RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Projek om SA strande skoon te maak 02.06.2023

Tanya Prinsloo vertel vir Martelize Brink van ’n kus-tot-kus-strandskoonmaakprojek van Save a Fishie! waar 100 Suid-Afrikaanse strande in 60 dae skoongemaak sal word.

Wat is beter vir gewigsverlies - suiker of versoeter? 02.06.2023

Dieetkundige Megan Pentz-Kluyts vertel vir Martelize Brink wat beter is tussen suiker en versoeter wanneer dit by gewigsverlies kom.

Hoërskool Durbanville se koor sing plek in eindronde los 02.06.2023

Maria Viviers, dirigent van Hoërskool Durbanville se koor, het onlangs 'n goue toekenning by die ATKV Applous streeksuitdunne behaal. Hulle het pas die wonderlike nuus ontvang dat hulle deurgedring het na die eindronde in Pretoria wat van 28 tot 30 Julie plaasvind.

Toepassings wat liedjies herken 01.06.2023

Jan Vermeulen van MyBroadband vertel vir Martelize Brink van musiekherkenningstoepassings soos Shazam en Soundhound, wat vir jou kan sê na watter musiek jy luister.

Despatch se boomplanter 01.06.2023

Gee vir Kierie Slabbert van Despatch die saad van enige plant of boom, en hy kweek dit suksesvol tot volwaardige plant, boom of struik. Sy tuin lyk soos ’n mini oerwoud van broodbome, mopanies, kremetarte, aalwyne, moringas, en eksotiese palmbome. Maar die mooiste boom is die reusagtige 49 jaar oue koorsboom in Kierie se voortuin. Mariska Spoormaker wou by hom weet hoe dié boom in sy tuin beland h...

Korridors vir natuurbewaring 01.06.2023

Coral Birss vertel vir Martelize Brink van die nodigheid om natuurkorridors te skep vir die bewaring van wilde diere.

Annaline Hopkins se nuwe horisonne 31.05.2023

Annaline Hopkins vertel vir Martelize Brink hoe sy haar horisonne verbreed nou dat sy byna sestig is. Sy is deesdae aktrise in advertensies, en verleen haar stem in oorklankingsrolle.

Glanskok Francois Ferreira sterf 31.05.2023

Errieda du Toit bring hulde aan Francois Ferreira. Sy gesels onder andere oor die 15 jaar wat sy en Francois as Huiskok Glanskok op RSG te hoor was.

Jaydon (15) is ‘n “wonderwerk” 31.05.2023

'n Klomp wonderwerke is in die 15-jarige Jaydon Burkett van Kariega saamgebondel, want hy leef ná 'n massabloeding van 6,5 cm by 4,5 cm wat sy brein met 1,5 cm geskuif het. Almal was onbewus van dié lewensbedreigende breinbloeding totdat die optometris, Avendra Subramanien, 'n geweldige swelling agter sy oogsenuwee opgemerk het. Dis ‘n jaar later en Jaydon is só goed op die been dat hy al sy o/18...

Voël van die Jaar 2023 31.05.2023

Susan Wishart vertel van die Kaapse Pappegaai wat 2023 se voël van die jaar is.

Durban se hawetonnel 30.05.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe die tonnel onderdeur die Durban-hawemond gebou is.

Denise Stubbs gaan van krag tot krag 30.05.2023

Denise Stubbs is een van twee Suid-Afrikaanse vroue wat in 2019 die International Enterprising Women-toekenning gekry het as die wêreld se top vroue-entrepreneurs. Denise is die sakeontwikkelingsdirekteur van Diemersfontein en grootbaas van Thokozani, ‘n gasvryheid- en wynbemagtigingsmaatskappy. En daar kry sy toe sowaar weer 'n veer in haar hoed as wenner van Standard Bank Wes-Kaap se TOP WOMEN-t...

Wêreld Pleegsorgdag 2023 30.05.2023

Anita Momberg gesels oor haar ervaring as pleegouer.

Die evolusie van skoenlappers - Deel 1 29.05.2023

Emeritusprofessor Henk Geertsema gesels met Martelize Brink in die eerste van twee gesprekke oor die evolusie van skoenlappers. Hy praat oor skoenlapperfossiele.

SA plant wen groot by Chelsea Blommeskou 29.05.2023

Andy de Wet vertel vir Martelize Brink van Blackjack, die plaaslike agapant, wat aangewys is as die Chelsea Blommeskou se beste nuwe plant van die jaar.

Stedelike binnenshuise vergroening 29.05.2023

Twee geoktroieerde rekenmeesters, Dewaldt Nieuwoudt en Nicola van Niekerk, het op ‘n bloedjong ouderdom die korporatiewe wêreld vaarwel geroep, en vertel aan Johan Rademan hulle verkies nou stedelike binnenshuise vergroening.

Corlea Botha se Hiroshima-ervaring 26.05.2023

Corlea Botha vertel vir Martelize Brink van haar ervaring in Hiroshima toe sy as 14-jarige die Hiroshima Vredesgedenkteken besoek, en daar opgetree het.

Kaapstad gereed vir URC-eindstryd 26.05.2023

Kaapstad is in rep en roer vir die vuurwarm eindstryd in die snerpende koue in die Kaapstadstadion tussen die verdedigende kampioen, die Stormers van Suid-Afrika, en Munster van Ierland. Johan Rademan het n lid van die Springbokafrigtingspan oor die moontlike telling gepols.

Watter verwarmer is die beste? 26.05.2023

Gustav Koegelenberg vertel vir Martelize Brink hoe die verskillende soorte verwarmers teen mekaar opweeg. Hy kyk na die elektrisiteitsverbruik en wat geskik is vir verskillende grootte spasies.

Oom Boy se blink rugbyplan 26.05.2023

As 'n laerskoolseun se omstandighede vandag moeilik is, maak ons sy môre vir hom beter met rugby, maar hy móét skool toe gaan. Dít is die uitgangspunt wat Oom Boy Jacobs, stigter en voorsitter van die Warriors-rugbyklub op Kariega, al agt jaar lank volg. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe speel die Warriors teen ander laerskoolspanne.

Stylvol in die Karoo 25.05.2023

Stylikoon en voormalige hoofredakteur van die glanstydskrif, Elle, Jackie Burger, het twee jaar gelede die stad verruil vir die Karoo. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar nuwe lewe op Prins Albert, en gesels oor modetendense en haar eie styl.

Inligtingvennootskappe in Afrika 25.05.2023

Prof. Hester Klopper van Maties vertel vir Martelize Brink van vennootskappe en inligtinguitruiling in Afrika. Met die vasteland se groot groep jongmense, is onderwys en hoëronderwys uiters belangrik.

Nicholé Taljaard - Proteas Netbalspeler 24.05.2023

Nicholé Taljaard gesels oor haar netballoopbaan en die Wêreldbeker wat binnekort in Kaapstad aangebied word.

Spiritualiteit - kwaliteit van die gees 24.05.2023

Spiritualiteit word beskryf as die kennis, aanvaarding of kultivering van die immateriële wese van jouself. Dis van Grieks afkomstig, en spruit uit SPIRITUS wat ‘asemhaal’ beteken, -ALIS wat ‘relatief tot’ is, en die agtervoegsel -PA, wat kwaliteit aandui. Spiritualiteit is dus alles wat verband hou met die kwaliteit van die spirituele of gees. Jacqui January gesels met Philip Liebenberg van Renai...

Baadjies aan bome 24.05.2023

Madeleen van den Bergh vertel vir Martelize Brink van Baadjies aan Bome. waardeur klere gratis beskikbaar gestel word aan behoeftiges.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.