RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Aanlyn hulpbron van flora in die wêreld 30.08.2023 7:57
E-Flora Suid-Afrika is ‘n projek wat in 2013 begin is met die doel om ‘n aanlyn hulpmiddel te skep. Dis ’n uitvloeisel van die World Flora Online Plant List, wat toegangklik is vir professionele plantkundiges én Jan en San publiek. Jacqui January gesels hieroor met dr. Marianne Le Roux van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. Sy is al vir langer as ‘n dekade besig om die ryk div...
Roy se passie vir Eurovision 30.08.2023 11:39
Roy van der Merwe vertel vir Martelize Brink van sy betrokkenheid by die Eurovision-liedjiekompetisie oor baie jare, en sy herinneringe van die sterre agter die verhoog.
Streek in China betaal jou om te trou 30.08.2023 1:54
In ‘n poging om die geboortesyfer ’n hupstoot te gee, het ‘n streek in China besluit om 1 000 joean aan paartjies te gee wat trou, mits die bruid 25 of jonger is.
Samewerking tussen dissiplines in bouproses 29.08.2023 11:14
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe al die verskillende dissiplines saamwerk in die bouproses.
Al die feeste op een plek 29.08.2023 6:14
Noël Schreuder vertel vir Martelize Brink van feeste.net waar feeste gratis geadverteer kan word, en jy kan sien wat in jou omgewing aan die gang is.
Kaalgat tussen die sonneblomme 29.08.2023 1:54
‘n Plaas in Engeland het kennisgewings opgesit om mense te waarsku dat naaktheid in die publiek nie aanvaarbaar is nie, want mense neem naakfoto’s tussen die sonneblomme.
Aasvoël-bewusmaking 28.08.2023 13:40
Vita Wilkens vertel vir Martelize Brink van die uitdagings van aasvoëls, Vulpro se werk en aasvoël-bewusmakingsdag.
Niel se kunsversameling 28.08.2023 10:56
Haidee Muller-Isaacs gesels met dr. Niel le Roux oor sy indrukwekkende kunsversameling, wat oor jare opgebou is.
Standbeeld vir Klara Majola 28.08.2023 12:36
Bertdene Laubscher en Pieter de Villiers gesels oor die beeld van Klara Majola, wat Pieter in opdrag van die Togrygersmuseum op Ceres geskep het.
Franse spandeer miljarde op oorskot wyn 28.08.2023 2:41
Frankryk het aangekondig dat R4-miljard gebruik gaan word om oorskot wyn te vernietig, om wynpryse en sukkelende wynprodusente te ondersteun.
Clanwilliam se veldblomskou begin 25.08.2023 12:32
Daleen Schoembee vertel vir Martelize Brink van die 62e Clanwilliam Veldblomskou, en wat vanjaar daar te sien is.
Watter kaas is gesonder? 25.08.2023 10:15
Dieetkundige Mariza van Zyl verduidelik watter soort kaas gesonder is.
Atlantis se hoed-antie 25.08.2023 10:54
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by hoedemaker Georgina Goodall. Sy glo dis ’n roeping, en het altyd as kind haar ouma se handsakke, en veral haar hoede bewonder.
Olifant snuffel opium uit 25.08.2023 1:10
‘n Wilde olifant in Sjina is deur die polisie by ‘n dorp verjaag, maar in die proses het die olifant ‘n rugsak met 2,8 kg opium raak geruik.
Anna Stofberg droom op Philadelphia 24.08.2023 12:26
Anna Stofberg vertel vir Martelize Brink van die groot bederf op ‘n klein dorpie. Sy kom van ‘n plaas om die draai, en is nou hoofsjef by Droom op Philadelphia.
Kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg - Deel 1 24.08.2023 10:02
Amanda Lotheringen praat oor kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg, en die rol wat dit in die Hollywoodstaking speel.
Weeg nou, vlieg later 24.08.2023 1:12
As jy binnekort met Korean Air vlieg, sal jy jou bagasie én jouself moet weeg. Dit gaan vir ‘n week lank by een lughawe gebeur, en weer vir ‘n week by ‘n ander lughawe.
Ivan Botha se eerste riller 23.08.2023 15:51
Ivan Botha vertel vir Martelize Brink van sy eerste riller, en die geleenthede wat die Silwerskermfees bied.
Bokmelkkaas uit Zululand 23.08.2023 7:04
Het jy geweet bokmelk bevat meer proteïene en minerale as koeimelk? Een van Suid-Afrika se top bokrasse is die Saanen. Jacqui January gesels met Nicky Janse van Vuuren, ‘n boer en bokmelkkaasmaker van KwaZulu-Natal. Hulle is die enigste in hulle omgewing wat bokmelkkaas maak.
Besoedelde Seine is kopseer vir Parys Olimpiese Spele 23.08.2023 6:18
Herman van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van die besoedelingsuitdagings in die Seinerivier in Parys, waar van die Olimpiese oopwaterswem- en driekampitems aanstaande jaar gehou moet word.
'n Salmfees sonder salm? 23.08.2023 1:30
In die VSA word ‘n salmfees gehou. Vanjaar sal daar egter geen salm bedien word nie, want die vis in die rivier is te min.
Hoe werk dit ondergronds by myne? 22.08.2023 9:12
Willem Olivier vertel vir Martelize Brink van die ondergrondse werk by die myne.
Diana Ferrus-huldigingsgeleentheid 22.08.2023 7:57
Johan Rademan vertel vir Martelize Brink waarna jy kan uitsien in die regstreekse huldigingsgeleentheid ter viering van Diana Ferrus se 70e verjaarsdag.
Nicela Naude sprankel in weerwil van uitdagings 22.08.2023 10:34
Haidee Muller-Isaacs het voorheen by die pragtige Nicela Naude gaan kuier toe sy vier jaar oud was. Nicela ly aan 'n baie seldsame siekte, wat die een kant van haar lyfie affekteer en misvorm. In weerwil van nege operasies en vele mediese prosedures, is sy deesdae 'n sprankelende, positiewe en baie intelligente meisie van nege jaar oud. Sy weet presies wat sy uit die lewe wil hê, en sal dit sonder...
Miljoene vir 'n uitgebrande Ferrari betaal! 22.08.2023 2:09
‘n Uitgebrande dop van ‘n 1954 Ferrari is vir $2-miljoen verkoop!
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.