RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Boegoeberg se dam 27.06.2023 8:38
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Boegoeberg se dam, wat eintlik ‘n keerwal is. Hy praat ook oor vloedlyne en hoe belangrik dit is.
Hoe om oudword te geniet 27.06.2023 9:32
Om ouer te word, in elke fase van jou lewe, bring genot en uitdagings. Jacqui January kuier by ’n aftreeoord, waar sy met ‘n paar vroue gesels oor afskaal op alle vlakke, en hoe om die lewe te geniet. Sy het ook by ‘n navorser gaan hoor van die riglyne waarmee sy seniors bemagtig in die oudwordproses.
Volhoubaarheid in die restaurantbedryf 27.06.2023 10:21
Bea Malherbe praat oor volhoubaarheid in die restaurantbedryf. Sy is die hoofsjef by Fyn, wat aangewys is as die wêreld se beste volhoubare restaurant.
Diere wat hulleself bevrug 26.06.2023 12:28
Prof. Hannes van Wyk vertel vir Martelize Brink van partenogenese, waar diere hulleself bevrug. Daar is onlangs berig oor die krokodil in aanhouding wat haarself bevrug het.
Sjefskool vir jongmense op die spektrum 26.06.2023 7:17
Cheryl Terblanche vertel vir Martelize Brink hoe Spectrum Chefs Academy ‘n uitvloeisel is van tuisonderrig vir haar seun Shay, wat op die outismespektrum is. Shay is vandag ‘n opgeleide sjef en gee klas vir ander wat ook op die spektrum is.
Die Baai se “wonderwerk”-honde 26.06.2023 10:32
Drie jaar gelede het Ernst en Wandie Deyzel se twee honde uit hulle hoog ommuurde erf in Gqeberha verdwyn. Nou, na drie jaar, het die wonderwerk gebeur – albei honde is gevind en terug by die Deyzels. Dit danksy onder meer 'n besoeker uit Gauteng en ’n Baaise verkeersbeampte met 'n groot hart vir diere. Mariska Spoormaker het by die honde en hulle mensema, Wandie, gaan kuier.
Die waarde van terapeutiese massering 23.06.2023 13:37
Ronald Nondzaba gesels oor terapeutiese massering, die waarde van voordurende opleiding en die behoefte om jou aanslag vir elke individu aan te pas.
Wat is beter - Diesel- of elektriese motors? 23.06.2023 14:08
Motorjoernalis Marnus Hattingh vertel vir Martelize Brink wat beter is – motors met dieselenjins of nuwe opsies soos hibriede of elektriese voertuie.
Tony se bergklimlewe 23.06.2023 7:43
Tony Lourens is al vir langer as 40 jaar ‘n ywerige bergklimmer. Hy het verskeie bergklim- en stapgidse geskryf, en is redakteur van die gratis e-tydskrif, MountainSA. Johan Rademan het met hom gesels.
Die verband tussen depressie en demensie 22.06.2023 16:01
Joernalis Willemien Brümmer gesels met Martelize Brink oor haar ervaring met depressie en demensie. Sy deel van die insigte waartoe sy gekom het. Prof. Piet Oosthuizen, ‘n psigiater, gesels saam.
Die onbesonge helde van die hotel 22.06.2023 10:58
Die waskamer-vroue van 'n hotel word die onbesonge helde genoem. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake staan in 'n hotel se waskamer, en daar ontmoet sy drie baie besonderse vroue. Een van hulle is al langer by die hotel as die nuwe eienaar. Daar het sy gehoor hoe Cynthia Bona sake met 'n ysterhand regeer.
Narkotika Anoniem en die dwelmkrisis is SA 22.06.2023 13:01
André M. praat oor die dwelmkrisis in Suid-Afrika, deel sy persoonlike ervaring en vertel van die werk wat Narkotika Anoniem doen.
Mila Guy gesels oor akteurskap en getroude lewe 21.06.2023 14:25
Mila Guy gesels oor haar loopbaan as aktrise, hoe Bennie Fourie ouers gevra het in Nieu-Seeland, en hulle nesskop in Kaapstad.
Annelie Botes wonder of sy nog wil skryf 21.06.2023 10:15
Nadat sy deur diep gesondheidswaters gegaan het, is Annelie Botes, die skrywer van trefferboeke soos Raaiselkind, ThulaThula en Katvis, onseker of sy weer 'n boek gaan skryf. Mariska Spoormaker het Annelie by haar huis in die Baai gaan besoek nadat sy uit die Aurora-rehabilitasiesentrum ontslaan is.
Alternatief vir loodpatroonpunte 21.06.2023 11:53
Lizanne Nel praat oor die impak van loodpatroonpunte op mens en dier. Sy vertel ook van alternatiewe punte wat beskikbaar is en deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging verkies word.
Upington se rosyntjieaanleg 20.06.2023 12:49
Frans Ferreira vertel vir Martelize Brink van die rosyntjieaanleg op Upington wat die agtste grootste ter wêreld is.
Hennie en Katie plus vyf 20.06.2023 10:55
Hennie van Loggerenberg is 'n sjef, illustreerder en fotograaf. Hy en sy vrou, Katie, vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hulle vyf kinders, nie een biologies nie, maar nietemin hulle s'n. Twee van die kroos is aangeneem en drie is voogkinders. Hulle vertel van hulle liefde vir hierdie vyfstuks, die uitdagings en tuisonderrig.
Kuns oor die konsep van tyd 20.06.2023 10:04
Anico Mostert gesels oor kuns wat die konsep van tyd weergee. Dis ‘n gereelde tema in haar werk, en van haar kuns is te sien in ’n uitstalling, Endless Night.
Op 77 wil Piere net ruimte toe 19.06.2023 10:17
Hierdie kan nou te buitensporig klink om waar te wees, maar dit is so: die 77-jarige Piere le Roux, ‘n boorling van die Baai, hou homself topfiks, want hy glo dat sy droom om ruimte toe te gaan, aanstaande jaar bewaarheid sal word. Hy het in 2016 al R5-miljoen rand vir sy ruimtekaartjie betaal. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Bederf jouself met goeie skeerseep 19.06.2023 10:22
Andrew Saunderson en Henk Roux vertel vir Martelize Brink van tradisionele nat skeer. Henk het ’n skeerseepversameling van bykans elke skeerseep wat in Suid-Afrika gemaak word. Seepmaker Andrew vertel van die skeerseep wat hy op kleinskaal by Kiapanande maak.
EK ’N JY van Koringberg 16.06.2023 9:07
EK ’N JY kuier by Martelize Brink op Jeugdag. Dié organisasie op Koringberg bied verskeie sportsoorte vir die jeug aan. Linda van Rooi, Peter Faroa, Mariana Diedericks, Nikeesha Cloete, André Naude en Griffin van Rooi vertel van hulle betrokkenheid by skaak, netbal, raakrugby en straatkrieket.
Petrol of diesel? 16.06.2023 13:08
Marnus Hatting vertel vir Martelize Brink wat is beter - ‘n petrol- of ‘n dieselenjin. Hy vertel hoe die tegnologie ontwikkel het, en die voorkeure in verskillende lande.
Tayla se saailinge 16.06.2023 6:17
In 2021 het die jong Tayla Prince haar eie besigheid begin en dit Tayla's Seedlings gedoop. Vandag het sy 'n stuk grond gekry en woeker sy omtrent. Haidee Muller-Isaacs het by haar skool, Hugenote Hoërskool op Wellington, gaan inloer.
Joha van Dyk se stories 15.06.2023 15:01
Jeugromanskrywer Joha van Dyk vertel vir Martelize Brink hoe haar daaglikse blootstelling die weg vind in haar stories in.
Die Baviaansklowers en hulle Engelse speurder 15.06.2023 6:52
Die Baviaanskloof in die Oos-Kaap is beroemd vir baie redes, maar buiten die unieke geologie en ryk natuur, is daar nog 'n ding - die voertaal is só Afrikaans dat 'n tolk ingeroep moet word wanneer 'n aanbieding of toespraak in Engels gelewer word. Dus kan 'n mens jouself net voorstel wat die reaksie was op die aanstelling van 'n Engelse speurder. Een van die Baviaansklowers, Cedric October, het m...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.