RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Stadige atleet, geskorste administrateur 03.08.2023

‘n Video van ‘n baie stadige atleet by ‘n internasionale byeenkoms het daartoe gelei dat die voorsitter van Somalië se Atletiekfederasie geskors is.

Melanie du Bois – sakevrou en aktrise 02.08.2023

Melanie du Bois gesels met Martelize Brink oor haar lewe as sakevrou, haar persoonlike uitdagings en haar dae as Felicity in 7de Laan.

Kyk jou kind pornografie op die internet? 02.08.2023

Kyk jou kind pornografie op die internet? 'n Ongeskikte vraag, maar dalk is dit 'n meer relevante vraag as wat 'n mens dink, want op navorsingsvlak is daar groot kommer oor die toenemende aantal kinders wat verslaaf is aan pornografie op die internet. Mariska Spoormaker praat hieroor met professor Darelle van Greunen, direkteur van die Sentrum vir Gemeenskapstegnologie by die Nelson Mandela Univer...

Dokumentêr oor leeuvergiftiging 02.08.2023

Joernalis Pieter Steyn vertel vir Martelize Brink van Besmet, ‘n dokumentêre rolprent oor leeuvergiftiging. Dit debuteer later vandeesmaand by die Silwerskermfees.

Bier gebrou met gryswater 02.08.2023

’n Luukse woonstelgebou in Amerika het ’n waterskoonmaakstelsel waar die stortwater, wasmasjienwater en skottelgoedwater herwin word, en dan gebruik word om bier te brou.

Potch se historiese geboue 01.08.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Potchefstroom se historiese geboue en die uitdaging met kleigrond.

Mienke Ehlers, stilis en aktrise 01.08.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met stilis en aktrise Mienke Ehlers oor stylwenke, nuwe geleenthede en drome wat waar word. Mienke is stadig maar seker besig om haar goed in die TV-bedryf in die wurm - voor én agter die skerms.

Visvang en mariene beskermde gebiede 01.08.2023

Pierre de Villiers praat oor visvang en mariene beskermde gebiede. Hy vertel hoe vangste om die gebiede gemonitor word om te sien watter impak bewaring het.

Skotland se boomdrukkampioen 01.08.2023

Martina Sanchez-Wilson is gekroon as Skotland se boomdrukkampioen. Die kompetisie se drie katogorieë is spoeddrukkies, toewyding en vryslag.

Rehabilitasie van wilde diere by Zanchieta 31.07.2023

Miekie Wiese-van Tonder vertel vir Martelize Brink van die rehabilitasie van wilde diere by Zanchieta naby Bloemfontein. Sy vertel onder andere van Elsa die leeu wat vir ‘n nekoperasie by ‘n mensehospitaal was.

Doodservaring bring Michelle by Ysterman 31.07.2023

Was dit nie vir haar doodservaring in 2007 nie, sou die Baaise sportvrou, Michelle Enslin, nooit aan enige Ysterman-kompetisies deelgeneem het nie. In 2018 is sy twee keer as vrouewêreldkampioen in haar ouderdomsklas bekroon - onderskeidelik in die 70,3 Ysterman-kompetisie in Gqeberha en daarna die vol Ysterman-kompetisie in Hawaii. Michelle gaan in Oktober Hawaii toe om weer aan die vrouewêreldys...

Nathan Tantraal se skryfwerk en misdaad 31.07.2023

Nathan Trantraal vertel hoe sy skryfwerk omgaan met misdaad op die Kaapse Vlakte.

Onskuldige man moet rekening vir 17 jaar in tronk betaal! 31.07.2023

‘n Britse man, Andrew Malkinson, wat 17 jaar onskuldig in die tronk was, moet volgens wet vir sy lewenskostes in die tronk te betaal.

Barbiepoppe vir versamelaars 28.07.2023

Vicky Grobler vertel vir Martelize Brink hoe sy skaars Barbiepoppe vir versamelaars invoer.

Van die San en Griekwas tot Laurens van der Post 28.07.2023

Jacqui January het gaan tee drink by Lina Kapp op die Vrystaatse platteland. Lina vertel van haar skuif na die rustigheid van Philippolis, en van inwoners uit die verlede - die San-mense, die Griekwas en sir Laurens van der Post. Die dorp is vandag 'n reënbooggemeenskap met ruimte vir 'n Van der Post-tuin en Karookunstenaars.

Mensvel as kunswerk 28.07.2023

Katie Taylor het haar eie oorskot vel gelooi tot leer, en gaan dit uitstal as kunswerk om deel te vorm van haar doktorsgraad in beeldende kunste.

Sinead O' Connor 1966 - 2023 27.07.2023

Joernalis en musiekkenner Danie Marais vertel vir Martelize Brink van Sinead O' Connor se lewe vol hartseer, en haar rebelse houding teen die verwagtinge van die musiekbedryf.

Vistarus - Plek van omkeer, plek van hoop 27.07.2023

Die Baai se binnestedelike sendingstasie, Vistarus wat met groot welslae verstotenes, verslaafdes en weerloses op ’n nuwe lewenspad help kom,vier sy 25e bestaansjaar. Dit is 'n besonderse mylpaal, want die meer as 200 siele in Vistarus word sonder enige staatsubsidie gehuisves, gevoed, gerehabiliteer en lewensvaardighede aangeleer. Mariska Spoormaker het gaan kuier, en met die intrapslag Zettie Ma...

Die vader van die atoombom 27.07.2023

Lydia von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink van Julius Robert Oppenheimer, die vader van die atoombom, op wie se lewe die film, Oppenheimer, geskoei is.

'n Vakansie in die Maldives word tronksake 27.07.2023

‘n Lid van Oekraïne se parlement is in die Maldives opgemerk terwyl amptenare nié die land mag verlaat nie. Die voorval word ondersoek, en indien hy skuldig bevind word, kan hy drie jaar tronkstraf kry.

Chanette se vyftigste boek! 26.07.2023

Chanette Paul gesels oor haar loopbaan as skrywer, en haar aanslag tot skryf. Haar 50e boek sien vanjaar die lig.

Millie gaan Malawi toe 26.07.2023

Milly Saunders was jare lank tot haar aftrede, die teedame by 'n groot vissersmaatskappy. Vandag is sy huiswerker om die pot aan die kook te hou. Sy het ’n reuse hart vir haar gemeenskap, en vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy en 'n vriendin op eie stoom na Malawi is om daar te gaan hand bysit.

#againstperiodpoverty 26.07.2023

Lindsay Adams vertel vir Martelize Brink van miljoene Suid-Afrikaanse meisies se uitdaging om skool by te woon weens ‘n tekort aan sanitêre produkte.  #AGAINSTPERIODPOVERTY versprei sanitêre produkte in behoeftige skole.

Minister in hegtenis ná diefstal by haar huis 26.07.2023

‘n Minister van Ghana is in hegtenis geneem toe sy ‘n diefstal by haar huis by die polisie aanmeld. Sy word ondersoek vir korrupsie nadat daar glo sowat R250 miljoen se kontant, handsakke en juweliersware uit haar huis gesteel is.

Vioolsdrift- en Nakopgrensposte 25.07.2023

Frans Ferreira vertel vir Martelize Brink van die Noordkaap se twee kommersiële grensposte, Vioolsdrift en Nakop, wat hy help bou het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.