RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Geestesgesondheid 30 Mei 2023 30.05.2023 46:48
Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n menslike leuenverklikker, oor leuens, misleiding en bedrog. Hoe kan jy jouself die beste toerus om dit te hanteer wanneer dit jou lewe voorkom?
Geestesgesondheid 23 Mei 2023 23.05.2023 43:52
Johan van Lill fokus op depressie, en ons luister na ‘n paar TED Talks oor hierdie aspek van geestesgesondheid. Johan verduidelik die konteks van elke praatjie, en hoe dit jou met jou geestesgesondheid kan help.
Geestesgesondheid 16 Mei 2023 16.05.2023 40:34
Johan van Lill praat verder met psigiater dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Soms kom ons op 'n kruispad in die lewe waar ons 'n belangrike besluit moet neem oor ons geestesgesondheid. Hoe maak jy hierdie keuse?
Geestesgesondheid 9 Mei 2023 09.05.2023 43:35
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor geestesgesondheidskwessies by kinders. Hoe kan ouers, versorgers en skole hulle geestesgesondheid ondersteun?
Geestesgesondheid 2 Mei 2023 02.05.2023 42:08
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om ‘n gewoonte te maak daarvan om gelukkig te wees. Watter rol speel groei, leer en selfontwikkeling in lewensgeluk?
Geestesgesondheid 25 April 2023 25.04.2023 37:27
Johan van Lill praat met beradingsielkundige dr. Frank Benadé oor die impak wat geestesgesondheidsuitdagings op verhoudings het. Hoe kan mense in ‘n verhouding saamwerk om 'n veilige en gemaklike omgewing vir beide individue te skep?
Geestesgesondheid 18 April 2023 18.04.2023 43:20
Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor geluk in moeilike tye. Kan swaarkry jou lewensgeluk van jou wegneem? Hoe kan ek steeds gelukkig wees al gaan dinge swaar?
Geestesgesondheid 11 April 2023 11.04.2023 43:57
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op beskermingsmeganismes, en hoe om dit te hanteer as dit ‘n probleem word.
Geestesgesondheid 4 April 2023 04.04.2023 42:20
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor selfbeeld, en hoe dit jou verhoudings en optrede beïnvloed.
Geestesgesondheid 28 Maart 2023 28.03.2023 45:39
Johan van Lill praat met maatskaplike werker Jaques Botes oor trauma. Wat is trauma, en hoe kan mens dit die beste hanteer vir jou langtermyn geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 21 Maart 2023 21.03.2023 43:18
Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat lewensafrigting is, en watter verskil dit in jou lewe en geestesgesondheid kan. Wat is die verskil tussen lewensafrigting en terapie?
Geestesgesondheid 14 Maart 2023 14.03.2023 46:24
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, bekende inspirasie-spreker en skrywer, oor goeie kommunikasie in verhoudings. Hoekom verstaan ons mekaar so dikwels verkeerd? Watter rol speel effektief-luister in verhoudings?
Geestesgesondheid 7 Maart 2023 07.03.2023 41:34
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Hoe leer jy om jouself te beskerm om nie weer seer te kry nie?
Geestesgesondheid 28 Februarie 2023 28.02.2023 41:32
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor wat om te doen as jy en jou kinders glad nie van mekaar hou of oor die weg kom nie. Wat maak ‘n mens as jou lewensmaat nie ‘n goeie verhouding met die kinders het nie, en jy het? Wat is die impak van problematiese ouer en volwasse kindverhoudings op gesinne en families?
Geestesgesondheid 21 Februarie 2023 21.02.2023 42:50
Johan van Lill praat met Susan Swanepoel, ‘n fasiliteitsbestuurder by ‘n versorgingsoord vir demensie- en Alzheimerpasiënte, oor die uitdagings vir die pasiënt en die familie wat saam met hierdie siekte leef. Watter rol kan ‘n versorgingsoord speel as jy dit kan bekostig in die versorging van ‘n geliefde met Alzheimers.
Geestesgesondheid 14 Februarie 2023 14.02.2023 40:33
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg oor hoe mans se geestesgesondheid deur verwonding, vernedering en oneer beïnvloed word.
Geestesgesondheid 7 Februarie 2023 07.02.2023 45:12
Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor neurodiversiteit in die werkplek. Wat is die uitdagings? Hoe kan neurodiversiteit bevorder word? Wat kan werknemers en werkgewers doen om die werkplek vir almal meer toeganklik en gemaklik te maak?
Geestesgesondheid 31 Januarie 2023 31.01.2023 49:27
Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die uitdagings van Alzheimers vir die pasiënt, en veral die familie. Wat is die moeilike besluite wat deur die loop van die siekte geneem moet word, en wie kan jou op die pad bystaan?
Geestesgesondheid 24 Januarie 2023 24.01.2023 44:14
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, ‘n psigiater, oor hoe ‘n man se psige ‘n pad kan vind na geestesgesondheid, veral wanneer die manier waarop jy elke dag oorleef het, later in jou lewe nie meer werk werk nie, maar ‘n las word.
Geestesgesondheid 17 Januarie 2023 17.01.2023 43:30
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor selfdood onder tieners en jong mense. Is daar hoegenaamd tekens dat jou tiener dit oorweeg? Hoe hanteer ‘n mens ‘n selfdoodpoging in jou gesin?
Geestesgesondheid 10 Januarie 2023 10.01.2023 41:49
Johan van Lill vertel van ’n paar TED Talk-praatjies wat jou kan inlig, inspireer en jou lewe verryk. Die praatjies fokus daarop om jou met geestesgesondheidsuitdagings te help, en is boonop gratis. Die temas sluit in hoe om jou kwesbaarheid in die lewe tot jou voordeel te gebruik, om nie in stilte te ly as jy geestesgesondheidsuitdagings het nie, wat om te doen as jy gestres is, en hoe om slegte...
Geestesgesondheid 3 Januarie 2023 03.01.2023 41:03
Johan van Lill praat met met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Wat is die uitdagings wat spesifiek mans se geestesgesondheid raak, en watter hulp is daar?
Geestesgesondheid 27 Desember 2022 27.12.2022 44:04
Johan van Lill gesels met twee kenners oor tieneruitdagings. In die eerste gedeelte word daar gefokus op moeilike tieners en hulle gedragsuitdagings. Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale berader, gee raad. In die tweede gedeelte gesels Lynette Beer oor tieners se temperamente en hoe kennis hiervan jou kan help om jou tiener beter te verstaan.
Geestesgesondheid 20 Desember 2022 20.12.2022 47:10
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor vriendskappe. Hierdie tyd van die jaar is soveel mense alleen en baie bewus van hulle eensaamheid. Watter rol speel vriendskappe as dit by eensaamheid kom?
Geestesgesondheid 13 Desember 2022 13.12.2022 41:45
Johan van Lill praat met Anina Koekemoer, ‘n loopbaanbreier, oor die impak wat werksgeluk en werksbevrediging op jou geestesgesondheid het. Hoe gemaak as ek nie meer gelukkig is met my werk of beroep nie, en as ek voel dit bring nie die beste in my uit nie?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.