RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Lui Olimpiese Spele 08.09.2023 2:55
Montenegro se inwoners het ‘n reputasie van lui wees. Dis glo ‘n mite, maar deesdae hou hulle ‘n kompetisie om te sien wie die luiste inwoner is. Sewe deelnemers voel nog goed uitgerus na 463 ure se lê!
Die Duitse wesies - 75 jaar later 07.09.2023 14:11
Peter Michel en Fritz Schoeman vertel vir Martelize Brink van hulle ervaring as Burgers van 48, ook bekend as die Duitse wesies. Op 8 September 1948 het 86 Duitse weeskinders, ná die Tweede Wêreldoorlog, in Suid-Afrika aangekom.
Musiek is die beste medisyne 07.09.2023 8:29
Die Oos-Kaapse tweede senior burger sangfees vind volgende Saterdag op Jeffreysbaai plaas. Orrelis en koorbegeleidster van Jeffreysbaai, Annatjie Smit, sê die fees is getuie van die geneeskragtigheid wat musiek en samesang bied. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.
Kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg - Deel 3 07.09.2023 7:39
Amanda Lotheringen praat oor die uitdagings en gevare van handelsmerke en logo’s wat deur kunsmatige intelligensie geskep is.
Op 'n drafstap oor die oseaan 07.09.2023 1:51
‘n Man van Florida is deur die Kuswag gered en in hegtenis geneem nadat hy in ’n hamsterwieltipe-vaartuig oor die Atlantiese oseaan wou draf.
Jannie Moolman oor musiek, Mosselbaai en baba 06.09.2023 15:31
Jannie Moolman vertel vir Martelize Brink hoe hy in ‘n sangloopbaan beland het, sy verhuising na die Wes-Kaap en die plesier van pa wees.
SA lei met uitvoer van vlugtige olies 06.09.2023 7:09
Suid-Afrika is toonaangewend in die uitvoer van essensiële of vlugtige olies wêreldwyd. Van die olie word in die parfuumbedryf, vir medisinale doeleindes en in huise gebruik. Daar is baie uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere te bowe moet kom met die verbouing en uitvoer van die olie. Jacqui January gesels hieroor met Karen Swanepoel van SEOPA.
SA brandbestryders gee opleiding in Duitslaand 06.09.2023 4:37
Heinrich Louw vertel vir Martelize Brink van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweerspan, wat opleiding vir Duitsland se plattelandse brandweervrywilligers gaan gee het.
Mikroskyfies en strepieskodes ingespan teen vervalste kaas 06.09.2023 2:43
Mikroskyfies en strepieskodes word deesdae gebruik om Italiaanse parmesaankaas te merk, om vervaardigers teen vervalsing te beskerm.
So is die land gebou - Dawie Botha 05.09.2023 13:21
Dawie Botha gesels oor sy loopbaan as ‘n siviele ingenieur. Ontmoet die man wat SO IS DIE LAND GEBOU weekliks na RSG bring.
Ontlont dié mense! 05.09.2023 10:01
Voorvalle van moord, aanranding, brande en gru-ongelukke volg mekaar so vinnig na mekaar op in Suid-Afrika, dat die groter prentjie meer vooropstaan as die trauma waardeur die mense gaan wat eerste op die toneel kom - die sogenaamde first responders. Min mense besef hoe belangrik trauma-ontlonting vir hierdie soort mense is, sê Hanna Kotzel, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader in Gqeb...
Wupperthal se restourasie 05.09.2023 11:45
Argitek Graham Jacobs vertel vir Martelize Brink van die restourasieprosesse by Wupperthal ná die verwoestende brand in 2018. Daar is gister van die gerestoureerde huise aan inwoners oorhandig.
Eetatleet verslind 276 hoendervlerkies 05.09.2023 1:42
Australiese eetatleet James Webb het koning gekraai by ‘n hoendervlerkie-eetkompetisie toe hy 276 vlerkies in 12 minute geëet het.
Indringervis is bron van kos 04.09.2023 12:49
Barend le Roux en Mario Ferreira vertel vir Martelize Brink van die Groenvlei-karpprojek. Elke maand word sowat ‘n ton van indringervis as kos deur Gift of the Givers versprei.
Danya se klere vir werksoek 04.09.2023 10:51
Haidee Muller-Isaacs gesels met Danya Goosen oor haar Get Ready for Job-inisiatief. Sy sê as jy mooi aangetrek is vir ’n werksonderhoud, dan kry jou selfvertroue ’n hupstoot.
Musiekterapie vir demensie 04.09.2023 3:25
Musiekterapeut Liesl Henrico praat oor die gebruik van musiekterapie vir mense met demensie.
S-Korea se plan om geboortesyfer te verhoog 04.09.2023 2:15
Suid-Korea het 'n projek begin waar 100 huiswerkers van oorsee gewerf word om teen sowat R50 000 ‘n maand te werk. Die doel is om die land se geboortekoers te verhoog deur die werklas van paartjies by die huis te verlig. Tans kan jy nie sommer ‘n visum vir dié doel kry nie.
Rugbylande se kos- en vuurkultuur 01.09.2023 18:06
Koskenner Errieda du Toit gesels oor die vuurkultuur van rugbylande. Almal het ‘n kostradisie om die kole.
360 Speseryroete - Deel 1 01.09.2023 7:48
Ons kyk na die geskiedenis van speserye saam met koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche.
Pars blomme in die lente 01.09.2023 7:32
Charlene Potgieter vertel vir Martelize Brink hoe ons die blomseisoen kan vasvang deur blomme te pars.
Op 102 is Peggy nog aktief in die swembad! 01.09.2023 1:30
Peggy Konzak van Oregan, VSA, is al vir 54 jaar ‘n aktiewe sweminstrukteur, en is op 102 steeds volstoom aan die gang.
Kunsmatige intelligensie en intellektuele goederereg - Deel 2 31.08.2023 10:34
Amanda Lotheringen praat oor kunsmatige intelligensie en intellektuele eiendom in die mediese veld.
Intieme vroulike gesondheidkwessies 31.08.2023 9:37
Uroginekoloog dr. Rénardo Lourens praat oor die gebrek aan begrip en gesprekke oor intieme vroulike gesondheidkwessies.
Miljoene bye maak amok 31.08.2023 1:50
In Kanada het korwe met 5 miljoen bye van ‘n vragmotor afgeval. Vrywillige byevangers moes die situasie beredder.
Merwyn se keramiekkuns 30.08.2023 16:54
Keramiekkunstenaar Mervyn Gers vertel vir Martelize Brink van sy pad tot by keramiek, en die stryd wat hy met lang-Covid gehad het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.