RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die N2 tussen Mthunzini en Empangeni 18.04.2023 12:04
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van bouprojekte in KwaZulu-Natal, soos die N2 nasionale pad tussen Mthunzini en Empangeni oor die Mhlatuze-vloedvlak.
Die kunste in die onderwys 18.04.2023 11:09
Anina Lundie gesels oor haar ervaring van die kunste in die onderwys, en hoe sy telkemale verras word deur die waardevolle impak wat dit in kinders se lewens maak. Anina werk by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement as 'n senior kurrikulumbeplanner vir Skeppende Kunste.
Straatnetbal 18.04.2023 8:28
Shirley Botes en Brad Bing vertel vir Martelize Brink van straatnetbal wat in verskeie gemeenskappe bekendgestel is in die aanloop tot die Netbalwêreldbeker wat in Suid-Afrika aangebied word.
Sport vir veldwerkhonde 17.04.2023 11:31
André Thuynsma vertel vir Martelize Brink van sport vir veldwerkhonde. Hy en sy Labrador, Moxie, is ‘n gedugte span.
Dans in die Namakwaland 17.04.2023 10:35
Dans is ’n kragdraende kommunikasiebron. Jacqui January gesels op O’kiep in Namakwaland met Alfred Hinkel. Hy is bekroon as dansmeester, en is veral bekend daarvoor dat hy rou jong talent omskep in uiters kreatiewe dansers. Hy werk met jongmense in die omgewing, en dis merkbaar hoe hulle selfvertrou groei. Die jongmense laat die lewensvaardighede van respek vir self en ander deursypel na jong kind...
Pas op waar jy jou foon herlaai! 17.04.2023 7:09
Jan Vermeulen vertel hoe versigtig jy moet wees vir waar jy jou foon se battery herlaai. Die Amerikaanse sepurdiens, FBI, waarsku teen laaigeleenthede in openbare plekke.
Van die koei tot die verbruiker 14.04.2023 12:17
Johan Boshoff verduidelik vir Martelize Brink watter prosesse gevolg word om melk gereed te kry vir die verbruiker. Hy vertel onder andere van pasteurisasie, homogenisering en die UHT-proses vir langlewemelk.
Bonnievale se kanale 14.04.2023 8:50
Haidee Muller-Isaacs verken Bonnievale se kanale.
Bome geverf om basstroping te keer 14.04.2023 9:51
Willem Boshoff vertel hoe bome teen Tafelberg geverf word om basstroping te voorkom. Die bas word onwettig geoes vir traditionele medisyne en rituele.
Fransman wat Afrikaans praat 13.04.2023 12:30
Christopher Bourgeois vertel vir Martelize Brink hoe dit gekom het dat hy as ‘n Fransman Afrikaans kan praat. Ons hoor hoe hy in Afrikaans grootgeword het, en tans op ‘n werksbesoek in Suid-Afrika is.
Elzabé Zietsman- Van kos na kwilts 13.04.2023 10:14
Haidee Muller-Isaacs gesels met Elzabé Zietsman oor hoe haar lewe verloop het nadat sy haar gewilde restaurant, Zietzies, se deure moes sluit. Elzabé vertel ook hoe sy intussen kwilts leer maak het.
Argitektuur en simboliek 13.04.2023 12:30
Landseer Collen vertel vir Martelize Brink van die verhouding tussen argitektuur en handelsmerke, en die simboliek in geboue.
Charl du Toit se atletiekloopbaan 12.04.2023 19:30
Charl du Toit gesels oor sy loopbaan as naelloper, sy wêreldrekords, paralimpiese goue medaljes en sy loopbaan in die onderwys ná sy uittrede uit mededigende atletiek.
Digitale klavierstemmer 12.04.2023 11:17
Die menslike oor kan nie kers vashou by die toepassing van ’n digitale klavierstemmer nie. Johan Rademan het hieroor met Gawie Wolmarans gesels.
Ons Winkel 12.04.2023 9:28
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van ONS WINKEL waar ander se ongebruikte goed ‘n tweede lewe kry. Alishia de Lange vertel ook vir haar 'n baie besonderse storie wat hulle harte vandag nog warm maak.
Richardsbaai se bedrywe 11.04.2023 9:35
Dawie Botha praat oor die bedrywe in Richardsbaai, soos ‘n aluminiumsmelter uit ‘n era van goedkoop elektrisiteit.
Franse rugby en 'n fietstoer 11.04.2023 9:34
Vlok Cilliers gesels oor die Franse se kans om die Rugbywêreldbeker op eie bodem in te palm, en ‘n fondsinsamelingsfietstoer waarby hy betrokke is.
Regte van rokers by die werk 11.04.2023 11:06
Lucian Companie vertel vir Martelize Brink van die regte van rokers by die werk. Die gesprek volg na aanleiding van ‘n man in Japan wat met R195 732 beboet is oor rook by die werk.
Indringer perdebye probleem in Wes-Kaap 10.04.2023 13:14
Arné Stander vertel vir Anthea Fredericks van twee uitheemse indringer perdebyspesies wat die Wes-Kaap teister.
Plant krisante en wees gelukkig 10.04.2023 8:37
Daar is ‘n spreekwoord in Japan wat sê: As jy gelukkig wil wees moet jy krisante plant. Dié elegante blomme is van Oosterse oorsprong, en is pragtige herfsblomme in Suid-Afrika. Dalk praat jy van asters. Jacqui January het in die Stellenbosh-omgewing gaan kuier by Bernard en Anne Mentoor. Hulle plant krisante vir die mooi, en vertroetel hulle versigtig vir skoutyd wat gewoonlik elke jaar in die ee...
Oorsese toeriste versot op SA staptoere 10.04.2023 10:06
Andries Liebenberg vertel van staptoere en die gewildheid daarvan onder oorsese toeriste.
Van Ampie tot 'n Akkerboom 06.04.2023 8:27
De Klerk Oelofse vertel van sy ervaring in die rol van Ampie in RSG se middagvervolgverhaal, en die uitdagings wat sy produksie, ‘n Akkerboom, by die KKNK inhou.
Neil Diamond se musiek 06.04.2023 5:42
Johan Liebenberg gesels oor sy musiekloopbaan en Neil Diamond se musiek waarmee hy sinoniem is.
Granaatboerdery in die Klein Karoo 06.04.2023 12:24
Gerhard Meyer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van granaatboerdery in die Oudtshoorn-omgewing.
Pietman Geldenhuys en Lyntjie Jaars sit Oppiestoep 06.04.2023 14:00
Pietman Geldenhuys en Lyntjie Jaars vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hulle begin saam werk het en driesestig se rol daarin. Lyntjie vertel een van haar gunsteling stories.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.