RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leer babas om in water te dryf 25.07.2023

Lizette Botha gesels met Martelize Brink oor die belangrikheid om kinders te leer swem, en hoe babas te leer om te dryf.

Hoe beoordeel mens 'n restaurant? 25.07.2023

Kosghoeroe Herman Lensing gesels oor restaurantbeoordeling. Hy is ‘n nuwe beoordeelaar by vanjaar se Eat Out-toekennings.

Nuwe tromrekord vir Allister 25.07.2023

Allister Brown het vir ‘n derde keer ‘n nuwe rekord opgestel vir die langste tromsessie deur ‘n individu. Dit staan nou op meer as 150 ure!

Bosluisoordraagbare siektes 24.07.2023

Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor bosluisoordraagbare siektes. Sy waarsku teen laks wees met voorkoming in die winter.

Apie op 'n stokkie by die Parlement? 24.07.2023

Daar’s ‘n apie op ‘n stokkie, sê ‘n ou kinderrympie, maar daar was werklik so ‘n apie op ‘n stokkie naby die Parlement in Kaapstad se agterdeur. Johan Rademan het met die kurator by Izikomuseums in Kaapstad, Esther Esmyol, gaan kuier en op hierdie interessante storie afgekom.

Die prokureur wat die sakevrou ‘gered’ het 24.07.2023

Dit was ‘n prokureur wat meer as 25 jaar gelede geweier het om haar as 20-jarige te laat sekwestreer, wat haar tóg op die pad van entrepreneurskap gehou het, vertel die Baaise sakevrou Elana van Rooyen. Sy is die eienaar van onder meer die Continental-slaghuise en nou mede-eienaar van die Bramon-wynplaas naby Plettenbergbaai. Mariska Spoormaker het met haar in Bramon se restaurant gepraat.

Jong Iere stap langs die kokaïenkus 24.07.2023

Jong Iere het verlede week langs die strand gaan stap in die hoop om kokaïen te vind wat daar uitspoel. Dit het gebeur in dieselfe week wat ‘n skip met 5,3 ton kokaïen aan die kus van Sisilië vasgetrek is.

Boek oor SA musiekspele 21.07.2023

Norman Smuts vertel vir Martelize Brink van sy navorsing oor Suid-Afrikaanse musiekblyspele, wat die inheemse identiteit weergee.

Duisende Barbies in versameling 21.07.2023

Elzette Barnard vertel vir Martelize Brink van haar versameling van 4 500 Barbiepoppe.

Die veiligste sitplek op 'n vliegtuig 21.07.2023

Cobus Toerien vertel waar die veiligste sitplek in ‘n vliegtuig is.

Melkbos en sy mense 21.07.2023

Skrywer en joernalis Ilza Roggeband gesels oor die oop harte van die Melkbosstrand-gemeenskap waar sy, 'n gebore Johannesburger, nou al byna 20 jaar lank nesgekop het. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan kuier waar sy ook vir Karen Dreyer ontmoet het, met haar hart vir die kinders uit agtergeblewe gemeenskappe.

Burgers met piek sous! 21.07.2023

Die Barbie-film maak ‘n indruk op die wêreld. In Brasilië is daar selfs burgers op die mark met skreeupienk sous.

Die trommels, die professor en die boek 20.07.2023

Uit Nelson Mandelabaai kom die storie van drie generasies vroue van dieselfde gesin, stowwerige trommels in die motorhuis, die Anglo-Boereoorlog, en die emeritus-professor wat aan die werk gespring het. Dié professor is Tilla Olivier, en Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.

Lyksakke teen die hitte 20.07.2023

In Amerika gebruik dokters lyksakke met ys om pasiënte met ernstige hitte-uitputting af te koel.

Boek oor SA se kernwapenprogram 20.07.2023

Lydia von Wielligh-Steyn vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se kernwapenprogram, waarvan haar pa, Nic, deel was. Hy het gehelp met die bou én aftakeling van die kernwapens.

Veelsydige Marciel se verskeie loopbane 19.07.2023

Aktrise, model en TV-aanbieder Marciel Hopkins gesels oor hoe om geleenthede te skep, en hoe dit rigting gegee het aan haar verskillende loopbane.

Dr. Fanie se kuns 19.07.2023

Haidee Muller-Isaacs loer weer in by dr. Fanie Marais, afgetrede dominee en 'n kunstenaar uit eie reg. Fanie is die pa van die ewe talentvolle aktrise Rolanda Marais, en het voorheen ook kunsterapie aangebied vir gevangenes. Haidee het by hom gaan tee drink en gaan kyk waarmee hy in sy tuisateljee besig is sedert sy aftrede as leraar.

Hoe onderhou ek my sonkragstelsel? 19.07.2023

JJ Fischer vertel vir Martelize Brink wat die onderhoud van sonkragstelsels behels.

So blus jy jou lus vir vis 19.07.2023

‘n Australiese seevaarder en sy hond het vir twee maande op rou vis en reënwater oorleef nadat hulle op die oop see verdwaal het.

Nelson Mandelabaai se infrastruktuur 18.07.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Nelson Mandelabaai se interessante infrastruktuur.

Madiba op Genadendal 18.07.2023

Dis Madidadag! Ons deel herinneringe met die mense van Genadendal oor Nelson Mandela se besoek aan die sendingstasie in 1995.

Wat is selfmentorskap? 18.07.2023

Louis Fourie praat oor selfmentorskap vir persoonlike groei en vervulling.

Warm toerisme 18.07.2023

‘n Vreemde toerismegier deesdae is om na Kalifornië se Doodsvallei te gaan om ‘n selfie te neem by ‘n termometer. In 1913 was die warmste meting daar 56.6 grade Celsius. In 2020 en 2021 is 130 54 grade bereik, en die afgelope naweek was die kans weer daar.

Die militêre aanwending van diere 17.07.2023

Maryke Musson van uShaka Marine World vertel vir Martelize Brink van die militêre aanwending van diere. Buiten dolfyne is daar selfs al vlermuise ingespan.

Mentorskapprojek in Bonteheuwel 17.07.2023

Dr. Jerome Sameuls, Juanita Vukana en Tamzin Ersamus vertel vir Martelize Brink van die Dreamspire-mentorskapprojek in Bonteheuwel, wat skoliere bystaan met loopbaanontwikkeling en ondersteuning.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.