RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Danielle se honde 11.05.2023

Suid-Afrikaners is lief vir hulle diere. Dis dikwels die selfopgelegde taak van sommige om te help met die versorging van ander se troeteldiere. Danielle van Rooyen is een van daai mense. Dis sedert 2010 dat sy verseker dat die honde in die Bophelong township in die Vaaldriehoek ingeënt word en kos kry. Dis deesdae vir haar ‘n voltydse werk met gereelde fondsinsamelingprojekte.

Die werk van 'n veiligheidsbeampte in die filmbedryf 11.05.2023

Justin Witbooi gesels met Martelize Brink oor sy werk as ‘n veiligheidsbeampte in die filmbedryf. Hy werk onder andere op die stelle van Fear Factor en Survivor.

Sylvaine Strike - aktrise, skrywer en regisseur 10.05.2023

Sylvaine Strike gesels oor haar loopbaan as aktrise, skrywer en teaterregisseur. Sy Vertel hoe sy tot Franse ridder geslaan is, en breek die nuus dat sy Damon Galgut se, The Promise, waarmee hy die Bookerprys gewen het, verhoog toe bring.

SA Oorplantingsatlete skitter met goud en silwer 10.05.2023

Met die afgelope Wêreld Oorplantingspele wat in Perth, Australië, gehou is, het die Suid-Afrikaanse span nege gouemedaljes, 21 silwer en elf bronsmedaljes teruggebring. Maar die medaljes is glad nie so belangrik nie as wat dit is om elke dag voluit en met dankbaarheid te leef, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy met dr. Heilie Uys, spankaptein, gesels het. Maar eers vertel Heilie ‘n bietjie meer...

Suid-Afrikaanse handgerolde sigare 10.05.2023

Annerie Snyman vertel vir Martelize Brink die storie van Suid-Afrikaanse handgerolde sigare.

KwaZulu-Natal se geboue 09.05.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van KwaZulu-Natal se geboue, soos Pornet se gebou op die Bluff waarvandaan hulle die hawe se skeepsverkeer bestuur.

Ivor se dans met depressie 09.05.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met jeugprediker en skrywer Ivor Swartz oor hoe hy leer dans het met depressie én hoekom hy hom veral oor jong depressielyers ontferm.

Ambagte wat bestand is teen GPT 09.05.2023

Elsie Harmse praat oor die mensgedrewe ambagte wat bestand is teen GPT-tegnologie.

Saalperdskou in Bloemfontein 08.05.2023

Koekie de Villiers vertel van die grootste opelug saalperdskou ter wêreld wat verlede week in Bloemfontein plaasgevind het.

Dié argitek tel orals bakstene op 08.05.2023

Die Baaienaar en argitek, Bardie Badenhorst, is só dankbaar vir sy verlossing van sosiale media, want nou het hy emmers vol tyd om nuwe belangstellings te vind én uit te leef. Een hiervan is om wegsmyt-bakstene te versamel en dit weer ‘n goeie doel te gee. Mariska Spoormaker het met Bardy langs sy hoop van meer as 700 bakstene gesels.

Nuwe medisinale sampioenspesie ontdek 08.05.2023

Breyten van der Merwe vertel vir Martelize Brink van ’n nuwe medisinale sampioenspesie wat hy identifiseer het. Hericium ophelieae is endemies tot die Knysnabos en kom spesifiek voor op die Kaapse Beukeboom, die Waterboom, die Ysterhoutboom en Stinkhoutboom.

Die Britse kroonjuwele 05.05.2023

Stefan Doveton-Moore vertel vir Martelize Brink van die Britse kroonjuwele wat tydens Koning Charles III se kroning te sien sal wees.

Wat is beter? ‘n Gasstoof of 'n elektriese stoof? 05.05.2023

Craig Venter van Defy praat die voor- en nadele van ‘n gasstoof tenoor 'n elektriese stoof.

Tygerberg-kinderkoor kraai koning 05.05.2023

Die Tygerberg-kinderkoor het pas koning gekraai in die afdeling vir kinderkore by die Hull Internasionale Koorkompetisie in Brittanje. Dit beteken dat hulle outomaties toegang kry tot die Wêreldkoorspele in 2024 in Nieu-Seeland, en dus in die kampioenskapsafdeling kan meeding sonder om eers te kwalifiseer. Haidee Muller-Isaacs gesels met koordirigent Karina Erasmus en 'n paar koorlede oor hierdie...

Ondersteuning met 'n histerektomie 04.05.2023

Melanie Verwoerd deel met Martelize Brink haar histerektomie-ervaring, en vertel van die tekort aan ondersteuning vir vroue wat daardeur gaan.

Frik “Visrivier Canyon” sê hoekom hy dié keer tuisbly 04.05.2023

In sy sewentig jaar het Frik Olwage die Visrivier-Canyon se 90 km-staproete al meer as 60 keer suksesvol aangepak, en ook baie stappers deur dié wêreld geneem. Noudat die Visrivier op sy droogste is in 14 jaar, en Frik besluit het om nie die roete voor die volgende goeie reëns te gaan stap nie, het Mariska Spoormaker met hom gaan praat.

Die werk van brandbestryders 04.05.2023

Piet du Plessis vertel vir Martelize Brink van sy loopbaan in brandbestryding, die gespesialiseerde opleiding wat brandbestyders kry, en die impak wat klimaatsverandering op hulle werk het.

Eloise Webb se rugbypad 03.05.2023

Eloise Webb gesels oor haar pad tot in die Vroue Springbok- en Springboksewesspan. Dié heelagter het ook provinsiale kleure in netbal en krieket.

Gewone vs digitale klavier 03.05.2023

Gawie Wolmarans gesels oor die voordele van ’n gewone klavier teenoor digitale klaviere. Johan Rademan pols Gawie ook oor daai beginnersmusiek wat selfs bure teen die mure kan uitdryf. Wie ekn dan nie Chopsticks of Für Elize van Beethoven nie?

Wisseldiëte met veganisme 03.05.2023

Mari-Louis Guy vertel vir Martelize Brink van wisseldiëte met veganisme. Sy deel ‘n paar idees en praat oor die neiging om te sorg dat almal om ‘n tafel se kos dieselfde lyk, hetsy dit vleis of ‘n alternatief is.

Hoe bou mens op sand? 02.05.2023

Dawie Botha vertel vir Martelize Brink hoe geboue en paaie op sand gebou word, asook die uitdaging van sand se beweging by hawemondings.

Hoor net hoe praat hierdie Amerikaner Afrikaans! 02.05.2023

Aan die oewer van die Soutrivier in die lowerryke Nature’s Valley, het Mariska Spoormaker 'n Amerikaner raakgeloop wat in vyf weke Afrikaans leer praat het. Die 29-jarige Andy Kite het darem so drie jaar voor dit deur middel van YouTube Afrikaans probeer leer, maar eers in Suid-Afrika het hy aan die Afrikaans-praat gekom

Tuna se belangrike rol in die visbedryf 02.05.2023

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van tuna se rol in die visbedryf. Tuna verteenwoordig 20% van die waarde van vis wat gevang word.

Uiters bedreigde witvlerkvleikuiken 01.05.2023

Dr. Hanneline Smit-Robinson vertel vir Martelize Brink van die Middelpunt Natuurreservaat wat die enigste broeibevolking van die witvlerkvleikuiken buite Etihopië het. Dit is nou tot Ramsargebied verklaar.

Eddie Wallace se gewigsverlies-oorwinning 01.05.2023

Eddie Wallace het koning gekraai in 'n gewigsverliesprogram op TV. Haidee Muller-Isaacs het by hom gehoor hoe dit voel om 53 kg ligter te wees, nadat hy voorheen die skaal op 227 kg laat kreun het. En hy is nog nie klaar nie, hy wil nog 50 kg verloor, vertel hy trots.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.