RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Verdwaal in George se doolhof 01.05.2023 9:13
Ansuné Louw vertel vir Martelize Brink van Redberry Farm op George se doolhof, wat aangewys is as een van die 20 indrukwekkendstes en uitdagendstes ter wêreld deur Great Gardens of the World.
Kameras vir navigasie 28.04.2023 11:01
Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe tegnologie soos selfbestuurmotors en automatiese stofsuiers kameras gebruik om te navigeer.
Kirsten Neuschäfer is ‘n “next level”-vrou 28.04.2023 11:50
Die Suid-Afrikaanse alleenvaarder, Kirsten Neuschäfer, het gisteraand op haar seiljag, Minnehaha, as wenner van die Golden Globe Seiljagwedvaart in Les Sables-d'Olonne in Frankryk aankom. Kirsten het só goed gedoen dat haar ma Annette, ‘n Baaienaar, moes spring om ‘n vroeër vlug na Frankryk te haal. Frans Loots, spanbestuurder van die ander Suid-Afrikaanse deelnemer, Jeremy Bagshaw, het afgelope D...
Tracy Smith se rolbalwêreldtitel 28.04.2023 7:40
Tracy Smith vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as blinde rolbalspeler. Sy het vanjaar haar derde wêreldtitel gewen. Haar man, Tommy, is haar oë op die rolbalbaan.
Anim se woestyn-uithoumarathons 27.04.2023 13:19
Anim Swart vertel vir Martelize Brink hoe sy in die ouderdom van 57 vyf 250 km-uithoumarathons binne ses maande in woestyne van Lapland tot Antarktika voltooi het.
DAK Netwerk kyk na die toekoms 27.04.2023 6:42
Haidee Muller-Isaacs gesels met Dak Netwerk se uitvoerende voorsitter, Danie van Wyk, oor die organisasie se werksaamhede te midde van moeilike tye, en watter toekomsplanne hulle het.
Van trolliestoter tot doktor in filosofie 27.04.2023 15:48
Dr. Jerome Sameuls vertel vir Martelize Brink hoe hy in graad 11 die skool verlaat het nadat ‘n vriend in sy arms gesterf het. Hy het trollies gestoot, rakke gepak, was ’n taxideur-operateur, en het nou op 51 ’n doktorsgraad in filosofie verwerf. Hy vertel van die keuses wat hy moes maak, en hoe belangrik integriteit is.
Dawid Minnaar - veteraan van toneel 26.04.2023 18:15
Dawid Minnaar vertel vir Martelize Brink hoe sy grootworddae op ‘n plaas in Namibië die weg gebaan het tot sy akteursloopbaan.
Wat moet jy in ag neem wanneer jy 'n klavier koop? 26.04.2023 8:58
Wat is die vyf dinge wat jy in ag moet neem wanneer jy ‘n klavier wil koop. Gawie Wolmarans, ’n digitale klavierstemmer en voormalige orkesleier by RAU, gee ‘n objektiewe mening hieroor. Johan Rademan het hom ook uitgevra oor die verskil in klank tussen Oosterse en Westerse musiek.
SA se kakkerlakplaag 26.04.2023 8:21
Prof. Erik Holm vertel vir Martelize Brink van kakkerlakke, en die Duitse weergawe wat Suid-Afrikaners nou so opdraende gee. Die Duitse kakkerlak kom toe nou nie van Duitsland af nie!
Durban Hawe se Kaai 4-konstruksie 25.04.2023 16:03
Werner Jerling vertel vir Martelize Brink van die konstruksie van Durban Hawe se Kaai 4. Die groot hol strukture wat 3 300 ton elk weeg, is op land gegiet en gedryf tot waar dit in posisie geplaas is voor dit gevul is.
Petro McDonald se passie vir vroeë kinderontwikkeling 25.04.2023 10:54
Bonnievale in die Wes-Kaap is in 1922 gestig. Dit was voorheen ook bekend as Bosjesmansdrift. Dis ‘n mooi dorp in die Langeberge, met veral landbou om die ekonomie aan die gang te hou. Petro McDonald is een van die inwoners, en is passievol oor dié omgewing en sy mense. Sy het veral ‘n baie kreatiewe aanslag met die kinders se vroeë ontwikkeling.
Jou reg op privaatheid met al die kameras in jou toerusting 25.04.2023 8:50
Prokureur Herman du Randt praat oor privaatheid en jou regte binne die nuwe tegnologie-omgewing. Daar was al verskeie voorvalle waar maatskappye geloer het na mense deur die kameras in hulle toerusting.
Kat of luiperd? 24.04.2023 12:09
Vanessa Graham vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van Bengaalse katte, en die buitengewone kenmerke van die katte soos die pelspatrone wat soortgelyk is aan dié van luiperds.
Oom Manie se amandels 24.04.2023 10:15
Haidee Muller-Isaacs het die grondpad aangedurf, en in die Kammanassie-distrik anderkant Dysselsdorp op Oom Manie du Plessis se plaas gaan kuier, waar hy nou ook met amandels boer.
Seewier se gesondheidsvoordele 24.04.2023 10:46
Dieetkundige Mariza van Zyl praat oor die seewiergier in gesondheidskoskringe. Daar is veral baie navorsing oor seewier se voedingswaarde in Japan gedoen.
Hoe giet jy 'n bronsbeeld? 21.04.2023 12:40
Henry Heynes vertel vir Martelize Brink hoe bronsbeelde gegiet word. Hy het onder andere die 9 meter hoë Nelson Mandela standbeeld by die Uniegebou gegiet
Semigrasie se impak op George 21.04.2023 7:58
George is een van die grootste en vinnigste groeiende dorpe in die Wes-Kaap. Dis nie net vir toeriste ‘n trekpleister nie, baie mense het die kusdorp in die laaste paar dekades hulle tuiste gemaak. Jacqui January gesels met eiendomsagent Marinda da Silva. Sy wou by haar weet wat van die faktore is wat bydra dat die dorp behoorlik uit sy nate bars.
Kaapse wewersgilde 21.04.2023 8:32
Andries Kotze en Monika Pike vertel vir Martelize Brink van die oudste wewersgilde in die land, en die weefklasse wat hulle aanbied.
'n Tuin van mos 20.04.2023 16:43
Gert van Tonder en Annemarie Ferreira gesels oor die gebruik van plaaslike mos in ‘n mostuin. Gert het so ‘n tuin vir Annemarie op die Tokara-landgoed in Stellenbosch gemaak. Bykans 2 000 ton materiaal is in die skep van die tuin gebruik.
DaVinci se dansdrome 20.04.2023 8:56
Haidee Muller-Isaacs gesels met DaVinci, 'n danser van Oudtshoorn, wat 'n nasionale hip-hop danswedstryd gewen het. Hy vertel hoekom hy begin dans het, sy droom om sy eie dansateljee te besit, en 'n nuwe paar dansskoene. Hy neem die naweek weer aan 'n nasionale kompetisie deel. André Calitz van WX Hip Hop Street Dance Development SA gesels saam.
Plastiekherwinning en verwerking tot voedselgraad 20.04.2023 14:21
André Smit vertel vir Johan Rademan van tegnologie om plastiek tot voedselgraad te herwin. PET is die plastiek wat meerendeels vir voedseldoeleindes herwin word.
Marinda Engelbrecht - stoof en verhoog 19.04.2023 13:45
Marinda Engelbrecht gesels oor haar loopbaan agter die stoof en op die verhoog.
Magiese 440 Hertz 19.04.2023 8:32
‘n Hele simfonieorkes wat nie vals speel nie, hang aan die beginsel van 440 Hertz. Johan Rademan gesels met Gawie Wolmarans, ’n digitale klavierstemmer, en hulle kyk ook na waar jy jou klavier op die beste plek in jou huis kan plaas.
Botaniese kuns by Kirstenbosch 19.04.2023 14:55
Jaco Joubert gesels oor die botaniese kunsuitstalling wat by Kirstenbosch te sien is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.