RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Verbod bring hoop vir Baaise pikkewyne 11.08.2023

Met minister Barbara Creecy se aankondiging van die visvangverbod rondom die eilande waarop die Afrika-pikkewyne voorkom, het die hoop weer begin opvlam dat Algoabaai se kritiek bedreigde pikkewyne tog sal oorleef. Maar daar is nog ander struikelblokke wat oorkom moet word, het Ronelle Friend, ‘n Baaise omgewingswetenskaplike, aan Mariska Spoormaker gesê.

Werkers kry dag af om te fliek 11.08.2023

‘n Filmikoon in Indië se jongste rolprent het daarvoor gesorg dat ondernemings hulle werknemers ’n dag af gegee het om dit te gaan kyk. Sommige maatskappy het ook fliekkaartjies vir hulle werkers gekoop.

Herman is 23e in wêreld om Ocean 7-swemuitdaging te voltooi 10.08.2023

Herman van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van sy ervaring met die Ocean 7-swemuitdaging. Hy is die 23e persoon in die wêreld om die Engelse kanaal, Noordseekanaal, Catalinakanaal , Tsugarustraat, Straat van Gibraltar, Molokaikanaal en Cookstraat te swem.

UWK se Kaapse Vlakte Natuurreservaat 10.08.2023

Die Kaapse Vlakte Natuurreservaat is ‘n bewaringsinisiatief van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die reservaat van 34 hektaar beslaan sowat ’n kwart van die kampus. Dis ‘n besondere en bedreigde biodiversiteitsgebied, wat unieke kus- en sandfynbosspesies huisves. Jacqui January gesels met die sterk span vroue wat die leiding daar gee. Minnelise Levandal is die bestuurder, en sy vertel hoe die re...

Kunsmatige intelligensie in die kombuis 10.08.2023

Zach Prins vertel vir Martelize Brink hoe kunsmatige inteligensie in die kombuis ingespan kan word. Hy is die programmeerder van MyFoodieBot wat jou kosmaakvrae op WhatsApp beantwoord.

Burgemeester se groot vangs 10.08.2023

‘n Amerikaanse burgemeester, wat voorheen ‘n polisiehoof was met drie dekades in die diens, het gaan visvang en 31,7 kg kokaïen uit die water gehaal.

Seil is in haar bloed 09.08.2023

Kirsten Neuschäfer vertel vir Martelize Brink van haar ervaring tydens die Golden Globe-soloseiljagvaart om die wêreld. Sy is die eerste vrou wat dié wedvaart gewen het.

Instituut van Kaapse Wynmeesters word 40 09.08.2023

Kaapse wynmeester Bennie Howard en wyn- en leefstylskrywer dr. Winifred Bowman vertel vir Martelize Brink van die Instituut van Kaapse Wynmeesters wat vanjaar 40 jaar oud word.

Ds. Farren Cloete se pienk kerk en hakskoene 09.08.2023

Ds. Farren Cloete, leraar van die VGK op Lambertsbaai, is op 28 die eerste vroueleraar van die gemeente, en ook een van die jongstes. Sy gesels oor haar ongewone manier van preek, haar reuse hakskoenversameling en hoekom haar pienk kerk op Lambertsbaai wawyd oopstaan vir al wat leef en beef.

Vrou deur slang én valk aangeval 09.08.2023

Peggy Jones van Texas was besig om gras te sny, toe ‘n slang op haar arm val, om dit krul en haar begin pik. Die volgende oomblik probeer ‘n valk om sy prooi terug te kry! Die valk is op die ou end weg met die slang, en Peggy is hospitaal toe.

Projekte en bouwerke in Noordwes 08.08.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van die projekte en bouwerke in Noordwes, soos Sun City en die Lost City, die Mooirivier Mall wat bo-oor die Mooirivier gebou is, en die Royal Bafokeng-sportstadion.

Bonita maak 'n verskil 08.08.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met Bonita Wood, 'n gemeenskapswerker in Mitchells Plain. Sy is eintlik gebore in die Baai, vertel sy, maar dis op die Kaapse Vlakte waar sy nou help om 'n verskil te maak.

ASEM gee Afrikaanse voorgeskrewe werk lewe 08.08.2023

Elias P. Nel vertel vir Martelize Brink van ASEM, Afrikaanse Skrywers en Mentors, se uitreik na skole in die Hantamstreek van die Noord-Kaap. Thomas Arendse en skolier Ryan Persens van Hoërskool Brandvlei gesels oor hulle ervaring met ASEM.

R257 000 om soos ’n skaaphond te lyk! 08.08.2023

Toko-san het 2 miljoen yen, sowat R257 000, spandeer op ‘n skaaphondkostuum waarmee hy op straat verskyn.

Die verskuiwing van jagluiperds 07.08.2023

Spesialis wildveearts dr. Jacques O'Dell praat oor die verspreiding en verskuiwing van jagluiperds.

Gelvandale se moeder van vele 07.08.2023

Moet nooit ‘n koshuiskind net op sy baadjie takseer nie, en let op na sy spesiale behoeftes. Dit is die raad wat Twanette Abrahams gekry het toe sy as assistentmatrone van Gelvandale Hoër se koshuis aangewys is. Dis nou 12 jaar later, en sy voel steeds soos ‘n broeis hen oor die 112 kinders onder haar sorg, het sy vir Mariska Spoormaker gesê.

Gratis borsondersoeke op die platteland 07.08.2023

Cecil Munch vertel hoe die organisasie, I love Boobies, sport gebruik om vroue in plattelandse gebiede gratis toegang tot borsondersoeke en mammogramme te gee.

Voortvlugtige se viering beland hom in tronk 07.08.2023

Voortvlugtigte Italianer Vincenzo La Porta is deur die polisie in foto’s raakgesien waar hy sy sokkerspan se oorwinning gevier het. Hy is ná elf jaar se soek op ‘n Griekse eiland aangekeer.

Die Shackleton-ongeluk van 60 jaar gelede 04.08.2023

John Wilson vertel vir Martelize Brink van die Shackleton 1718 van 35 Eskader wat 60 jaar gelede op 8 Augustus 1963 in Stettynkloof naby Worcester neergestort het.

Die gerieflikste sitplek op 'n vliegtuig 04.08.2023

Cobus Toerien vertel vir Martelize Brink waar die gerieflikste plek is om op 'n vliegtuig te sit.

Seline Kasner se uitreike in Thailand 04.08.2023

Haidee Muller-Isaacs kuier by Seline Kasner op Joostenberg Vlakte. Hulle gesels oor haar besoeke aan gevangenes in Thailand, die uitreike waarby sy betrokke is, die volmaanpartytjies en haar hospitaalbesoeke.

Wêreld se oudste liggaamsbouer 04.08.2023

Jim Arrington is op 90 die wêreld se oudste liggaamsbouer. Hy neem deel in die oor 70 en oor 80 kategorieë, maar hoop dat daar ‘n bo 90 kategorie by liggaamsboukompetisies geskep sal word.

Brigitte se avonture 03.08.2023

Brigitte Joubert vertel van die uitdagings wat jy in ‘n avontuurwedren kan verwag. Sy neem in Oktober deel aan die Avontuurwedren Wêreldkampioenskap op Kouga in die Oos-Kaap.

Pierneef se Johannesburgstasie-panele 03.08.2023

Pierneef se Johannesburgstasie-panele is in veilige toesighouding in die Rupertmuseum in Stellenbosch. Johan Rademan het met kurator Eliz-Mari Schoonbee hieroor gesels. Hy hoor ook van Irma Stern se Zanzibar-periode.

Inheemse kennis in die wetenskap 03.08.2023

Prof. Josef de Beer en Chad Frans vertel vir Martelize Brink hoe inheemse kennis die wetenskapkurrikulum meer toeganklik kan maak vir kultureel diverse kinders.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.