RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ 734 episodes

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geestesgesondheid 6 Desember 2022 06.12.2022

Johan van Lill praat met menseregteprokureur Nadine Blom oor geweld teenoor vroue en kinders, en hoe dit jou geestesgesondheid kan beïnvloed. Hulle kyk na verskillende vorme van geweld en hoe dit subtiel mens se geestesgesondheid kan ondermyn.

Geestesgesondheid 29 November 2022 29.11.2022

Johan van Lill praat met dr. Frank Benade, 'n beradingsielkundige, oor die geestesgesondheidsbehoeftes van mense wat met kanker gediagnoseer is.

Geestesgesondheid 22 November 2022 22.11.2022

Johan van Lill praat met André Vlok, ’n konflikkenner. Ons gaan binnekort die feestyd in, en baie keer sit families en gesinne dan om die tafel. Saam met die lekker kuier en opvang, ontstaan daar ook baie keer konflik. Hoe kan ek hierdie konflik hanteer?

Geestesgesondheid 15 November 2022 15.11.2022

Johan van Lill praat met kliniese pastorale terapeut Theunis Botha oor vergifnis. Is dit moontlik om iemand te vergewe, of leer mens net om saam te leef met wat gebeur het? Wat is die proses om iemand te vergewe? Hoekom is dit vir sekere mense makliker om mense te vergewe as vir ander? Hoe verhoed ek dat ek bitter raak oor alles wat met my gebeur het of wat mense aan my gedoen het?

Geestesgesondheid 8 November 2022 08.11.2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor woede, en die impak daarvan op geestesgesondheid.

Geestesgesondheid 1 November 2022 01.11.2022

Johan van Lill met praat met emeritusprofessor Karin Calitz oor uitbranding. Wat is die oorsake en simptome? Wat is die werkgewer en werknemer se verantwoordelikheid?

Geestesgesondheid 25 Oktober 2022 25.10.2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat borskanker op geestesgesondheid het. Sy vertel van haar pad met borskanker, en gee wenke oor hoe jy en jou geliefdes die pad met kanker kan stap, en watter ondersteuningstelsels jy nodig het om dit te kan hanteer.

Geestesgesondheid 18 Oktober 2022 18.10.2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel oor hoekom Oktober, wat veronderstel is om die mooiste maand te wees, vir soveel mense ‘n moeilike maand is. Wat is ‘n seisonale steurnis, en hoe kan ek hierdie uitdaging oorkom? Baie mense beleef konflik, swaarmoedigheid, uitsigloosheid en moedeloosheid hierdie tyd van die jaar. Is daar ‘n wetenskaplike verklaring hiervoor?

Geestesgesondheid 11 Oktober 2022 11.10.2022

Johan van Lill praat met dr. Louisa Stoker, ‘n familieberader, oor hoekom sommige mense gewilder en meer geliefd is as ander. Waarom hou mense dadelik van iemand, en daardie persoon klim dan soveel makliker die suksesleer as ander? Is dit anders vir introverte as ekstroverte? Wat is daardie x-faktor? Word dit deur jou geestesgesondheid beïnvloed?

Geestesgesondheid 4 Oktober 2022 04.10.2022

Johan van Lill fokus op angs, stres, bekommernis en vrese. Wat is dit? Hoe kan dit gesinne, kinders en volwassenes se geestesgesondheid bedreig. Sy gaste is Elzette opvoedkundige sielkundiges Fritz en Melissa Cawood. Hulle luister ook na musiek wat spesifiek gekomponeer is om te help met die verligting van angs.

Geestesgesondheid 27 September 2022 27.09.2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel oor wat om te doen wanneer dinge jou oorweldig. Wat doen ek as my kop so vol dinge is wat my dag deurmekaar krap?

Geestesgesondheid 20 September 2022 20.09.2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor innerlike krag en wat beteken dit om innerlik sterk te wees.

Geestesgesondheid 13 September 2022 13.09.2022

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n menslike leuenverklikker, oor hoe om agter die waarheid te kom as jy dalk vermoed jou geliefde verkul jou, of as ‘n kollega by die werk nie na wense presteer nie. Hoe weet jy wanneer iemand jok? Hoe moet ons oor leuens dink?

Geestesgesondheid 6 September 2022 06.09.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor waarom iets vir ons mooi is. Hoe kan mens meer waarderend in die lewe wees oor die mooi rondom jou? Watter rol speel kreatiwiteit in jou geestesgesondheid?

Geestesgesondheid 30 Augustus 2022 30.08.2022

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale terapeurt, oor hoe gemaak as tegnologie jou lewe oorneem en begin om jou gesinslewe, vriendekring en geestesgesondheid negatief te beïnvloed.

Geestesgesondheid 23 Augustus 2022 23.08.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat rituele in geestesgesondheid speel. Mense dink baie keer rituele is betekenislose gewoontes. Tog, baie suksesvolle mense het rituele om hulle deur die dag te kry, en mense wat deur diep waters gaan, word ook deur rituele ondersteun. Kan dit jou ook help? Ja, indien jy dit reg verstaan, reg beplan, reg gebruik.

Geestesgesondheid 16 Augustus 2022 16.08.2022

Johan van Lill praat met Adri Klindt van Huis Jabes, ‘n plek van veiligheid vir vroue in Kaapstad, oor vroue wat aan geweld blootgestel is of was, en weer ’n lewe moet herbou of ’n plan moet maak om uit so ’n situasie te kom.

Geestesgesondheid 9 Augustus 2022 09.08.2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor die impak wat kinders op verhoudings het. Hoe verander ouerpare se verhouding wanneer daar ‘n nuwe baba in die huis is, wat ‘n peuter word, later ‘n tiener en ‘n volwassene wat die huis moet verlaat.

Geestesgesondheid 2 Augustus 2022 02.08.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat nostalgie in geestesgesondheid speel, en hoe ons die uitdagings van die lewe kan aangryp in weerwil van angs daaroor. Is jou brein gerat hiervoor?

Geestesgesondheid 26 Julie 2022 26.07.2022

Johan van Lill praat met Lynette Beer, 'n skrywer, pastoor, motiveringspreker en verhoudingspesialis, oor hoe om dit te hanteer wanneer mense vir jou sê: “maar gryp net die dag”, “doen soveel jy kan” of “lewe asof dit vandag jou laaste dag is”. Vir mense wat met geestesgesondheid sukkel, is dit net olie op die vuur. Watter rol speel jou temperament hierin?

Geestesgesondheid 19 Julie 2022 19.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor slim mense. Wat is die eienskappe van slim mense, en kan jy jou jouself slimmer maak? Baie mense dink hulle is slim, gemiddeld of selfs dom. Die waarheid is, dat met die regte tegnieke, kan jy jou potensiaal bereik.

Geestesgesondheid 12 Julie 2022 12.07.2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die maak van besluite. Hoe leer ‘n mens om goeie besluite te neem?

Geestesgesondheid 5 Julie 2022 05.07.2022

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor die lewensreis wat ons met ons sintuie en sintuigelike sitelsels het, en hoe dit ons gemoed en geestesgesondheid kan beïnvloed.

Geestesgesondheid 28 Junie 2022 28.06.2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat jou te doen staan wanneer jy voel dat alles om jou buite beheer is. Jou gesinslewe, werk, beurtkrag en vele ander dinge maak dit vir jou onmoontlik om dinge te organiseer en te laat werk. Hoe gemaak as jy voel jy is buite beheer?

Geestesgesondheid 21 Junie 2022 21.06.2022

Johan van Lill praat oor gesinsverhoudinge met Lezinda Beer, 'n pastorale berader en jeugwerker. Die wêreld het die afgelope paar jaar baie verander, en dit het ‘n geweldige impak gehad op hoe gesinne funksioneer en daarmee saam ook die verhoudinge onderling met mekaar. Die rol wat elkeen in ‘n gesin speel, is nou meer belangrik as ooit.

Listen to the Geestesgesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.