RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jas- en baadjietendense 24.05.2023 12:31
Suzanne Kotze en Justine Kroes vertel van die huidige tendense in jasse en baadjies. Daar is ook raad met style wat die toets van tyd sal deurstaan.
Richardsbaai se steenkoolspoorlyn 23.05.2023 6:42
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van die steenkoolspoorlyn van Broodsnyersplaas in Mpumalanga tot by Richardsbaai.
Hemp vs cannabis 23.05.2023 12:04
Hemp en cannabis word nog dikwels deur leke verwar. Die regering het reeds meer as 90 lisensies toegestaan vir medisinale gebruik en navorsing, maar ‘n misterie en sluier hang nog oor die inhoud en die verskille in inhoud van die plante, wat verwant is aanmekaar. Johan Rademan het op Montagu met Brenda Marx oor die vordering in navorsing in dié bedryf gesels.
Energie- en hidrasiedrankies 23.05.2023 10:52
Dieetkundige Mariza van Zyl vertel vir Martelize Brink wat die verskil is tussen energiedrankies en hidrasiedrankies, en hoe dit werk.
Toevlugsoord vir troetelvarke 22.05.2023 13:57
Antionnette Steyn vertel vir Martelize Brink wat dit behels om 'n troetelvark aan te hou, en waarom soveel troetelvarke by die Pigs ’n Paws toevlugsoord beland.
Brita se poppe 22.05.2023 7:19
Haidee Muller-Isaacs gesels met Brita Nathan oor die besonderse poppe wat sy maak. Brita het modeontwerp studeer en nooit die bedryf betree nie, maar haar poppe dra net die beste.
Biodiversiteit in die landbou 22.05.2023 13:19
Dr. Ernst Baard praat oor biodiversiteit in die landbou-omgewing. Hy lig die voordele van diversiteit vir boere uit.
Leerders stap 250 km op Drakensberg 19.05.2023 10:04
Matrikulant Karijn Kooy vertel vir Martelize Brink van haar ervaring as een van vyf hoërskoolleerders, wat onlangs ‘n staptog van 250 km op die Drakensberge voltooi het.
Digitale kredietkaarte vs tradisionele plastiekkaarte 19.05.2023 10:56
Wat is beter? ‘n Digitale kredietkaart of die tradisionele plastiekweergawe? Gabriël Swanepoel van Mastercard praat oor die voor- en nadele van digitale kaarte teenoor die tradisionele plastiekkaarte.
Kruietee van die Sederberge 19.05.2023 9:34
Die idee van Wêreld Teedag het by vakbonde begin om die volhoubare produksie van tee te verseker. Die Verenigde Nasies het 21 Mei gekies om bewusmaking te skep vir die lang geskiedenis, eeuoue kultuur, tradisies en die ekonomiese belang van tee. Jacqui January gesels met ‘n student wat pas haar doktorale studies voltooi het oor ‘n lang vergete kruietee van die Sederberge. Sy hoor ook kortliks van...
Jaap "Radiosender" Lourens tree af 18.05.2023 15:02
Jaap Lourens vertel vir Martelize Brink van die jare wat hy ‘n ogie oor RSG se senders gehou het, eers by die SAUK en toe by Sentech. Daardie tyd kom nou haas tot ‘n einde.
Gebaretaal is nou ‘n volwaardige taal 18.05.2023 10:41
Die regering se besluit om gebaretaal as die twaalfde amptelike landstaal te verklaar, maak ‘n nuwe wêreld van geleenthede oop, sê Ananda van der Walt, ouddosent in gebaretaal aan die Vrystaatse- en Noordwes-Universiteite. Ananda, ‘n gebaretaal-tolk, sê dat gebaretaal as amptelike landstaal, ‘n waardigheid na die dowe mens bring. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.
Die geskiedenis en tradisie van whiskey 18.05.2023 12:51
Martelize Brink gesels met Francois (Jazz) Adams, die Wes-Kaap se verkoopsbestuurder van Halewood Wines & Spirits SA, oor hoe whiskey gemaak word, asook die ryk geskiedenis en tradisie daarvan.
Daniel Strauss - Dink soos 'n miljardêr 17.05.2023 14:43
Daniel Strauss gesels met Martelize Brink oor hoe om die land ‘n beter plek te maak, sy wêreld van beleggings, en hoe hy mense help om soos ‘n miljardêr te dink.
Tradisionele klavierstemmers moet knie buig voor tegnologie 17.05.2023 12:47
Ons het onlangs met die digitale klavierstemmer, Gawie Wolmarans, gesels. Gewoonlik skep tegnologie nuwe geleenthede, maar in hierdie geval moes die siggestremde klavierstemmers voor die moderne tegnologie swig.
100 jaar van Afrikaans as amptelike taal 17.05.2023 9:58
Michael Jonas vertel vir Martelize Brink van die planne om 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal te vier.
KwaZulu Natal se sport- en ontspanningsinfrastruktuur 16.05.2023 9:57
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van die onsigbare rol van infrastruktuur by KwaZulu-Natal se sport- en ontspanningsgeriewe - van die haaitenk by uShaka Marine World tot die Moses Mabhida-stadion.
Antie Loui van Carnavon 16.05.2023 11:29
Haidee ontmoet die nimlike Antie Loui Boezak van Carnavon. Sy het pas 90 jaar oud geword, is steeds dol oor gemeenskapswerk en is nog aan die gang. Antie Loui vertel van haar grootwordjare, hoekom sy nooit getrou het nie en selfs al het sy self nie kinders nie, is sy die een wat al die familiekinders se trourokke maak.
Fampro beveg geslags- en huishoudelike geweld 16.05.2023 10:55
Natasha Dixon vertel vir Martelize Brink van Fampro, ‘n span spesialiste, insluitend prokureurs en advokate, wat hulleself toewy aan die bevegting en bekamping van geslags- en huishoudelike geweld.
Koraal in akwariums 15.05.2023 14:59
Johan Maritz vertel vir Martelize Brink wat dit behels om koraal in akwariums aan te hou. Ons hoor onder andere hoe koraal mekaar met “pyltjies” skiet as hulle te na aan mekaar begin groei.
Kariega se gemeenskapsdigter 15.05.2023 9:07
Tik volksdigter of gemeenskapsdigter in Google se soekbalkie en... jy vind niks. Trouens, Google vra of jy nie ‘n tikfout gemaak het nie. Maar Mariska Spoormaker het wel n gemeenskapsdigter in Kariega raakgeloop, en sy naam is Eugene Damons.
Aftrede op Mauritius 15.05.2023 11:03
Dani van Vuuren vertel vir Martelize Brink wat Mauritius as ‘n opsie vir aftrede alles behels. Die opsie is beskikbaar vir mense oor 50.
Die snyblombedryf 12.05.2023 15:38
Cornelis Human gee vir Martelize Brink ’n blik op die snyblombedryf. en vertel hoe jy jou blomme die langste kan laat hou.
Prins Albert se eerste Jazzfees 12.05.2023 8:12
Haidee Muller-Isaacs het jou verlede jaar vertel van Journey to Jazz, Prins Albert se heel eerste Jazzfees wat in Mei vanjaar sou plaasvind. En in weerwil van reuse uitdagings en 'n geskarrel om befondsing te kry, het die Jazzfees uiteindelik verlede naweek plaasgevind. Haidee was weer daar, en is aangenaam verras. Ingrid Wolfaardt, hoof van die Prins Albert Gemeenskap Trust, het 'n droom gehad en...
'n Lewe met bipolêre gemoedsteurnis 11.05.2023 17:33
Martia Heunis vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met bipolêre gemoedsteurnis, en deel episodes uit haar wipwa-rit met die siekte.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.