RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 episodes

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gesondheid 29 Julie 2020 29.07.2020

Wat is die verskil tussen virustoetse en teenliggaamtoetse vir Covid-19? Wat gaan aan met die staat se getalm met goedkeuring van teenliggaamtoetse wat in 'n laboratorium gedoen word? En waarom wil die staat sekere inligting nie bekend maak nie? Is hier 'n teenliggaam-slang in die gras? Marí Hudson het navorsing gedoen, en belig die kwessie van alle kante.

Gesondheid 22 Julie 2020 22.07.2020

Die nuwe Coronavirus is 'n geslepe derduiwel. Hy kan mense op verskillende maniere siek maak, en buiten die longe, bloedstolling en die senustelsel, verkeie ander organe en stelsels aantas. Dis veral die virus se uitwerking op die pankreas, tiroïed en hipofise wat dokters laat dink, en moontlik verklaar waarom mense wat oorgewig is en diabetes het, makliker ernstig siek word. Marí Hudson praat met...

Gesondheid 15 Julie 2020 15.07.2020

Italië het 'n neuro-COVID-eenheid om aandag te gee aan die langtermyn gevolge van Covid-19 op die brein en die senustelsel. Die verlies aan reuk en smaak is weens die virus se regstreekse uitwerking op die senustelsel. Marí Hudson praat met dr. Eugene Allers, 'n psigiater, oor die impak van Covid op die brein en senustelsel, en die lang 'stert' van Covid.

Gesondheid 8 Julie 2020 08.07.2020

Die voorspellingsmodelle vir COVID-sterftes in Suid-Afrika en die wêreld het die sterftes geheel en al oorskat. Waarom? 'n Groep aktuarisse, ingenieurs, dokters en ander beroepsmense wat hulle kundigheid saamvoeg in PANDA (Pandemic Data & Analysis), baseer hulle voorspellings, wat uitsonderlik in die kol is, op 'n spesifieke S-kurwe. Marí Hudson gesels met een van die lede van PANDA, wat verduidel...

Gesondheid 1 Julie 2020 01.07.2020

Covid-19 is besig om op vier vlakke psigies sy tol te eis: Die vrees vir die virussiekte, die uitwerking van die inperking, ingehoktheid en isolasie, die bekommernis oor jou werk en toekoms en die regstreekse uitwerking van die virus op die brein. Depressie, aggressie en selfs selfmoord kan nie geïgnoreer word nie. Marí Hudson praat met dr. Eugene Allers, 'n psigiater, oor die impak van die Covid-...

Gesondheid 24 Junie 2020 24.06.2020

Covid-19 is steeds besig om ons daaglikse gang en lewe te oorheers. Ons moet onthou dat meer as 90% van mense met Covid-19 asimptomaties is of net ligte of matige simptome het. Die siektebeeld is nie heeltemal dieselfde by alle pasiënte nie en ook nie by alle pasiënte wat sieker word nie, en dis juis die onvoorspelbaarheid van die wending van die siekte wat angstigheid veroorsaak. Marí Hudson praa...

Gesondheid 17 Junie 2020 17.06.2020

Hoe belangrik, akkuraat en betroubaar is COVID-19-toetse? Hoe toets mens vir COVID-19? Wat kan uit positiewe en negatiewe uitslae afgelei word? Is dit die alfa en omega van voorkoming en behandeling? Marí Hudson gesels met 'n virologiese patoloog om antwoorde op hierdie vrae te vind.

Gesondheid 10 Junie 2020 10.06.2020

Twee dokters op Stellenbosch se benadering met Covid-pasiënte konsentreer op vroeë behandeling met gewone en plaatjiegerigte antistolmiddels, asook 'n spesifieke middel om bestaande stolsels op te los. Die sukses van die benadering kan nie geïgnoreer word nie, al is dit nog net op 22 pasiënte toegepas. Bring die benadering nuwe hoop? Waar pas stolling in die COVID-siektebeeld in? Marí Hudson probe...

Gesondheid 3 Junie 2020 03.06.2020

Meer as vyf maande gelede het COVID-19 in Wuhan in China uitgebreek, en sedertdien na alle wêrelddele versprei. Weet medici nou meer as vyf maande gelede? Is daar aanvanklike waarnemings wat nou as foutief deurskemer? Is daar groter duidelikheid oor die behandeling? Hoe hanteer dokters in die voorste linie die pasiënte, en kan hulle voorspel watter pasiënte sal herstel en wie nie? Marí Hudson praa...

Gesondheid 27 Mei 2020 27.05.2020

Hoe veilig is dit om jou kind terug te stuur skool toe? 'n Kinderlong-spesialis het die antwoord, Word kinders baie siek van Covid? Is hulle die draers van die virus wat almal sal aansteek? Wat van kinders met asma, of kinders met ander siekteprobleme? Hoe groot is die kans werklik dat kinders ernstig siek kan word van Covid?

Gesondheid 20 Mei 2020 20.05.2020

Hoe veilig is dit vir dokters en nie-COVID-pasiënte in hospitale? Is dit veilig vir chirurge om met nie-N95-maskers te opereer? Hoe lank word waglyste vir operasies omdat so baie operasies buiten noodgevalle feitlik stilstaan, terwyl sommige hospitale byna leeg staan? Is die klem op COVID-19 oordrewe? Wat van alle ander siektes buiten COVID-19? Het ons al meer inligting om beter voorspellings te m...

Gesondheid 13 Mei 2020 13.05.2020

Is daar nog mediese redes vir 'n streng inperking? Kan 'n voortgesette streng inperking die verloop van COVID-19 in Suid-Afrika verander, en hoe? Wat is die beste pad vorentoe? Marí Hudson probeer antwoorde op die vrae vind, kyk wat die kundiges sê en gesels met 'n waaksorgspesialis.

Gesondheid 6 Mei 2020 06.05.2020

Kubaanse dokters wat teen 'n hoë koste Suid-Afrika met COVID-19 kom help; ambulanspersoneel wat staak oor 'n gebrek aan beskermde klere; chroniese pasiënte wat noodgevalle word; lede van die publiek wat met 'n masker onder die ken of neus loop; verskille oor die sterftekoers… Marí Hudson gesels met dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, oor die jongste kwessi...

Gesondheid 29 April 2020 29.04.2020

Waarom kan mense met chroniese siektes soos diabetes, asma, lupus en ander chroniese siekteprobleme, sieker word van COVID-19 of ander virusse as mense sonder die siektes? Wat is dan anders aan hulle immuunstelsels, of hoe? Waarom verskil die sterftesyfers in Italië en Spanje soveel van die van China? Marí Hudson praat met 'n internis oor die effek van die COVID-19 op mense met onderliggende siekt...

Gesondheid 22 April 2020 22.04.2020

Ná 'n maand in inperking, speel jou gemoed waarskynlik ook parte. Hoe weet 'n mens of die benoude gevoel oor jou bors asma, 'n hartaanval, COVID-19 of angstigheid oor jou inperking is nie? En wat van depressie? Sosiale inperking en fisieke afstandelikheid is nie normaal nie, en eis sy tol op jou geestesgesondheid. Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die effek van die COVID-19 inperking op jou...

Gesondheid 15 April 2020 15.04.2020

Hoe presies werk die SARS-Coronavirus-2 wat COVID-19 veroorsaak? Val dit jou rooibloedselle aan en lei dit tot 'n suurstoftekort soos wat sommiges beweer? Kan malaria- en artritismiddels help? Wat van die TB-vaksien? Wat het ons die afgelope tyd geleer oor die siekte, die verspreiding en wat om te verwag? Marí Hudson gesels met 'n mediese spesialis midde-in die geveg teen COVID-19 oor wat feite en...

Gesondheid 8 April 2020 08.04.2020

Inperking weens COVID-19 is nou byna twee weke van krag in Suid-Afrika. Wat het ons die afgelope tyd geleer oor die siekte, die verspreiding en wat om te verwag? Marí Hudson gesels met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging van Suid-Afrika, oor die jongste nuus oor die siekte en die situasie in die land.

Gesondheid 1 April 2020 01.04.2020

'n Mens kan seker sê die SARS-Coronairus wat nou mik na 900 000 gevalle oor die wêreld, is 'n psigopaat, want iets skort met die organisme se gewete. Wat verstaan ons oor psigopate? Want alle psigopate is nie reeksmoordenaars nie. En wat is die verskil tussen 'n psigopaat en narsis? En wat is die regte naam vir die probleem? Wat gebeur in die brein van só 'n mens en kan dit behandel word? Marí Hud...

Gesondheid 25 Maart 2020 25.03.2020

Kan die verloop van die Covid-19 epidemie in Suid-Afrika voorspel word? Wat kan ons verwag? Wat staan dokters en pasiënte te doen? Mari Hudson praat hieroor met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging.

Gesondheid 18 Maart 2020 18.03.2020

Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met 'n infeksie-spesialis oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19.

Gesondheid 11 Maart 2020 11.03.2020

Wat is skisofrenie en grenslyn persoonlikheidsteurnis? Is 'n narsis en psigopaat dieselfde? Wat gebeur in die brein van iemand met een van hierdie psigiatriese steurnisse? Waarom gebeur dit? Wat is 'n psigose? Kan die probleme behandel en genees word? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die mediese aspekte van die bekendste psigiatriese probleme, en die mites en misverstande.

Gesondheid 4 Maart 2020 04.03.2020

Wat is die mediese feite oor obesiteit? Hoe verander dit jou fisiologiese en metaboliese prosesse? Is dit werklik so gevaarlik om oorgewig te wees? Kan 'n mens vet en gesond wees? Marí Hudson praat met 'n endokrinoloog oor wat in jou liggaam gebeur as jy oorgewig of vetsugtig is.

Gesondheid 26 Februarie 2020 26.02.2020

Wat is makulêre degenerasie? Waarom verloor mens jou sig in die middel van jou gesigsveld? Is daar meer as een soort? Kan dit behandel word? Kan mens iets doen om dit te voorkom of die agteruitgang te verstadig?

Gesondheid 19 Februarie 2020 19.02.2020

Om 'n diagnose van Parkinson se siekte aan te hoor, is nie maklik nie, want dit het implikasies vir die res van jou lewe. Marí Hudson gesels met Nina Schuman, 'n bekende Suid-Afrikaanse pianis, oor hoe sy lewe met Parkinson se siekte.

Gesondheid 12 Februarie 2020 12.02.2020

Kan ek my genetika laat toets om vas te stel watter dieet ek moet volg? Wat kan genetiese toetse van my verklap, en hoe kan dit my help? Wat is die effek van die omgewing op my gene? Kan dit gemeet word? Kan ek iets aan die effek van die omgewing op my gene doen? Marí Hudson praat met 'n kankerspesialis oor die verskillende soorte genetiese toetse, en gebruik borskanker as 'n voorbeeld. Hulle kyk...

Listen to the Gesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.