RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 30 Oktober 2019 30.10.2019 23:37
Al hoe meer navorsing dui op 'n baie duidelike verband tussen hartoperasies en depressie. Hoe werk dit? Het dit te make met die operasie of die hart? Moet 'n dokter en pasiënt ook bedag wees op depressie ná enige ander groot siekte of chirurgie? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die verband tussen depressie en fisieke siektetoestande.
Gesondheid 23 Oktober 2019 23.10.2019 27:53
Die diagnose, klassifisering en behandeling van kanker het die afgelope dekade baie verander omdat navorsing meer insigte gebring het. Wat gebeur as jy pas gediagnoseer is met borskanker? Het jy genoeg tyd dat jou behandeling goed beplan kan word? Watter rol speel genetiese toetse? Hoe beïnvloed die soort en stadium van borskanker jou behandeling en prognose? Wanneer is die beste tyd vit 'n borsre...
Gesondheid 16 Oktober 2019 16.10.2019 25:48
Almal van ons het al van geelsug gehoor. Dit is een van die simptome van hepatitis, oftewel lewer-inflammasie of lewer-ontsteking. Het jy geweet daar is verskillende soorte hepatitis, en dat sommige soorte chronies is? Of dat groot doserings van 'n pynstiller soos Panado lewerskade kan veroorsaak? Marí Hudson praat met 'n gastro-enteroloog oor die oorsake en behandeling van hepatitis.
Gesondheid 2 Oktober 2019 02.10.2019 28:19
Dit is een van die pynlikste en verminkendste ervarings om ernstige brandwonde op te doen. Hoe lank hou die vel nog aan met brand ná die brandvoorval? Hoe besluit 'n dokter hoe diep en ernstig 'n brandwond is? Wanneer kom oorlewing in gedrang? Hoe ver het die wetenskap gevorder met veloorplantings en ander behandelingsmetodes dat die diep brandwond so goed as moontlik genees en die vel nie styf en...
Gesondheid 25 September 2019 25.09.2019 29:11
Al hoe meer mense wend hulle tot dagga-olie om verskeie redes, maar daar is nog baie vrae en onsekerhede. Sommige hoop dit kan hulle kanker genees, ander neem dit vir pynverligting, en ander om goed te slaap. Hoe werk die verskillende bestanddele van die daggaplant? Wat gebeur in die liggaam? Watter bestanddeel is medies gesproke die een wat hoop bring in die behandeling of hantering vir siektes?...
Gesondheid 18 September 2019 18.09.2019 28:01
Kan verbode middels soos anaboliese steroiede werklik sportprestasie verbeter? Tot watter mate? Watter middels het Aphiwe Dyantyi in die moeilikheid laat beland? Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor verbode middels, sportprestasie, tieners en voedingaanvullers.
Gesondheid 11 September 2019 11.09.2019 24:17
Wat is palliatiewe sorg? Hoe goed kan pyn en ander simptome werklik beheer word? Kan dit die kwaliteit van jou lewe verbeter in die laaste deel van jou aardse reis? Begin dokters met die sorg net as geen ander behandeling jou meer kan red nie? Kan dit tuis gedoen word, of net in 'n hospies of hospitaal?
Gesondheid 4 September 2019 04.09.2019 27:42
Wat is in daardie proteïendrankie wat jy of jou sportmal tiener daagliks afsluk? Kan dit wees dat dit verbode middels bevat, al word dit nie op die etiket aangedui nie? Kan dit wees dat een van die 'onskuldige' proteïendrankies wat Aphiwe Dyantyi dalk gebruik het, drie verbode middels bevat? Marí Hudson gesels met 'n wetenskaplike wat navorsing gedoen het op die inhoud van verskeie 'onskuldige' pr...
Gesondheid 28 Augustus 2019 28.08.2019 24:55
Suid-Afrika se traumachirurge tel onder die bestes ter wêreld, ongelukkig juis omdat ons hospitale se noodeenhede deur te veel traumagevalle oorweldig word. Wat presies is trauma? Wat is die grootste uitdagings, ook op die wêreldverhoog? Kan 'n mens met 'n rib deur die long so afgeblaas word soos Nurse Nettie se ramkat? Marí Hudson gesels met 'n traumachirurg oor die kwessies.
Gesondheid 21 Augustus 2019 21.08.2019 23:12
Wat is retinale loslating, en hoe word dit behandel? En hoe werk diabetiese retinopatie? 'n Mens word ook gewaarsku oor die komplikasies van diabetes wat nie goed beheer word nie. Een van die komplikasies is diabetiese retinopatie, wat beteken dat die retina aangetas word. Maar hoe gebeur dit? Marí Hudson gesels met 'n oogpesialis oor die twee oogprobleme.
Gesondheid 14 Augustus 2019 14.08.2019 21:44
Blaaslek is baie meer algemeen as wat 'n mens dink. Baie vroue se blaas- of anale knypers of albei, werk nie meer so goed soos voorheen nie. Dit lei tot groot verleentheid vir die vroue, en hulle is dikwels te skaam om hulp te soek. Maar daar is hulp wat die vroue se lewens weer ten goede kan verander. Een van die behandelingsopsies is die plaas van 'n klein 'pasaangeër' in die boud. Ander behande...
Gesondheid 7 Augustus 2019 07.08.2019 19:21
Candida auris word beskou as een van die gevaarlike nuwe superkieme wat die potensiaal het om glad nie op medikasie te reageer nie. Dit is 'n swamsiekte wat die afgelope 10 jaar dramaties in Suid-Afrika toegeneem het, en nou veral in private hospitale in Gauteng gevind word. Marí Hudson gesels met 'n mediese kundige oor die en ander swamsiektes.
Gesondheid 31 Julie 2019 31.07.2019 25:53
Die TV-minireeks, Chernobyl, het 'n mens laat skrik vir die gevolge van 'n kernkrag-ongeluk. In die tweede deel van die kort reeks oor radio-aktiewe bestraling, kyk ons na die behandeling van 'n mens wat met hoë doserings radio-aktiwiteit bestraal is, en wat die grootste risiko vir 'n bestralingsinsident inhou... en dis nie 'n kernkragontploffing by Koeberg nie!
Gesondheid 24 Julie 2019 24.07.2019 26:22
In die onlangse TVminireeks, Chernobyl, het die groot kernkragongeluk tot ernstige bestralingskade aan die omgewing en ook akute bestralingsiekte gelei. Wat gebeur in die liggaam met hoë doserings radio-aktiewe bestraling? Watter bestralingsdosis is hoog genoeg vir bestralingsiekte? Wat gebeur wanneer jou eie liggaam radio-aktief word? En is ons liggame nie in elk geval effe radio-aktief nie? Marí...
Gesondheid 17 Julie 2019 17.07.2019 28:07
'Ons gaan voluit voort met Nasionale Gesondheidsversekering' het die nuwe Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, tydens sy begrotingsrede gesê. Wat beteken sy jongste aankondigings oor R30-miljard en die vul van kliniese poste, en ander inligting vir jou en my?
Gesondheid 10 Julie 2019 10.07.2019 21:43
Heupvervangings kan nou met 'n bikini-snit van voor op die heup gedoen word, pleks van deur die boud. Die pasiënt het minder pyn omdat daar aan minder spiere gekarring word, en is binne 'n dag weer op die been, en binne 2 tot 3 dae weer tuis. Marí Hudson gesels met 'n ortopediese chirurg oor die aangepaste metode vir heupvervangings.
Gesondheid 3 Julie 2019 03.07.2019 26:22
Mari Hudson praat met prof. Jan van Zyl van die Universiteit van die Vrystaat oor pankreatitis, oftewel infeksie van die pankreas.
Gesondheid 26 Junie 2019 26.06.2019 25:02
Marí Hudson praat met 'n sportsielkundige oor die beginsels van sportsielkunde en wenners.
Gesondheid 19 Junie 2019 19.06.2019 23:26
Mari Hudson praat met 'n dokter oor vanjaar se griep. Is dit ernstiger as vorige jare? Help die griepinspuiting werklik?
Gesondheid 12 Junie 2019 12.06.2019 26:51
Marí Hudson praat met 'n psigiater oor postnatale depressie.
Gesondheid 5 Junie 2019 05.06.2019 19:27
Wat is sistiese fibrose? Hoe hou 'n ensiemtekort verband met longprobleme? Waarom sukkel kinders met sistiese fibrose om asem te haal? Kan dit behandel word? Kan dit voorkom word?
Gesondheid 29 Mei 2019 29.05.2019 25:34
Saray Khumalo het pas die eerste swart vrou van Afrika geword wat die kruin van die berg Everest bereik het. Die Berg van Berge het egter die afgelope drie weke die lewe van tien klimmers geëis. Hoe werk hoogtesiekte - of lugdruksiekte? Wat gebeur met die brein en liggaam wat hierdie hoogtesiekte lewensgevaarlik maak? Op watter hoogte kan dinge skeef loop? Hoe moet mens 'n hoë bergkruin aandurf om...
Gesondheid 22 Mei 2019 22.05.2019 24:29
Het jy geweet dat atlete wat hulle harte tot die uiterste beproef in strawwe uithou-sport, soos die Comrades-marathon, die Cape Epic-fietstoer of strawwe ystermankompetisies, hulle hartstruktuur kan beskadig. Die skade kan dan lei tot hartritme-stoornisse wat selfs tot skielike dood kan lei. Marí Hudson praat met 'n hartspesialis oor die verband tussen strawwe sport en hartritme-defekte.
Gesondheid 15 Mei 2019 15.05.2019 25:26
Wat sal gebeur as Caster Semenya middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag? Kan haar voordeel in dieselfde asem genoem word as groot voete vir swemmers en lang lywe vir basketbalspelers? Dít is van die vrae wat beantwoord word in die tweede aflewering in die kort reeks oor die Caster Semenya/Testosteroon/IAAF-kwessie. Marí Hudson gesels met 'n sportwetenskaplike oor die komplekse saak.
Gesondheid 8 Mei 2019 08.05.2019 25:50
Wat is die werklike wetenskaplike bewyse vir of teen die besluit van die Sportarbitrasiehof teen Caster Semenya. Tot watter mate lei hoër testosteroonvlakke tot beter sportprestasie? Geld die voordeel werklik vir Caster Semenya? Kan die voordeel gemeet word? Hoe verskil Caster Semenya en ander vroue wat met testes gebore word, van transgender-vroue ten opsigte van testosteroon-voordele? Sal Caster...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.