RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Geestesgesondheid 15 Maart 2022 15.03.2022 48:42
Fisioterapeut Laurel Doman praat oor die verskillende soorte stres en trauma. Sy gee ook raad oor hoe jy jouself kan help as jy nie die vermoë het om by ‘n sielkundige uit te kom nie.
Geestesgesondheid 8 Maart 2022 08.03.2022 39:35
Opvoedkundige sielkundige dr. Ilse Karsten verduidelik wat emosionele intelligensie is, en hoe om dit te reguleer.
Geestesgesondheid 1 Maart 2022 01.03.2022 45:07
Wil jou kind nie eet wat jy vir hom of haar gee nie? Eet jou kind dalk te veel? Sit julle as gesin om die tafel, of eet elkeen waar hulle wil, wanneer hulle wil? Dieëtkundige Maya Naumann verduidelik wat die ouer se verantwoordelikheid is met voeding kom, en wat die kind se verantwoordelikheid is.
Geestesgesondheid 22 Februarie 2022 22.02.2022 47:13
Christelle Webb-Joubert praat met dieëtkundige Maya Naumann oor hoe gesonde eetgewoontes baie verder strek as net die liggaam. Mense wat emosioneel gesond is, eet ook gesonder, want dieselfde eienskappe wat jy nodig het om na jou geestesgesondheid om te sien, gebruik jy om gesond te eet.
Geestesgesondheid 15 Februarie 2022 15.02.2022 45:23
Sielkundige dr. Johan Ferreira beantwoord luisteraarsvrae oor 'n verskeidenheid geestesgesondheidskwessies.
Geestesgesondheid 8 Februarie 2022 08.02.2022 38:58
Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor selfhipnose.
Geestesgesondheid 1 Februarie 2022 01.02.2022 48:08
Christelle Webb-Joubert praat met lewensafrigter en hipnoterapeut Zuleka Jasper oor hipnose.
Geestesgesondheid 25 Januarie 2022 25.01.2022 43:05
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor die verskillende soorte sielkundiges, en die verskil tussen ‘n psigiater, sielkundige en berader.
Geestesgesondheid 18 Januarie 2022 18.01.2022 39:38
Christelle Webb-Joubert praat met fisioterapeut Laurel Doman oor hoe jou storie, of die emosionele gebeure in jou lewe, ‘n fisiologiese invloed op jou liggaam het.
Geestesgesondheid 11 Januarie 2022 11.01.2022 44:13
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor nuwejaarsvoornemens. Waarom gebeur dit so dikwels dat mens nie die voornemens nakom nie?
Geestesgesondheid 4 Januarie 2022 04.01.2022 46:39
Christelle Webb-Joubert praat met kunstenaar en aktivis Carin Bester oor geslagsgeweld en haar veldtog, She had a name 365.
Geestesgesondheid 28 Desember 2021 28.12.2021 48:14
Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut Fanie Kriel oor identiteit. Hoekom is dit belangrik om te weet wie jy is?
Geestesgesondheid 21 Desember 2021 21.12.2021 42:53
Christelle Webb-Joubert praat met traumatoloog dr. Tessa van Wijk oor aanhoudende trauma, en hoe om ander te help as jyself nie meer kan nie.
Geestesgesondheid 14 Desember 2021 14.12.2021 42:59
Christelle Webb-Joubert se gas is die psigometris Martie du Plooy. Sy het ‘n studie gedoen onder mense met ‘n amputasie om te bepaal of hulle breinprofiel ‘n invloed het op die manier hoe hulle die verlies hanteer.
Geestesgesondheid 7 Desember 2021 07.12.2021 46:04
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor die fantasie en werklikheid van swangerskap, geboorte en die eerste paar maande by die huis.
Geestesgesondheid 30 November 2021 30.11.2021 41:13
Christelle Webb-Joubert praat met voorligtingsielkundige dr. Hannetjie van Zyl-Edeling oor hoe om positief ouer te word, en jouself voor te berei vir aftrede en al die veranderinge wat volg.
Geestesgesondheid 23 November 2021 23.11.2021 42:50
Christelle Webb-Joubert praat met opvoedkundige sielkundige dr. Ilse Karsten oor dissipline.
Geestesgesondheid 16 November 2021 16.11.2021 45:19
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor na-geboorte depressie.
Geestesgesondheid 9 November 2021 09.11.2021 47:22
Christelle Webb-Joubert praat met pastorale terapeut Fanie Kriel oor vergifnis.
Geestesgesondheid 2 November 2021 02.11.2021 46:33
Christelle Webb-Joubert se gas is die aktrise Marion Holm. Sy deel haar pad, en hoe sy haar uitdagings hanteer.
Geestesgesondheid 26 Oktober 2021 26.10.2021 49:47
Christelle Webb-Joubert se gas is die pastorale terapeut Fanie Kriel. Hy gee praktiese raad oor wat jy kan doen as jy nie by ‘n sielkundige of terapeut kan uitkom nie.
Geestesgesondheid 19 Oktober 2021 19.10.2021 49:08
Christelle Webb-Joubert praat met dr. Johan Ferreira, sielkundige van Johannesburg, oor die verskillende soorte depressie.
Geestesgesondheid 12 Oktober 2021 12.10.2021 49:21
Christelle Webb-Joubert praat met kognitiewe gedragsterapeut Jan-Daniël Uys oor slaaploosheid.
Geestesgesondheid 5 Oktober 2021 05.10.2021 43:55
Christelle Webb-Joubert se gas is Marizanne Knoesen. Sy praat oor ‘n gids wat sy geskryf het oor hoe om jou ouers se egskeiding te hanteer as volwasse kind.
Geestesgesondheid 28 September 2021 28.09.2021 48:33
Sielkundige dr. Johan Ferreira beantwoord verskeie luisteraarsvrae oor geestesgesondheid.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.