RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Internasionale tafeltennisskeidsregter 18.09.2023 10:37
Genevieve Lentz vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as internasionale tafeltennisskeidsregter. Dié baanbreker van Bonteheuwel kom uit ‘n familie van tafeltennispresteerders.
Shrek se Crocs 18.09.2023 1:39
Eers was daar Crocs. Nou is daar Shrek Crocs - ‘n groen skoen met ‘n paar sproete, ogre-ore en ‘n neus.
SA olyfolie-toekennings 15.09.2023 16:04
Jackie Loubser vertel vir Martelize Brink van die onlangse SA Olive-toekennings, en hulle proe plaaslike olyfolie.
360 Speseryroete - Deel 3 15.09.2023 8:36
Hoe is sout en peper duisende jare gelede gebruik? Watter kultuur het gefermenteerde vissous in hulle resepte gebruik? Ons sit ons speseryroete voort met kultuur- en koshistorikus Hetta van Deventer-Terblance, wat meer vertel van die geskiedenis van speserye.
Tertius se plate 15.09.2023 8:28
Tertius Louw vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy as sesjarige begin plate versamel het. Hy is nou in sy sewentigs, en versamel steeds. Hy is ook 'n kranige musieknavorser, en sy versameling is een van die grootstes in die land.
Kartontente by Britse feeste 15.09.2023 2:04
‘n Derde van musiekfeesgangers in Brittanje los hulle tente ná die feeste net daar. Nou is daar kartontente, wat herwin word ná die fees.
Emile se reise 14.09.2023 18:56
Emile Joubert vertel vir Martelize Brink van sy internasionale ervarings as kind, wat hom help vorm het as gerekende joernalis en skrywer.
Eens prokureur, nou sosiale entrepreneur 14.09.2023 10:29
Hy was eers ’n prokureur. Nou is hy 'n sosiale entrepreneur. Dít, in kort, som Jean-Pierre du Plessis, ‘n boorling van Humansdorp, se lewe op. Hy glo ons kan Suid Afrika laat werk, en dat die land die potensiaal het om 'n lig vir die wêreld te wees. Jean-Pierre se benadering is om sakemodelle te ontwikkel om volhoubaarheid te verseker, waar gemeenskapslede reeds begin het om verbetering in hulle l...
Hoe luister die polisie jou af? 14.09.2023 10:36
Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Martelize Brink hoe die apparaat werk waarmee die polisie telefoonkommunikasie onderskep.
Gaan kyk rotte in New York 14.09.2023 2:47
In New York gaan mense deesdae op rotbesigtigingstoere. Op TikTok is mense gaande oor die rotte, en dit het tot die rottoerisme gelei.
Van Zinkplaat tot die kassie 13.09.2023 13:28
Beer Adriaanse vertel vir Martelize Brink hoe hy van tromspeler van Zinkplaat gegaan het tot akteur, regisseur en draaiboekskrywer.
Choral Celebration Network Foundation 13.09.2023 8:58
Alta Maré is die stigter en direkteur van Choral Celebration Network Foundation, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die platform skep vir kore van alle agtergronde om te kan deelneem. Johan Rademan het met haar gesels.
Kook met fynbos 13.09.2023 15:21
Giselle Courtney gee vir Martelize Brink ’n fynbos-proe-ervaring. Sy ontdek die smaak en geur van verskeie plaaslike kruie, en hoe dit in jou kos sal werk.
Polisie waarsku teen dwergies 13.09.2023 1:03
Die polisie in Noord-Wallis waarsku inwoners dat skurke kersfeesdwergies in hulle voortuine sit. As dit nie geskuif word nie, sien hulle dit as ‘n teken dat die mense nie tuis is nie.
Groen ingenieurswese 12.09.2023 13:33
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink wat groen ingenieurswese behels.
Hierdie perd én ruiter is linksgesind 12.09.2023 9:08
In Nelson Mandelabaai is daar twee linksgesindes wat saam ‘n gedugte span maak. Die een is die perd Misty en die ander die ruiter Monique Maritz. Misty, eens 'n renperd, se linkervoorpoot is hoër as haar regterpoot weens ‘n ou besering net bo die hoef. Monique se linker onderbeen is ná 'n motorfietsongeluk geamputeer. Nou gee sy en Misty mekaar goeie hoop vir 'n goeie toekoms. Mariska Spoormaker h...
Wat is jou werklike stuifmeelblootstelling? 12.09.2023 9:15
Dr. Janet van der Walt vertel vir Martelize Brink van die Universiteit van Kaapstad se Longinstituut Allergie en Immunologie Kliniek wat jou toelaat om aanlyn jou werklike stuifmeelblootstelling te sien.
Strate vol wyn 12.09.2023 1:42
In die Portugese dorp, São Lourenco do Bairro, het twee wyntenks meegegee, en 2,2 miljoen liter rooiwyn het toe deur die strate gestroom.
Marius se padda-eskapades 11.09.2023 13:07
Herpeteloog Marius Burger gesels oor sy ervarings as paddadeskundige.
Andrea grimeer vir kanker 11.09.2023 9:52
Haidee Muller-Isaacs gesels met grimeerkunstenaar Andrea Hurter oor haar oorlede ma Marietjie. Sy was ook 'n grimeerkunstenaar voor haar dood aan kanker sewe jaar gelede. Sy was 53 jaar oud. Andrea was 23 jaar oud met haar ma se dood. Sy vertel ook vir Haidee van haar grimeersessies vir 'n nuwe TV-reeks wat hulde bring aan tien borskanker-oorwinnaars. Dit het ou wonde oopgekrap, maar Andrea is inn...
Waterfietsuitdaging 11.09.2023 8:30
Chantell Wittstock vertel vir Martelize Brink van die Prinses Charlene van Monaco Stigting se waterfietsuitdaging ten bate van waterveiligheid.
Noedels met kafeïen 11.09.2023 1:46
In Japan is daar nou voorafvoorbereide noedels met kafeïen vir rekenaarspeletjiespelers.
Musiek vir gehoor 08.09.2023 13:57
Dr. Sucari Vlok vertel van HearUS , ’n nie-regeringsorganisasie wat kogleêre inplantings by Tygerberg Hospitaal fasiliteer. Hulle gebruik musiek om ander se gehoorherstel te befonds.
360 Speseryroete - Deel 2 08.09.2023 5:48
Kultuur- en koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache kuier aan tafel by die Romeine.
Gert Lubbe se nalatenskap 08.09.2023 9:56
Gert Lubbe was 'n legende op Montagu. Hy was 'n inkommer wat hom oor die dorp se welstand en sy ekonomie en toerisme ontferm het. Gert is oorlede ná Haidee Muller-Isaacs se laaste besoek aan sy Montagu Country Hotel. Haidee het gaan kyk hoe PJ Basson, die oudbestuurder en nuwe eienaar, Gert se nalatenskap laat voortleef. En ja, Gert se geliefde Cadillacs is nog daar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.