RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesondheid 14 April 2021 14.04.2021 22:52
Die Amerikaanse Food and Drug Administration het pas inenting met die Johnson & Johnson entstof in VSA tydelik gestaak. Suid-Afrika het dit nou ook gedoen. Dit volg nadat ses vroue ná vaksinering bloedstolsels ontwikkel het. Marí Hudson praat met ’n hematoloog oor die onttrekking en die risiko vir stolselvorming tydens Covid, en ná inenting. Wat beteken dit, en wat nou?
Gesondheid 7 April 2021 07.04.2021 24:12
Marí Hudson praat met ‘n spesialis oor die ketodieet, wat ketone is, en hoe dit in die liggaam werk.
Gesondheid 31 Maart 2021 31.03.2021 26:49
Groot vordering is die afgelope 20 jaar en meer gemaak in tandheelkunde. Van wit stopsels tot implantate en die behandeling van tandvleis – baie kan gedoen word om jou tande mooi en gesond te hou. Marí Hudson praat met dr. JJ Serfontein oor die jongste tegnieke om jou glimlag so mooi as moontlik te maak.
Gesondheid 24 Maart 2021 24.03.2021 27:00
Kan ontleders op grond van die derde Covid-golf in Europa voorspel wanneer die derde golf Suid-Afrika sal tref? Weet ons enigsins wanneer om dit te verwag, en kan dit erger wees as die tweede golf? Of het die variante alles deurmekaar kom klits?
Gesondheid 17 Maart 2021 17.03.2021 27:18
Om ‘n kankerdiagnose aan te hoor, is gewoon skrikwekkend, maar dan begin die beplanning van die behandeling. Wat is die behandelingsmetodes wat deesdae toegepas word? Wat is die nuutste soorte behandeling? Lewer dit beter resultate? Marí Hudson praat hieroor met ’n kankerspesialis van Pretoria.
Gesondheid 10 Maart 2021 10.03.2021 25:18
Wat is sistiese fibrose? Is dié siekte seldsaam? As ’n kleuter met dié siekte, wat ook die longe beskadig, gediagnoseer word, wag ’n lang stryd op die kind en ouers. Marí Hudson praat met ’n kinder-longspesialis oor sistiese fibrose nadat die 20-jarige Bolander, Lisa-Mari Beyers, onlangs aan sistiese fibrose gesterf het, selfs ná ’n desperate longoorplanting.
Gesondheid 3 Maart 2021 03.03.2021 28:13
Mediese navorsers werk in laboratoriums met mikroskope en proefbuise in hulle eie wêreld. Hoe oorbrug ’n navorser die afstand tussen laboratorium en die regte lewe van pasiëntsorg? ’n Suid-Afrikaanse navorser is pas bekroon met ’n internasionale prys omdat sy aan die voorpunt gestaan het om ingewikkelde laboratoriumbevindings te omskep in ’n eenvoudige, vinnige toets wat letterlik in die verste kl...
Gesondheid 24 Februarie 2021 24.02.2021 24:32
Hartchirurg dr. Susan Vosloo vertel hoe ’n chirurg soms ’n tweede en derde hartfout gebruik om ’n relatiewe normale hartfunksie te skep, soos in die geval van klein Roxanne. Ja, ’n hartchirurg moet ook soos ’n ingenieur en fisikus dink om struktuur, kragte, vloei en druk in ag te neem om ‘n hart so goed moontlik te laat funksioneer. Sy vertel ook van ’n peuter, Henu, wat op ’n hartoorplanting wag.
Gesondheid 17 Februarie 2021 17.02.2021 25:43
Wat is die verband tussen jou hart en beroerte, en waar pas antistolmiddels in? En nee, ‘n disprin per dag sal nié beroerte keer nie! Marí Hudson vertel die storie van ‘n 18 jarige seun met atriale fibrillasie, en jy kan meer uitvind oor jou risiko vir beroerte en die moets en moenies van antistolmiddels.
Gesondheid 10 Februarie 2021 10.02.2021 24:25
Wat gebeur met jou hormone wanneer jy vet word, en kan dít wat skeefloop, weer herstel word? Kan ’n middel enigsins help om jou makliker gewig te laat verloor? Wat is die jongste nuus? En as iets werk, wat van newe-effekte en langtermynsuksesse?
Gesondheid 3 Februarie 2021 03.02.2021 27:52
Die Covid-pandemie het baie vraagstukke in ons gesondheidstelsel uitgewys. Is die Regering se hantering van Covid ’n suksesvolle toetslopie vir ’n Nasionale Gesondheidstelsel? Of het die groot tekort aan dokters, verpleegkundiges en fasiliteite bewys dat die private gesondheidsektor onontbeerlik is? Hoe kan gevriesde poste en afgradering van staatshospitale regverdig word? Watter feite moet nou di...
Gesondheid 27 Januarie 2021 27.01.2021 26:42
Nog nooit het soveel samesweringsteorieë, menings en vals nuus mense bereik as oor Covid nie. Mense weet nie meer wat om te glo en wat nie, want alles klink of dit waar kan wees. Marí Hudson gaan op grond van goeie wetenskaplike inligting probeer om die kaf van die koring te skei en die verwarring uit te skakel.
Gesondheid 20 Januarie 2021 20.01.2021 26:59
Dit is geen geheim dat gesondheidswerkers onder groot duk werk weens die Covid-gevalle in hospitale. Hoe hanteer gesondheidswerkers hierdie druk, veral jong dokters wat toegang het tot medikasie wat verslawend kan wees? Hoe ken mens die gevaartekens uit waaraan aandag geskenk moet word? Marí Hudson praat hieroor met dr. Eugene Allers, ‘n psigiater.
Gesondheid 13 Januarie 2021 13.01.2021 25:51
Daar is baie vrae oor die Covid-entstof en die uitrol daarvan in Suid-Afrika: Presies hoe werk dié entstof? Hoe veilig en effektief is die entstof, selfs teen die nuwe variante? Sal dit jou DNS verander? Wat van al die samesweringsteorieë? Marí Hudson praat met prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad oor Covid-entstowwe.
Gesondheid 6 Januarie 2021 06.01.2021 28:11
Die land gons tans oor die anti-parasitiese middel, Ivermectin, wat moontlik voorkomend en as behandeling teen Covid doeltreffend is. Hoe werk die middel? Waarom kan die middel nie net vir alle Covid-gevalle ingespan word nie? Wat is die grens tussen oorversigtigheid en nalatigheid van owerheidskant? Hoe vinnig kan standpunte verander? Marí Hudson praat met ’n farmakoloog oor dié aspekte.
Gesondheid 30 Desember 2020 30.12.2020 25:58
Hoe verskil die tweede Covid-golf van die eerste een, en wanneer kan ons die pieke in die verskillende streke verwag? Hoe lyk die algemeenste gesig van Covid nou? Is die virus nou gevaarliker as voorheen? Marí Hudson praat met ’n data-ontleder oor die syfers, en met ‘n infeksiebeheerspesialis oor die jongste wat dokters in hospitale teëkom.
Gesondheid 23 Desember 2020 23.12.2020 26:13
Wat het slaapapnee en snork met jou hart te doen? Baie meer as wat jy ooit kon droom. As jy of jou maat snags ophou asemhaal en dan weer skielik na asem snak, MOET jy hierna luister. Marí Hudson praat met ’n hartspesialis oor die jongste feite oor slaapapnee en hartprobleme.
Gesondheid 16 Desember 2020 16.12.2020 26:53
Die fokus is op tiener-selfdood na aanleiding van heelwat tienersterftes die afgelope maande. Word die druk op Graad 11's onderskat? Speel die ontwrigte jaar ‘n rol? Waarop moet ouers bedag wees? Dr. Eugene Allers, 'n psigiater verbonde aan SASOP, gee inligting en raad.
Gesondheid 9 Desember 2020 09.12.2020 28:28
Covid is steeds besig om die wêreld onderstebo te keer. Terwyl die Britte begin met die eerste vaksinerings, neem die aantal Covid-gevalle in die Oos- en Wes-Kaap toe, en in die VSA praat hulle van ’n vierde golf. Waar staan ons, en wat hou die toekoms in? Marí Hudson praat hieroor met prof. Glenda Gray van die Mediese Navorsingsraad.
Gesondheid 2 Desember 2020 02.12.2020 26:47
Is sekere mense meer vatbaar vir osteoporose as ander? Kan mans dit ook kry? Hoe diagnoseer dokters dit? Wat is die nuutste behandeling? Marí Hudson praat met ’n endokrinoloog oor die jongste feite aangaande osteoporose.
Gesondheid 25 November 2020 25.11.2020 25:43
Drie farmaseutiese maatskappye het aangekondig dat Covid-vaksiene op pad is. Hoe werk dié vaksiene? Hoe werk virusvaksiene in die algemeen? Hoe effektief beloof dit om te wees? Kan dit gevaarlik wees? Hoe lank sal dit effektief wees? Marí Hudson gesels met ’n infeksiebeheer-spesialis om meer uit te vind oor die Covid-vaksiene, en of daar ’n lewe ná Covid is of mét Covid.
Gesondheid 18 November 2020 18.11.2020 25:07
Daar is steeds baie verwarring oor Covid-toetse. Wat beteken vals positiewe of vals negatiewe toetse? Beteken dit jy kan Covid hê, maar jy toets negatief, of dat jy gesond is, maar jy toets positief? Kan die toets positief wees vir influenza-virusse? Marí Hudson praat met ’n viroloog om die verwarring op te klaar.
Gesondheid 11 November 2020 11.11.2020 28:55
Die fokus is op diabetes. Eerstens omdat dit op 14 November Wêreld Diabetesdag is. Tweedens omdat die verband tussen diabetes en Covid-sterftes groot is. Derdens omdat die Covid-pandemie groot tekortkominge in diabetessorg blootgelê het. Vierdens omdat die meeste mense met hartsiektes, diabete is. En, vyfdens omdat baie mense nie besef waarom dit lewensbelangrik is om diabetes goed te beheer nie.
Gesondheid 4 November 2020 04.11.2020 27:29
Dit is baie belangrik om ná ’n knie- of heupvervanging die regte dinge op die regte manier te doen om seker te maak dat jou herstel so goed moontlik verloop. Marí Hudson praat met ’n ortopeed oor dié operasies, en veral die nasorg. Hy gee praktiese raad.
Gesondheid 28 Oktober 2020 28.10.2020 27:10
Is ons besig om ‘n tweede Covid-golf te beleef? Wat kan ons aflei uit gebeure in Europa? Styg die sterftesyfer ook? Wat kan Suid-Afrika verder verwag? Is ’n verdere inperking die oplossing, of is dit oordadig? Waarom maan die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) nou teen inperkings? Marí Hudson praat hieroor met ’n data-ontleder.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.