RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wonderlike Willowmore 17.07.2023

Langs die N9 in die Oos-Kaap, naby die afdraai na die Baviaanskloof, vind jy Willowmore, ‘n bekoorlike Karoodorpie waar die vreugdesvure nou hoog brand, want die dorp is as die Oos-Kaapse Dorp van die Jaar aangewys. Mariska Spoormaker het met El-Anne Smith van die Willowmore Historical Guest House gesels.

Staar vir rokers 17.07.2023

Hongkong se Minister van Gesondheid stel voor dat die publiek afkeurend moet staar na mense wat rook op plekke waar hul nie mag nie. Dit in die minister se strewe om Hongkong ‘n rookvrye stad te maak.

Paartjie in hul 70's trap 2 500 km fiets 14.07.2023

Rina en Wynand Breytenbach vertel vir Martelize Brink hoe hulle, wat beide oor die 70 is, 2 500 km per fiets deur Portugal en Spanje getoer het.

Wat is die beste tennisbaanoppervlakte? 14.07.2023

Jonathan Hills vertel vir Martelize Brink van gras-, klei- en hardebaan tennisoppervlaktes se eienskappe.

Suster Lameez se klinieke 14.07.2023

Kliniese verpleegkundige Lameez Felix het reeds vier klinieke in die Wes-Kaap oopgemaak. Sy het drie jaar gelede hierdie plan in haar kop gekry, toe sy die lang toue by die Helderberg-hospitaal bekyk het. Sy het daar en dan besluit om haar eie kliniek te begin, wat dieselfde verpleegsorg as ‘n hospitaal kan aanbied. En nou is daar al vier. Haidee Muller-Isaacs het by haar in die Strand gaan inloer...

Frankryk betaal burgers om naaldwerk te doen 14.07.2023

Die Franse regering beloon hulle burgers om klere reg te maak, eerder as om nuwes te koop.

Gerrie se pad met MS 13.07.2023

Gerrie Hadders vertel van sy ervaring met veelvuldige sklerose, en sy pogings om bewustheid van die siekte te skep.

“Verslawing en armoede het nie kleur nie” 13.07.2023

Ek ken die lewe van verslawing en armoede, ek wil nooit weer terug gaan daarheen nie, het Lynette Jacobs van Gqeberha altyd gesê, en haar daarby gehou. Haar pa was 'n alkoholis. Maar 25 jaar gelede het Lynette tóg na dit terug gekeer, toe sy en haar man Kobus die Vistarus Binnestedelike Sendingstasie vir onder meer die rehabilitasie van verslaafdes begin het. Sy het vir Mariska Spoormaker verduide...

Maritieme studies op skool 13.07.2023

Debbie Owen en Juvandre Williams gesels oor Lawhill Maritieme Sentrum waar jy van Graad 10 tot 12 maritieme vakke kan neem. Juvandre het verlede jaar gematrikuleer en studeer nou by SAMTRA om ’n skeepskaptein te word.

'n Daggatroue van R7 miljoen! 13.07.2023

‘n Amerikaanse paartjie het ‘n troue ter waarde van R7 miljoen gewen. Die 50 gaste sal daggablare as konfetti gooi, en dan vind die plant se olie ook sy weg in alles wat daar geëet en gedrink sal word.

Donoven se balletloopbaan 12.07.2023

Donoven Havenga vertel vir Martelize Brink hoe hy met agt onderskeidings in matriek, ballet as loopbaan gekies het.

Amee Lekas, drama-onderwyseres en skrywer 12.07.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met drama-onderwyseres en skrywer Amee Lekas, wat destyds die gewilde DANS VAN DIE WATERMEID geskryf het. Sy vertel van haar grootwordjare op Willowmore, haar liefde vir die onderwys en haar talentvolle leerders. Sy praat ook oor haar onlangse projek by die Neelsie se rolprentteater.

Benita maak ’n plan toe Covid toeslaan 12.07.2023

Martelize Brink gesels op McGregor met Benita Gouws, wat jare lank in die gasvryheidsbedryf was. Covid het haar werk en inkomste tot ‘n einde gebring. Sy het besluit om ‘n verbinding tussen die platteland en die stad te wees, en het ‘n koerierbesigheid begin wat later tot ‘n suksesvolle dorpsbesigheid ontwikkel het.

Oortrek tot iemand oorgee 12.07.2023

Inheemse speletjies wat te sien is by die Wêreld Eskimo-Indiaan Olompiese spele sluit oortrek in, met die doel om die oorsening af te trek, of te trek tot iemand (oor)gee.

So is die land gebou - De Aar 11.07.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van die belangrike rol van De Aar, wat naas Germiston, die tweede grootste spoorwegaansluiting in die land geword het.

Tegnologie praat ook in ’n taal 11.07.2023

Magda Jonker, ‘n onderwyser en kinderboekskrywer, versoen die werelde van robotika en taal. Johan Rademan het hierdie skepper van spinnebotte, gemik op die wêreld van tienjariges, genader.

Bloukraanvoël-vergiftiging 11.07.2023

Bradley Gibbons vertel vir Martelize Brink van die vergiftiging van bloukraanvoëls in die Overberg, en die bevolkingslewensvatbaarheid van Suid-Afrika se nasionale voël.

Meneer, jy sê dié vleis is duur 11.07.2023

‘n Derde eienaarskap van ‘n koei in Brasilië is vir R26,4 miljoen verkoop. Die algehele waarde van die koei is R 80,2 miljoen!

Kouvoëlvereniging hou skou 10.07.2023

Dr. Jan Botha vertel vir Martelize Brink van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kouvoëlvereniging se nasionale skou in Bloemfontein. Hy vertel ook wat die stokperdjie vir voëltelers beteken.

Voetslaan om hartseer te verwerk 10.07.2023

Kort nadat hulle in 2020 van Pretoria na George verhuis het, het die grendelperiode Herman en Marieta Nieman huisgebonde gehou. Hulle het uitgesien na die vele reise wat hulle aftrede volmaak sou maak. Maar toe eis Covid-19 sy tol by Herman. Vir selfterapie het Marieta haarself in stap gewerp.

Gras vir verskillende sportbane en -velde 10.07.2023

Johan van Vuuren praat oor die gras wat gebruik word vir die verskillende sportkodes se bane en velde.

Restaurant in China aangevat oor kosvermorsing 10.07.2023

‘n Restaurant in China word ondersoek vir die oortreding van ‘n wet teen kosvermorsing nadat hulle ’n eetuitdaging geadverteer het.

Hoekom val orcas bote aan? 07.07.2023

Tinus Beukes van die Two Oceans Aquarium praat oor orcas, hoe groot hulle is, hulle familiestrukture en die aanvalle op bote naby Spanje.

Databerging in die wolk 07.07.2023

Jan Vermeulen van MyBroadband praat oor die beste opsies vir gratis databerging in die wolk. Hy begin egter met Threads, Meta se nuwe sosialemediaplatform.

Korea in Suid-Afrika 07.07.2023

Jacques Radyn het drie jaar lank in die Verenigde Koningkryk gewerk, en daarna 14 jaar in Korea. Hy het sy vrou, twee kinders, 1 600 bottels whiskey en Koreaanse kookkuns teruggebring Suid-Afrika toe. Johan Rademan het met dié boorling van Victoria-Wes gesels.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.