RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wedloop se rekord platgeslaan 07.07.2023 1:19
Courtney Dauwalter het die oudste 100 myl-wedloop se vorige rekordtyd met 80 minute verbeter.
Woorde Open Wêrelde vier 20 jaar 06.07.2023 8:57
Fiona van Kerwel praat oor die werk en suksesse van die Universiteit Stellenbosch se Woorde Open Wêrelde-projek, wat vanjaar 20 jaar oud is.
Camino van Sandsteenkerke 06.07.2023 8:56
Haidee Muller-Isaacs het op Oudtshoorn met pastoor Christo Nel gesels oor die Camino van Sandsteenkerke wat in September afskop. Die projek is deel van die Karoo se Christelike gemeenskapsradio.
Veertig jaar oue geskenkbewys suksesvol gebruik 06.07.2023 1:26
Veertig jaar nadat hullle ‘n geskenkbewys vir ‘n nag in ‘n hotel as huweliksgeskenk ontvang het, het ‘n Amerikaanse paartjie dit suksesvol aangebied vir die nag waarvoor hulle so lank gewag het.
Joanette se tennislewe 05.07.2023 14:03
Joanette Kruger vertel vir Martelize Brink hoe sy haar grootste boete by Wimbledon gekry het, en van die dag toe sy Serena Williams 6 -1, 6 -1 geklop het.
Veelsydige Leon-Ben Lamprecht 05.07.2023 8:05
Leon-Ben Lamprecht was jare lank ’n joernalis, toe word hy ’n makelaar. Hy is ‘n veelsydige skrywer wat ook al sy hand gewaag het aan tong-in-die-kies kinderboeke oor ’n vegetariese wolf, en liedjieskryf. Sy 2023 het sleg begin nadat sy pa en skoonpa kort na mekaar gesterf het. Haidee Muller-Isaacs het met hom oor verlies en sy ommeswaai gesels.
Ballistiese- en kruisermissiele 05.07.2023 10:35
Rod Keyser vertel vir Martelize Brink wat ballistiese- en kruisermissiele is, en hoe hommeltuie ingespan word in oorlogvoering.
Man verorber 62 worsbroodjies in 10 minute 05.07.2023 2:49
Joey Jaws Chestnut het op 4 Julie ‘n tradisionele worsbroodjie-eetkompetisie in New York gewen deur 62 in 10 minute te eet! Dit is die 16e keer dat hy die titel inpalm.
Die Noord-Kaap se ysterertsspoorlyn 04.07.2023 7:34
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van die ysterertsspoorlyn en spoorbrûe.
Eduard Keys - vleismeester van Namibië 04.07.2023 8:22
Die Hartlief-familie het in 1946 ‘n klein familieslaghuis in die hart van Windhoek begin. Vandag is Eduard Keys die operasionele bestuurder en vleismeester. Hy het voorheen ook in bierbrou en suiwel gespesialiseer. Daar is deesdae groot uitdagings met bek-en-klou-seer en die die verskuiwing van vleis tussen Suid-Afrika en Namibië. Johan Rademan het met hom gesels tydens ‘n besoek aan Kaapstad gedu...
SA se wêreldkampioen handskaapskeerders 04.07.2023 7:18
Nel-Marie Calldo vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se wêreldkampioen handskaapskeerders. Bonile Rabela is wêreldkampioen in individuele handskaapskeer. Zwelamakhosi Mbuweni was tweede. Hulle het ook die spankompetisie gewen.
'n Lugwaardige kar 04.07.2023 1:49
Amerika se federale lugvaartadministrasie het die eerste lugwaardigheidsertifikaat uitgereik aan ‘n vlieënde kar, wat die grootte van ‘n gewone kar is en in ‘n gewone parkeerplek kan pas.
SA Stamboek en diereverbetering 03.07.2023 9:31
Dr. Japie van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van SA Stamboek se rol in diereverbetering. Dis veral belangrik vir voedselsekerheid.
Oom Sarel se eerste kunsuitstalling 03.07.2023 10:01
Oom Sarel van Rensburg het sy heel eerste kunsuitstalling op 91 gehou! Hy het nooit formele kunsopleiding ontvang nie, trouens hy was in die ingenieursveld desjare op die Hoëveld. Haidee Muller-Isaacs het gaan na sy kunswerke gaan kyk, en meer uitgevind oor hierdie lewenslustige 91-jarige wat in die Kierie-Koor op Montagu sing.
Man trou met 'n kaaiman 03.07.2023 2:02
‘n Meksikaanse burgemeester het met ’n kaaiman getrou in ‘n 230 jaar oue seremonie, wat geluk vir die mense moet bring.
Marko Boshoff (15) - SA pistoolskutkampioen 30.06.2023 8:20
Marko Boshoff vertel vir Martelize Brink van skyfskiet as sport. Op 15 is Marko Suid-Afrika se nommer 1 pistoolskut onder 21. In Augustus gaan hy ons in Engeland verteenwoordig.
Wat is beter - pienk-, see- of soutpansout? 30.06.2023 7:25
Dieetkundige Mariza van Zyl vertel vir Martelize Brink oor sout. Wat is beter? Pienk-, see- of soutpansout? Ons hoor ook wat is dit wat as “soutlose” sout bemark word.
Hans se reise 30.06.2023 9:21
Haidee Muller-Isaacs se pad het iewers langs Roete 62 gekruis met dié van Hans van Heukelum. Sy ouers is Nederlanders wat hulle jare gelede in Suid-Afrika gevestig het. Hans is 'n avontuurlustige reisiger vir sowat 50 jaar, waarvan 30 jaar as toergids. Hy is passievol oor Afrika. Afrikaans is sy derde taal, maar hy het op Afrikaans vir Haidee vertel van sy gunsteling bestemmings, en hoekom hy doen...
Rooi water en suurstoflose water 30.06.2023 1:19
In Japan is die seewater rooi ná ‘n storting deur ’n bierbrouery, en in Engeland is suurstofvlakke in die riviere so laag dat spanne regstaan om suurstof in die water te pomp om die visse te red.
Francois die waaghals 29.06.2023 13:51
Francois Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van sy werk as waaghals, en die koördinering van gevaarlike tonele in films en realiteitsprogramme soos Fear Factor.
Kabega Primêr deel sy groen sukses 29.06.2023 9:43
In Gqeberha word daar die afgelope 11 jaar só suksesvol herwin by Kabega Primêr, dat dié laerskool al herwinningswerkswinkels vir talle ander Baaise skole aanbied. Mariska Spoormaker het een van die werkswinkels bygewoon. Sy praat met dr. Adele Botha, die onderwyseres wat van die begin af betrokke was by Kabega se Groenspoor-projek.
Minitza se kuns word juwele 29.06.2023 10:28
Minitza van der Waldt vertel vir Martelize Brink hoe haar kuns juwele word, en hoe Amerikaners op dié juwele uit Afrika reageer. Sy verteenwoordig Suid- Afrika in Augustus by ‘n handelskou in New York.
Aanhouer wen, of nie... 29.06.2023 1:30
Ignatius Vlok vertel van ‘n 56-jarige Chinese miljoenêr wat vir die 27ste keer ‘n universiteitstoelatingseksamen geskryf het... hy was weer onsuksesvol.
Jane de Wet gesels oor haar loopbaan 28.06.2023 14:54
Jane de Wet vertel vir Martelize Brink hoe sy sonder ‘n dramagraad moes sukkel om ‘n agent te kry. Dié 27-jarige aktrise speel gereeld rolle waar sy sowat 10 jaar jonger is.
Prof. Nina Schumann se nuwe uitdagings 28.06.2023 9:24
Op 15 ’n wonderkind, en op 50 met drie lewensingrypende siektetoestande gediagnoseer. Hoe hanteer prof. Nina Schumann, ‘n internasionale konsertpianis, dié uitdagings. Johan Rademan het haar by die Konserwatorium op Stellenbosch besoek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.