RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Chris van der Westhuizen se stories 06.10.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met die voormalige hoof van Tygerberg Hoërskool, Chris van der Westhuizen. Hy is 'n bobaas storieverteller wat vorrheen die kostelike storie van sy kleremaakster-ma, Tant Nellie Naald, vertel het. Chris vertel nou vir Haidee die vermaaklike storie van sy studentewerk by ’n kroeg op Prieska, op ‘n trein en as 'n appie by 'n motorwerktuigkundige.

Dwergisme Bewusmakingsmaand 05.10.2023

Dis Dwergisme Bewusmakingsmaand. Bernadine Nel gesels oor aanvaarding, en die dag tot dag lewe van ‘n persoon van kort statuur. Haar man gesels saam.

CJ oor Wêreldbeker en fonds vir kankerlyer 05.10.2023

CJ Stander gesels uit Ierland oor die Rugby Wêreldbeker, en ‘n nuwe fonds vir ‘n opkomende rugbyster wat teen kanker veg.

Diemerskraal se vliegveld 05.10.2023

Daan Morkel se restourasie van ‘n 1960-vliegtuig het daartoe gelei dat hy ’n vliegveld gebou het op sy plaas in Wellington. Johan Rademan het Diemerskraal Vliegveld besoek.

Let op kinders se geestesgesondheid 05.10.2023

Opvoedkundige sielkundige Liesl Blomerus verduidelik waarvoor om op die uitkyk te wees met kinders se geestesgesondheid.

Marguerite van Eeden kyk na sosiale kommentaar in teater 04.10.2023

Marguerite van Eeden gesels oor haar doktorale studies wat op sosiale kommentaar in die teater fokus, haar jong loopbaan as aktrise, haar passie vir die land en burgerskap.

Van joernalistiek na gesonder koesterkos 04.10.2023

By die onlangse Afrika Bio-Handel Skou in Johannesburg, het Jacqui January gaan kyk na die uitstallings van organiese produkte. Denise Robertson, een van die uitstallers, het joernalistiek studeer, maar is deesdae ‘n suksesvolle entrepreneur, en maak gesonder koesterkos in haar fabriek op George.

Amateur Skrywersbond vier dekade 04.10.2023

Ernie Mellet vertel vir Martelize Brink van die Amateur Skrywersbond wat vanjaar 10 jaar oud is.

Konstruksiemasjinerie 03.10.2023

Siviele Ingenieur Werner Jerling vertel vir Martelize Brink van al die masjienerie wat op die konstruksieterrein gebruik word.

Dit woeker by Levena Josephs se gimnastiekskool 03.10.2023

By 'n gimnastiekklub vir jong kinders in Stellenbosch, hoor Haidee Muller-Isaacs twee uiteenlopende stories van 'n ouer en ‘n jonger gimnastiekafrigter. Levena Josephs het nie dat kanker in haar pad staan om steeds daar te wees vir die jong kinders by haar gimnastiekskool nie. Bernice Poole vertel vir Haidee hoe sy as jong talentvolle gimnas nooit haar eie drome kon bereik nie, tog het sy die spor...

Waves for Change bevorder geestesgesondheid 03.10.2023

Martelize Brink gesels met Nicci van der Merwe van Waves for Change, ’n organisasie wat hom daarvoor beywer om met terapeutiese branderrysessies, geestesgesondheidsdienste aan kinders in agtergeblewe gemeenskappe te verskaf.

Knysnaloerie pruk op 50 sent-muntstuk 02.10.2023

Dr. Marienne de Villiers vertel vir Martelize Brink van die Knysnaloerie, wat deesdae op die nuwe 50 sent-muntstuk pryk.

Verdien die Baai dié bynaam? 02.10.2023

Daar is mense wat sê Gqeberha is nes ’n koliekbaba - as hy nie nat is nie, is hy winderig. Dis hoekom dit Suid-Afrika se Winderige Stad, oftewel the Windy City, genoem word. Maar is dié beskrywing korrek? Mariska Spoormaker het by Garth Sampson van die Baaise weerkantoor gaan kers opsteek.

Voëlgriep slaan SA hoenderbdryf erg 02.10.2023

Daar is meer slaghoenders in die wêreld as alle ander voëls saam! Voëlgriep onder hoenders moet dus soms te wagte wees. Izaak Breytenbach, die hoofbestuurder van die SA Pluimveevereniging se Braaikuiken-organisasie praat oor die impak van voëlgriep op die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf, en hoe dit hanteer word.

Die Silwer Valke 29.09.2023

Diaan Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van die Silwer Valke se geskiedenis, en hoe die vliegspan opereer.

360 Speseryroete - Deel 5 29.09.2023

Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van speserye in koeke.

Gebruiksplante van die Karoo 29.09.2023

Suid-Afrika se biodiversiteit is ryk en veelsydig, en die benamings in die volksmond is net so kleurryk. Jacqui January vind meer uit van kelkiewyn en kruidjie-roer-my-nie.

Sien jou later allligator 29.09.2023

’n Aligator, ‘n ondersteuningsdier met ‘n groot gevolg op sosiale media, is toegang tot ‘n bofbalwedstryd geweier. Hy was nie daar om die wedstryd te kyk nie... hy moes die spelers ontmoet.

SA Amandla "tree af" ná 47 jaar 28.09.2023

Peet Reyneke vertel vir Martelize Brink van die SA Amandla, voorheen John Ross, ‘n 47-jarige sleepboot wat betrokke was by verskeie reddingsoperasies. Dit is nou uit diens gestel, en word skroot.

Michelinster-straatkos in Bangkok 28.09.2023

Drie Michelinster-restaurante in vyf dae is n luukse, en kan jou baie rande uit die sak jaag. Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad, was onlangs in Bangkok in Thailand waar sy by drie Michelinster-restaurante geëet het teen die prys van ‘ wegneem pizza in Suid-Afrika!

Min-jae se video's bekoor Suid-Afrikaners 28.09.2023

MJ Cho vertel van die sukses wat sy video’s op sosiale media het. Hy is in Suid-Korea gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Sy humoristiese Afrikaans het reeds vir hom meer as 255 000 volgelinge op TikTok besorg.

Kosklagte laat 'n skoot klap 28.09.2023

‘n Werker by ’n kitskos-deurryrestaurant in Texas het ‘n pistool op ‘n klant gerig en op sy bakkie geskiet, nadat hy gekla het dat die aartapppelskyfies nie by die bestelling was nie.

Katlego Maboe benoem as beste aanbieder op TV 27.09.2023

Katlego Maboe vertel vir Martelize Brink van sy nominasie as beste TV-aanbieder by die Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings.

Ant Clara Wilscott se vol lewe 27.09.2023

Haidee Muller-Isaacs kuier by die 87-jarige Ant Clara Wilscott. Sy vertel haar interessante lewensverhaal van haar dae as bloedjong huiswerker in die Fraserburg-distrik, haar moeilike kinderjare as oudste van 21 kinders, en hoe sy later haar pa op die plaas gehelp het as touleier.

Wêreld Toerismedag fokus op groen beleggings 27.09.2023

Wilfred Williams vertel vir Martelize Brink wat groen beleggings in die toerismebedryf is, en wat Cape Nature hieroor doen.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.