RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
'n Vlieglisensie voor 'n bestuurderslisensie 15.06.2023 7:56
Bernard Leicher vertel vir Martelize Brink hoe hy as matrikulant reeds 'n vlieglisensie gekry het, voordat hy ’n bestuurderslisensie kon kry.
Ilne Fourie se storiewêreld 14.06.2023 10:01
Ilne Fourie vertel vir Martelize Brink van haar wêreld van stories. Sy skryf die stories, en soms beeld sy dit self uit op die verhoog of agter die mikrofoon.
Volhoubaarheid en gebruike van medisinale plante 14.06.2023 9:03
Suid-Afrika se inheemse medisiale plante is internasionaal bekend, en vir plantkundiges op eie bodem en elders ‘n ware paradys. Plantkundiges vergader gereeld om oor die volhoubaarheid en gebruike van plante besin. Professor Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johnnesburg vertel van ‘n onlangse internasionale geleentheid.
Jagproklamasies 14.06.2023 8:10
Paul Gildenhuys vertel vir Martelize Brink van jagproklamasies en jag op eiendomme met sertifikate van voldoende omheining.
Die Kalahari veesuipingskemas 13.06.2023 8:18
Frans Ferreira vertel vir Martelize Brink van die Kalahari se veesuipingskemas wat water voorsien aan veeboerderye. Die twee skemas dek saam 'n area bykans so groot soos die Vrystaat.
Jo-Nette se holistiese benadering tot sang 13.06.2023 11:28
Jo-Nette Le Kay het eers op 25 musiek gaan studeer nadat sy die Universiteit Stellenbosch se koor ontdek het tydens haar aanvanklike studies in sielkunde. Haar pa, Ivan, was die Paarl-Wellington streekkoor se dirigent. Nou leer sy jongmense om hulle stemme holisties te ontwikkel vir klassieke sang. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan kuier in die Paarl.
The Character Company - 'n mentor vir seuns 13.06.2023 10:04
Jaco van Schalkwyk vertel vir Martelize Brink van The Character Company se langtermyn mentorskap om seuns waardes aan te leer, sodat hulle goeie mans met sterk waardes word.
Handel in haai- en pylstertprodukte 12.06.2023 9:03
Prof. Aletta Bester-van der Merwe vertel vir Martelize Brink van die elasmobranch genetika-navorsingsgroep se rol in die handel van haai- en pylstertprodukte.
Beurtkrag byt my besigheid, maar... 12.06.2023 9:17
Daar is nou Suid-Afrikaners wat sê hulle fokus eerder op die kere wanneer daar wel krag is as op die beurtkragfases, want só sal hulle die krisis oorleef. Maar oorlewing raak 'n groter kopsorg wanneer jy 'n kleinbesigheid vóór die felle beurtkrag gekoop het, en die aankoop van 'n kragopwekker en diesel nie in die aanvanklike berekening gebring is nie. Dan het 'n mens beurtkrag- én besigheidvasbyt...
Bond van Oudpolisiebeamptes Westelike Provinsie 12.06.2023 9:28
Generaal-majoor Willem Smit vertel vir Martelize Brink van die Bond van Oudpolisiebeamptes Westelike Provinsie. Saam met die sosialisering is daar ook ondersteuning vir oudpolisiebeamptes.
Bemark jouself met video's 09.06.2023 9:06
Melt van der Spuy gee vir Martelize Brink raad om die beste te kry uit jou poging met bemarking met video’s. Melt sê, begin net en wees outentiek.
Wat gloeilampe is die beste? 09.06.2023 6:47
Janco Geldenhuys vertel vir Martelize Brink oor planne om oneffektiewe gloeilampe van die mark af te haal. Hy sê LED-lampe is die beter opsie.
Die Toneelhuis 09.06.2023 12:34
‘n Aktrise en ‘n beroepsfotograaf se paaie het gekruis, en net daar en dan skiet die kreatiewe vonk op om na-ure in die middestad ‘n onbenutte gebou met ‘n intieme teater te omskep in ‘n kreatiewe teaterjuweeltjie. Johan Rademan het ’n jaar later met Nardus Engelbecht en Lara Hatting by Die Toneelhuis gaan kuier.
Charl en sy Steinway toer saam 08.06.2023 12:18
Pianis Charl du Plessis gesels oor sy loopbaan agter die klavier en hoe hy met sy Steinway vleuelklavier deur die land toer.
Dr. Delano Rhode se passie om kinders gesond te maak 08.06.2023 8:38
Die Kaapse pulmonoloog, dr. Delano Rhode, se stem hoor jy gereeld op RSG, eers in alhoebekker en nou weer op Vrydae op Intussen met Eloise. Haidee Muller-Isaacs het meer oor hierdie passievolle dokter en sy absolute liefde vir kinders gaan uitvind.
Die befondsing van marine beskermingsgebiede 08.06.2023 8:04
Roelie Kloppers vertel vir Martelize Brink van die behoefte om marine beskermingsgebiede te befonds, en die voordele wat so ‘n belegging inhou.
Jawaahier Petersen is lekker 07.06.2023 14:37
Aktrise Jawaahier Petersen sê: wees net lekker. Sy vertel van haar studiekeuse, draaipunte in haar loopbaan en dat sy bang is om te droom, want drome word waar.
Olivia Losper - fiksheidsghoeroe 07.06.2023 9:22
Die Paarl se fiksheidsghoeroe, Olivia Losper, is meer as net ’n fiksheidsafrigter - haar hart is gekoppel aan haar werk. Moed verloor doen sy nie sommer nie, hoor Haidee Muller-Isaacs.
Wêreld Voedselveiligheidsdag 2023 07.06.2023 10:11
Karin Botha praat op Wêreld Voedselveiligheidsdag oor die behoefte aan voedselstandaarde.
Kimberley se geboue en strate 06.06.2023 10:00
Dawie Botha praat oor Kimberley se geboue en strate. Die stad het baie goedbewaarde ou geboue.
Die gebruik van inheemse kennis in die klaskamer 06.06.2023 8:36
Daar word al geruime tyd gepraat oor die relevansie van inheemse kennis van plantgebruike van verskillende kultuurgroepe, en die formele onderrig daarvan in die klaskamer. Dit is ‘n besig om gestalte te kry, en na verwagting behoort dit deel uit te maak van die 2025 skolekurrikulum. Daar is ‘n diepsinningheid in inheemse kennis wat tot groot voordeel vir leerders kan strek. Dr. Josef de Beer, dire...
Plettenbergbaai - Walviserfenisgebied 06.06.2023 9:09
Marlon Baartman vertel vir Martelize Brink van Plettenbergbaai wat tot walviserfenisgebied verklaar is. Hy bespreek die proses en die implikasies van die nuwe status.
Die evolusie van skoenlappers - Deel 2 05.06.2023 9:48
Prof. Henk Geertsema gesels verder met Martelize Brink oor die evolusie van skoenlappers.
Jan Brandes se nalatenskap 05.06.2023 9:40
In n Boek oor Jan Brandes, The world of Jan Brandes 1743-1808, word daar verwys na hierdie predikant uit Nederland, wat ‘n geruime tyd in Batavia en Ceylon deurgebring het. Hy het ook ook ‘n reis deur Suid-Afrika onderneem. Sy nalatenskap is te sien in die Rijksmuseum in Amsterdam.
Mozzarella is die suiwelproduk van die jaar 05.06.2023 13:16
Alan Fourie gesels met Martelize Brink oor suiwelproduk-beoordeling, en laat haar proe aan ‘n mozzarella wat aangewys is as die land se suiwelproduk van die jaar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.