland dieselfde vrou meer as een keer in die trauma-eenheid? Speel alkohol of ander middels 'n rol? Mis ons geleenthede om van die aanrandings te voorkom? Marí Hudson gesels aan die einde van Vrouemaand met 'n traumachirurg oor waarmee hulle so dikwels gekonfronteer word.

Gesondheid 22.08.2018

Die misbruik van dwelms en alkohol kos die Suid-Afrikaanse ekonomie sowat R40-miljard per jaar. Byna een een uit elke vyf volwasses in Suid-Afrika misbruik middels wat die brein aantas. Die oplossings word belemmer deur gebrek aan geld en ou benaderings ten opsigte van behandeling. Marí Hudson praat met 'n pisgiater oor die dwelmprobleem en die jongste tendense in die behandeling van mense met dwe...

Gesondheid 15.08.2018

Ons ken almal iemand wat al 'n heupvervanging ondergaan het, maar presies hoe werk dit? Watter metale word gebruik? Hoe lank hou dit? Kan jy ná 'n heupvervanging weer draf of fietsry? Kan 'n tweede heupvervanging op dieselfde heup gedoen word?

Gesondheid 08.08.2018

As jy 'n vrou in jou vrugbare jare is by wie dokters 'n mioom gediagnoseer het, moet jy jou ore spits. Marí Hudson gesels aan die begin van Vrouemaand met 'n ginekoloog oor miome – die groeisels in die baarmoeder wat pyn en onvrugbaarheid kan veroorsaak – en die jongste nuus oor die behandeling daarvan. Hy vertel hoe vroue gratis aan 'n internasionale studie kan deelneem, waar vroue met miome nie...

Gesondheid 01.08.2018

Wat is reg en verkeerd in die private gesondheidsorg-sektor in Suid-Afrika? Wat beteken die bevindings van die onlangse verslag oor private gesondheidsorg in die land? Marí Hudson gesels met dr. Johan Serfontein van die SA Privaat Praktisynsforum en hy verduidelik wat die situasie is met dokters, mediese fondse en private hospitale na aanleding van die die verslag.

Gesondheid 25.07.2018

Wat is die verskil tussen gewone vergeet en Alzheimer-vergeet? Behels Alzheimer se siekte meer as net vergeetagtigheid? Hoe verskil Alzheimer van ander vorms van demensie? Is daar medikasie of iets wat kan help? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die siekte, en kry ook terugvoer van 'n kardioloog oor 'n onlangse oorsese hartkongres.

Gesondheid 17.07.2018

Hoe is dit moontlik om die aortaklep te herstel sonder om die borskas oop te sny? Marí Hudson praat met 'n kardioloog oor wat met die aortaklep verkeerd kan loop, veral in ouer mense, en oor die nie-ingrypende prosedure wat dokters 'n Tavi noem.

Gesondheid 11.07.2018

Hoe moet 'n bejaarde versorg word? Hoeveel en watter verpleegkundiges moet in 'n sorgeenheid wees? Wanneer moet 'n kind ingryp as sy bejaarde ouer verwaarloos lyk? Hoe kies jy 'n goeie ouetehuis of aftree-oord? Is daar kwaliteitskontrole by ouetehuise en in die private sektor? Marí Hudson praat met dr. AnnaMarie Bruwer oor die moeilike kwessies.

Gesondheid 04.07.2018

Marí Hudson kyk na ouetehuise en die versorging van bejaardes. En sy rond die program oor kogleêre inplantings af.

Gesondheid 27.06.2018

Hoe weet mens as 'n baba of kind hartprobleme het? Hoe ontstaan hartprobleme by 'n kind? En watter hartprobleme kan nou sonder chirurgie behandel word? Marí Hudson praat met 'n kinderkardioloog van Port Elizabeth om meer vas te stel van hartdefekte in kinders.

Gesondheid 20.06.2018

Met sekere behandelings kan 'n kind met outisme se toestand verbeter. Maar watter behandelingsmetodes werk en watter werk nie? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater by die Universiteit van Kaapstad en een van die land se kenners op die gebied van neuro-ontwikkelingsprobleme by kinders, om meer duidelikheid te kry oor die behandeling van outisme.

Gesondheid 13.06.2018

Ons hoor gereeld van kogleêre inplantings, maar presies hoe werk dit en hoe goed kan iemand met 'n bioniese oor hoor?

Gesondheid 06.06.2018

Het jy al gehoor van Tourette-sindroom? Wat is dit? Wat is die simptome en die behandeling? Hoe raak dit 'n mens se lewe? Marí Hudson praat met prof. Petrus de Vries, 'n kinder- en tienerpsigiater van die Rooikruis Kinderhospitaal, oor die probleem.

Gesondheid 30.05.2018

Wat is osoon, en kan osoonterapie help om siektes te behandel, of is dit 'n foefie? En is daar iets soos 'n vetverbrander? Marí Hudson praat met 'n kliniese farmakoloog om vas te stel of osoonterapie werk, en kyk na middels wat as hoof- of newe-effek jou gewig kan help verloor, en of vetverbranders hierby inpas.

Gesondheid 23.05.2018

Ons weet die rook van sigarette lei tot longkanker, maar hoe werk dit? Wat is jou kans werklik? En het behandeling die afgelope jare verbeter? Marí Hudson praat met 'n kankerspesialis oor die verskillende soorte longkanker en die jongste feite oor diagnose en behandeling.

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.