RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jacolien en die tentpegging-wêreldbeker 21.08.2023 10:32
Jacolien Brits praat oor haar deelname aan die Tentpegging Wêreldbeker, wat vandeesweek op George plaasvind. Dié Protearuiter was deel van die span wat in 2018 die Vroue Wêreldbeker gewen het.
Zenobia Klopper se ma en haar kortfilms 21.08.2023 8:53
Zenobia Kloppers het met haar eerste kortfilm, Rieldans, in Frankryk pryse losgeslaan. Haar tweede kortfilm, Helmhart, verskyn vandeesweek op die silwerskerm. Johan Rademan het met Zenobia gesels oor haar ma se invloed in beide films.
Creation in die Hemel-en-Aardevallei 21.08.2023 13:06
Dr. Winifred Bowman en Carolyn Martin vertel vir Martelize Brink van Creation in die Hemel-en-Aardevallei, wat aangewys is as die vierde beste wynplaas ter wêreld om te besoek.
Word betaal om te slaap 21.08.2023 2:04
Slaapstromers verdien tot $15 000 per sessie sodat mense aanlyn kan kyk hoe hulle slaap.
Net 10 oor van krities bedreigde Vaquita-tornyn 18.08.2023 8:33
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die Vaquita-tornyne wat op die rand van uitwissing is, en wat gedoen word om die wêreld se kleinste tornyn te red. Daar is slegs 10 oor in die natuur.
Watter soort dak is die beste? 18.08.2023 7:10
Gawie Viljoen vertel vir Martelize Brink van die verskillende soorte dakke en dakbedekkings.
'n Orrel uit Urk 18.08.2023 9:58
Drie skepe het vergaan, maar ‘n orrel van ‘n Urkse-vissersfamilie uit Nederland, het in Suid-Afrika bly staan nadat dit ook amper vergaan het. Die orrel is nou in die Gereformeerde kerk in Hermanus. Johan Rademan die storie in Amsterdam by die Van der Breggens uitgevis.
Barbie Botox 18.08.2023 2:02
TikTok is gaande oor Barbie Botox. Botox word in die spiere gespuit wat jou kop moet ophou. Dit laat die skouers kleiner en fyner lyk, en die nek langer en slanker vertoon.
Regte vrylopende hoenders 17.08.2023 12:37
Suzanne Smit vertel vir Martelize Brink hoe sy haar hoenderboerdery begin het. Deesdae kan jy haar regte vrylopende hoenderprodukte kry by haar winkel, The Country Chic.
Kelvin se Breederivier 17.08.2023 8:43
By die River Goose-kampeerplek langs die Breederivier in Bonnievale, vertel Kelvin Phillips vir Haidee Muller-Isaacs van die oorstromings wat daar was, en die kwynende voëlspesies. Sy bekende rivierbootjie waarmee hy gereeld op die rivier vaar en mense van die omgewing en die voëlspesies vertel, het darem nie skade gely nie, maar die trappe wat na die bootjie lei, het in die slag gebly. Haidee kon...
Die belangrikheid van primêre tandesorg 17.08.2023 13:03
Mondhigiënis Karin Viljoen praat oor primêre tandesorg, wat reeds voor geboorte begin.
Juriediens met vier woelige kinders 17.08.2023 2:01
‘n Vrou in Amerika het vir juriediens opgedaag met ‘n kleuterdogter en ‘n 18 maande oue drieling. Sy is eers twee en ‘n half uur later verskoon van juriediens.
Izelle Venter se mediawêreld 16.08.2023 14:05
Izelle Venter vertel vir Martelize Brink van haar belewenis van die mediawêreld - van haar tydskrifdae as hoofredakteur van Huisgenoot tot die stigting van die Via-kanaal op DSTV.
Blikkies vol stories 16.08.2023 9:27
Jacqui January gesels met twee susters wat glad nie skaam is om te sê dat hulle trots op hulle Noord-Kaapse afkoms is nie. Hulle vertel van hulle reise en die stories van plattelandse vroue wat in hulle boeke opgeteken is.
Dronk toeriste slaap in Eiffeltoring 16.08.2023 1:45
Twee dronk Amerikaanse toeriste het in die Eiffeltoring geslaap, en moes deur ’n spesialis-brandweereenheid gered word.
Mynbou in Noordwes 15.08.2023 11:51
Willem Olivier vertel vir Martelize Brink van sy mynbouervaring in Noordwes.
Langenhoven se spreuke 15.08.2023 9:10
Dr. Willem Botha praat oor CJ Langenhoven se spreuke, en deel ‘n paar van die wyshede.
Ouma Hanna se boerseep 15.08.2023 9:54
Haidee Muller-Isaacs kuier by Alida Taljaard se tuisfabriek waar sy haar ma, Hanna, se boerseep-nalatenskap voortsit.
Persoonlike tweedehandse-klerekopers 15.08.2023 2:27
In Amerika is daar digitale persoonlike aankopers wat namens hulle kliënte tweedehandse klere gaan soek.
Bobbejane se rol in fynbosverspreiding 14.08.2023 5:42
Fanus Ferreira praat oor bobbejane se rol in die verspreiding van fynbos.
Kleinboere se uitdagings 14.08.2023 9:58
Johan Rademan het met die voormalige adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder, tydens ‘n besoek aan Friesland in Nederland gepraat oor kleinboere se uitdagings in Europa en Suid-Afrika.
Veiligheidstelsels in voertuie 14.08.2023 9:24
Motorjoernalis Marnus Hattingh praat oor die veiligheidstelsels in voertuie. Van die tegnologie is al baie jare oud.
47 Luislange op 'n vliegtuig! 14.08.2023 1:57
‘n Man is in Indië op die lughawe betrap met 47 luislange en twee akkedisse in ‘n sak. Die sak het vreemd beweeg, en toe is die smokkeldiere ontdek.
Van Picasso en Rembrandt tot toeganklike kuns 11.08.2023 11:44
Jeanne Hugo van der Merwe vertel vir Martelize Brink dat sy oorsee Picasso en Rembrandt se werke verkoop het, maar nou wil sy kuns toeganklik maak in Kaapstad se noordelike voorstede.
Om te koop of te huur? 11.08.2023 5:11
Wat is beter? Moet jy huis koop of huur?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.