RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 22 Desember 2021 22.12.2021 24:12
Waar is die gewone virusse heen tydens die Covid-inperkings? Moet ouers besorg wees oor koorskonvulsies of -stuiptrekkings? En waarom parasetamol en nie aspiriene vir babas en kleuters met koors nie? Mari Hudson praat ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters.
Gesondheid 15 Desember 2021 15.12.2021 24:42
Sal die vierde (Omikron) golf lank en uitgerek wees soos die Delta-golf? Of sal getalle net so vinnig afneem as wat dit toeneem? Sal ons waakeenhede weer oorloop? ’n Dataontleder vertolk die beskikbare data. Mari Hudson gesels ook met ’n pediater oor koors in babas en kleuters.
Gesondheid 8 Desember 2021 08.12.2021 21:19
’n Tegniek om ’n vergrote prostaat te verklein sonder ’n operasie, word nou ook in Suid-Afrika gedoen. Mari Hudson gesels met ’n uroloog om vas te stel hoe ’n vergrote, goedaardige prostaat met stoom verklein kan word.
Gesondheid 1 Desember 2021 01.12.2021 23:32
Nierversaking kan met ’n nuwe middel vertraag word, vertel ’n nefroloog. Ons kyk ook na die effek van Covid op pasiënte met nierversaking, en dat tot 85% van staatspasiënte met nierversaking geen plek kry op beperkte dialise-lyste is nie. Mari Hudson praat met ‘n nefroloog in die laaste van twee aflewerings oor nierversaking, die siekte wat jou so stilweg kan bekruip, en dikwels so laat opgespoor...
Gesondheid 24 November 2021 24.11.2021 24:04
Nierversaking kan jou so stilweg bekruip dat jy dit eers agterkom as jy skaars 10 tot 20 persent van jou nierfunksie oor het. Dan is dialise en ‘n nieroorplanting al uitweg. Mari Hudson praat met ‘n nefroloog in die eerste van twee aflewerings oor nierversaking.
Gesondheid 17 November 2021 17.11.2021 23:47
Die keto-dieet is deesdae baie ter sprake. Mense sê hulle brein voel skerper op dié dieet. Wat behels dit? Wat is ketone? Watter rol speel hulle in die liggaam en in jou brein?
Gesondheid 10 November 2021 10.11.2021 23:00
Het jy geweet dat meer as 410 000 mense jaarliks in die wêreld aan die muskietgedraagde parasitiese siekte, malaria, sterf. En dat 94% van die 219 miljoen malariagevalle in Afrika voorkom? Met ‘n groot aanslag is dit moontlik dat twee van Suid-Afrika se malaria-endemiese gebiede, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, teen 2023 malariavry kan wees. Marí Hudson praat met ’n malariakenner oor die jongste mala...
Gesondheid 3 November 2021 03.11.2021 27:39
Meer as 60-miljoen mense in die wêreld ly aan hartversaking, en die helfte sal binne vyf jaar sterf. ’n Nuwe diabetesmiddel kan van hierdie lewens red.
Gesondheid 27 Oktober 2021 27.10.2021 21:48
Dit is nou moontlik om hartversaking en vordering van nierversaking te stuit in Tipe 2-diabete. Hoe kan hulle gehelp word om langer en gesonder te lewe? Luister na deel 2 van die reeks oor die jongste behandelings vir Tipe 2-diabete.
Gesondheid 20 Oktober 2021 20.10.2021 24:47
Een van die grootste probleme met Tipe 2 diabetes is die voorkoming van komplikasies soos hartversaking en nierversaking. Nuwe middels is nou beskikbaar wat ’n rol kan speel om Tipe 2 diabete langer en gesonder te laat lewe. Mari Hudson praat met ’n internis oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.
Gesondheid 13 Oktober 2021 13.10.2021 26:03
Hoe voel dit vir ’n dokter om maande aaneen in ’n Covid-waaksaal te werk, daagliks pasiënte te sien sterf, siek pasiënte weg te wys omdat daar net nie genoeg ventilators is nie, en self die effek van isolasie te ervaar? Het hulle die emosionele energie vir ’n vierde golf? Mari Hudson praat met twee dokters wat baie tyd in Covid-waaksale deurgebring het.
Gesondheid 6 Oktober 2021 06.10.2021 26:34
Het jy geweet dat mense se brandwonde dalk binnekort met ‘n ‘lewende’ 3D-gedrukte biomatriks behandel kan word? Mari Hudson gesels met 'n polimeerwetenskaplike oor dié navorsing. Sy kyk ook in die tweede deel van die program na feite en mites oor Covid.
Gesondheid 29 September 2021 29.09.2021 24:26
Hoe skakel Covid en die Covid-entstowwe jou immuunstelsel aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog oor die entstowwe en nanopartikels, mense met outo-immuunsiektes, jou genetika, en waar nuwe kankerenstowwe, die TB-enstof en kudde-immuniteit inpas.
Gesondheid 22 September 2021 22.09.2021 26:34
Hoe werk jou immuunstelsel wanneer jy Covid kry? Hoe skakel die Covid-entstof jou immuunreaksie aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog, wat verduidelik waar teenliggame, B- en T-selle inpas in jou immuunreaksie.
Gesondheid 15 September 2021 15.09.2021 21:40
Het jy geweet sekere siektes het spesifieke reuke? ’n Spesialis vertel meer hiervan. Sy beskryf ook haar ondervinding in ’n Covid waaksaal. Ons gesels ook oor die diagnose van outisme.
Gesondheid 8 September 2021 08.09.2021 25:50
Suid-Afrika se eerste vier Covid-snuffelhonde is pas opgelei, en ruik Covid met meer as 96% akkuraatheid uit, selfs in die inkubasiestadium. Dis akkurater as die PCR-Covidtoets. Hoe word snuffelhonde opgelei? Marí Hudson het gaan uitvind.
Gesondheid 1 September 2021 01.09.2021 24:16
Fibromialgie is ‘n siekte wat soms jare neem om te diagnoseer, en dan word dit dikwels nie behoorlik behandel nie. Byna tweederdes van fibromialgielyers ly ook aan depressie en angs, of slaapprobleme as deel van of as regstreekse gevolg van dié siekte. Marí Hudson praat met ’n psigiater om meer uit vind oor dié aspekte van die siekte en die beste behandelingsopsies.
Gesondheid 25 Augustus 2021 25.08.2021 25:16
Is Covid werklik dodeliker as griep? En waar is gewone wintergriep heen? Hoe groot is die effek van Covid-gevalle in waaksale, en is dit gevaksineerdes of ongevaksineerdes wat daar beland? Marí Hudson praat hieroor met prof. Marc Mendelson van die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad.
Gesondheid 18 Augustus 2021 18.08.2021 27:10
Hoe werk ’n nierooplanting? Wie kwalifiseer vir een? Wat is die grootste probleem? Wat is die risiko’s en die suksessyfer? En wat van die skenker as dit ’n lewende skenker is? Marí Hudson gesels met ’n nieroorplantingschirurg om meer uit vind.
Gesondheid 11 Augustus 2021 11.08.2021 28:58
As jy met Covid gediagnoseer is en tuis behandel word, hoe moet jy weet wanneer jy hospitalisasie benodig? Hoe behandel die algemene praktisyn Covid? Op watter alarm-simptome moet pasiënt en dokter bedag wees?
Gesondheid 4 Augustus 2021 04.08.2021 25:03
Wat is die beste eerste stappe om oortollige gewig af te skud, en wat is die dinge wat jy nie moet doen nie? Hoe hou jy jou gewig ideaal? Marí Hudson praat hieroor met ’n algemene praktisyn wat raad gee.
Gesondheid 28 Julie 2021 28.07.2021 26:58
Die regering het baie foute gemaak met die laat aankoop en uitrol van die Covid-entstofprogram, en is moontlik steeds besig om foute te maak. Gesondheidskenners het raad en planne hoe om verdere foute uit te skakel, en te verseker dat die land se mense die gouste die beste entstof kan ontvang.
Gesondheid 21 Julie 2021 21.07.2021 26:55
Data uit Engeland en ander lande wys al duideliker hoe groot verskil die Covid-entstof aan hospitalisasie, ernstige siekte en sterftes maak, en dat dit baie veilig is. Hoewel mense steeds Covid kan kry, is die sterftekoers dramaties laer. Ons kyk na die doeltreffendheid van die verskillende entstowwe teen die verskillende variante.
Gesondheid 14 Julie 2021 14.07.2021 26:41
Vir die eerste keer gaan ‘n transgender vrou wettig teen ander vroue-atlete in die Olimpiese Spele deelneem. Maar is die speelveld werklik gelyk en regverdig? Neem verlaging van testosteroonvlakke die voordeel weg? Marí Hudson praat met sportwetenskaplike dr. Ross Tucker hieroor, en ook die Tour de France en verbode middels.
Gesondheid 7 Julie 2021 07.07.2021 26:11
Die Delta-variant het die voorspellings vir die derde golf Covid-19 in Gauteng deurmekaar gekrap. Is Gauteng nou naby sy piek, en wat word in die ander streke verwag?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.