RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gerookte skaap 27.09.2023 1:20
In Griekeland het ‘n trop skape 100 kg medisinale dagga opgevreet!
SA se geskiedkundige bergpasse 26.09.2023 13:16
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink in SO IS DIE LAND GEBOU van Suid-Afrika se geskiedkundige bergpasse.
Die natuur se anti-depressant 26.09.2023 8:43
In 1685 het Simon van der Stel in sy joernaal, ná sy besoek aan Namakwaland, melding gemaak van ‘n besondere plant wat verweef is in die Khoi- en San-kultuur. Vandag word hard gewerk om die kwaliteite van dié plant aan Suid-Afrikaners bekend te styel en dit op die wêreldmark te vestig. Jacqui January was by die African BioTrade Festival waar sy met plantkundige Albert Ackhurst gesels het oor sy pa...
Paul se kunstige vliegtuigfoto’s 26.09.2023 12:37
Paul Job vertel vir Martelize Brink hoe hy by lugvaartfotografie betrokke geraak het, en gee wenke om beter vliegtuigfoto’s te neem.
Niko se lang reis 26.09.2023 1:22
Ná ‘n reis van sowat 4 800 km vanf Venezuela af, deur Mexiko tot by Amerika, in sy eienaar se rugsak, sal Niko die eekhoring en sy eienaar se paaie moet skei. Die eekhoring sal nie toegelaat word om Amerika binne te gaan nie.
Rocherpan se flaminke 25.09.2023 10:39
Marius Wheeler vertel vir Martelize Brink van Rocherpan Natuurreservaat, waar sowel die grootste as kleinste flaminkspesies te sien is.
Skryf jou familieverhale vir jou nageslagte! 25.09.2023 9:05
Jou erfenis lê nie net in standbeelde, geboue, landsvlae en die natuur nie. Dit lê ook in familieverhale, wat selfs oor kontinente kan strek. Skrywer en digter van die Baai, Trudie Wegener, het juis met die oog op haar nageslagte heelwat familieverhale neergepen. Dit is hulle erfenis, sê Trudie vir Mariska Spoormaker.
Pinnacle Point se mosaïektonnel 25.09.2023 10:09
Amos van der Merwe vertel vir Martelize Brink van Pinnacle Point se 55 meter lange tonnel waar erfenis in mosaïek vasgevang word.
Boetie en sussie vat die pad met ma se kar 25.09.2023 3:27
‘n Tienjarige seun en sy elfjarige suster is in Florida in Amerika van die pad afgetrek, 320 km van hulle huis af. Hulle het weggeloop nadat hulle ma hulle elektroniese speelgoed afgevat het.
Wêreld se beste kookboek 22.09.2023 9:53
Sjef Manché Muller vertel vir Martelize Brink van Harvest Table, wat aangewys as die beste internasionale kookboek by die World Gourmand Cookbook Awards.
360 Speseryroete - Deel 4 22.09.2023 17:40
Hetta van Deventer-Terblanche vertel vir Martelize Brink van die speserye wat geur gee aan Suid-Afrikaanse koskultuur se unieke smaak.
Kolwyntjies teen kinderkanker 21.09.2023 8:11
Sandy Cipriano vertel van Cupcakes of Hope, en wat haar genoop het om bewusmaking en fondsinsameling te doen ten bate van kinders met kanker.
Susan dra die fakkel vir die dowe gemeenskap 21.09.2023 11:24
Haidee Muller-Isaacs gesels met Susan Njeyiyana, 'n junior dosent in Suid-Afrikaanse Gebaretaal aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Algemene Taalwetenskap. Sy is sedert die ouderdom van drie doof. Hulle gesels met die ondersteuning van die tolk, Marsanne Neethling.
Wêreld Roei Meestersregatta 21.09.2023 7:59
Herman van Velze gesels oor roei in Suid-Afrika en die Wêreld Roei Meestersregatta wat by Roodeplaatdam gehou word.
Borg 'n eiland se seegebied 21.09.2023 2:08
‘n Eiland in die Stille Oseaan, Niue, wil 127 000 vierkante kilometer se gebiedswater geborg kry, om dit teen plastiekbesoedeling en die oorbenutting van visbronne te beskerm.
Anton Treurnich skryf vervolgverhaal oor water 20.09.2023 9:21
Anton Treurnich gesels met Martelize Brink oor sy loopbaan en Dor, die nuwe RSG-middagvervolgverhaal wat hy geskryf het.
Penny de Klerk dóén 20.09.2023 10:55
As jy vir iemand hoop wil gee, moet jy hulle bedien. Dís die leuse van Penny de Klerk van Paarl Doenit. Ander praat, sy dóén. Penny is gedurig aan't pennies omdraai om behoeftiges in haar gemeenskap se swaarkry te verlig. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe haar ouma Nellie Steyn, desjare die vroedvrou op Riversdal, haar dit al in die jare sestig op haar kinderhart gelê het.
Hoe gemaak met menslike oorskot in museums en by universiteite? 20.09.2023 10:40
Annalize Kotze van Iziko Musuems praat oor die lot van menslike oorskot in museums en universiteite se besit. Sy deel wat Iziko Museums doen om die oorskot hulle besit by hulle nageslagte te kry om begrawe te word.
Verbod op vure in Sydney 20.09.2023 1:58
Sydney in Australië het ‘n totale verbod op oop vure ingestel. Jy mag nie braai, ‘n kampvuur maak of selfs swys nie. Dit is gedoen om brande in hulle droë en winderige weersomstandighede te voorkom.
Bergpasse, skanskorwe, rotsankers en vangnette 19.09.2023 11:12
Dawie Botha gesels in SO IS DIE LAND GEBOU oor bergpasse, skanskorwe, rotsankers en vangnette.
Inwoners 'red' Baaise natuurgebied 19.09.2023 9:21
In watter metropool in die land kan jy teen sterk skemer tussen struik en boom loop, en die gloeiende liggies van vuurvliegies sien? In Nelson Mandelabaai, sal Mariska Spoormaker jou vertel nadat sy met haar honde in sterk skemer in ‘n gedeelte van die Baakensriviervallei naby die woonbuurt Millpark gaan loop het. Dié stukkie natuurhemel bestaan omdat die omliggende inwoners in 2017 die Mill Park...
Wat is parametriese versekering? 19.09.2023 9:33
Ebbe Rabie vertel praat oor parametriese versekering, wat nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar wyd internasionaal gebruik word. Die versekering word aan klimaatuitkomste gekoppel, eerder as verliesse.
Vat die geld en hardloop 19.09.2023 1:40
‘n Kunstenaar is sowat R1,36 miljoen betaal om kuns te skep met die tema, Vat die geld en hardloop. Hy het 2 skoon doeke verskaf as die werk. Ná hofsake moet hy die meeste van die geld teruggee aan die museum.
Dokumentêr oor renosteroppasser 18.09.2023 13:51
Suzanne Janeke en Justin Terblanche vertel vir Martelize Brink van die dokumentêr, Guardian of the Clash, wat op Wêreld Renosterdag vrygestel word. Dit handel oor Justin se verhouding met drie renosters, vir wie hy ‘n oppasser was.
Praat nou van Firenza CanAm-koors! 18.09.2023 9:43
Op Humansdorp in die Oos-Kaap vind 'n mens twee Chevrolet Firenza CanAms in die garages by die plaaslike insleepdiens. Dié Can-Ams is van die mees gesogte klassieke motors in die wêreld, en daar is nog net 'n handjievol oorspronklikes oor. Rudolph de Vos, eienaar van die insleepdiens, is baie trots op sy twee CanAms, veral omdat een nog oorspronklik is, en die ander 'n gemodifiseerde wedrenmotor i...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.