RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wat is 'n kerk sonder 'n kruis? 19.10.2023 2:20
Die Russiese Ortodokse Kerk is ontevrede met die nuwe 1000 Roebel-noot. Die kerk op die noot word sonder ‘n kruis op die koepel uitgebeeld, hoewel die werklike kerk ook nie ‘n kruis op die koepel het nie. Die verspreiding van die noot is vir eers gestaak.
Hempies kyk terug, en vorentoe na Bokke se vertoning 18.10.2023 13:55
Oudspringbok Hempies du Toit gesels oor sy speeldae, en die Springbokke se vertoning in vanjaar se Rugbywêreldbeker.
Die veelsydige maroela 18.10.2023 8:57
Die Maroela is inheems aan Suider Afrika, en amper elke deel van die boom kan vir menslike verbruik benut word. Jacqui January het gaan hoor hoe die lekkerste drankie of bredie van die skille van die vrugte gemaak word. Sy gesels met Petra Terblanche, wat werk met landelike vroue in Limpopo. Hulle leer mekaar van die gebruike van hierdie besonderse boom.
Cronjé Lemmer se modes en kuns 18.10.2023 8:40
Cronjé Lemmer deel staaltjies uit sy loopbaan as modeontwerper en kunstenaar.
Stoeiers te swaar vir die vliegtuig 18.10.2023 2:01
‘n Groep Sumo-stoeiers was te swaar om in een vliegtuig te vlieg. Japan Airlines moes toe 14 stoeiers na ‘n ander vlug skuif.
'n Eeu van graansilo's in SA 17.10.2023 9:30
Johannes Haarhof vertel vir Martelize Brink van die eerste Suid-Afrikaanse graansilo’s, wat vanjaar 'n eeu gelede gebou is.
Sussie Kotze vier 90 jaar 17.10.2023 8:14
Martelize Brink gesels met die skrywer, E. Kotze, op haar 90e verjaarsdag.
Haidee en die viskrappers 17.10.2023 6:50
Haidee Muller-Isaacs het op ’n winderige dag die viskrappers by Kalkbaai se hawe besoek. Sy hoor by hulle hoe hulle vis skoonmaak en hoe lank hulle dit al doen.
Stories van 'n forensiese patoloog 17.10.2023 9:56
Hestelle van Staden vertel vir Martelize Brink van haar werk as 'n forensiese patoloog. Sy het al meer as 7 000 outopsies gedoen.
Kos kos 'n man sy werk 17.10.2023 2:09
‘n Finansiële misdaadontleder het sy werk by Citibank verloor omdat hy tydens ‘n werksreis sy en sy lewensmaat se etes as ’n uitgawe geëis het, en later daaroor gejok het. Die bank betaal slegs vir werknemers se eet- en drinkgoed.
Steriliseer om dieresiektes te voorkom 16.10.2023 8:42
Dr. Bennie Grobler vertel van die siektes wat voorkom kan word deur diere te steriliseer. Hy verduidelik ook die proses van sterilisasie.
Praktiese tuinwenke 16.10.2023 9:42
Ria Moolman gee vir Martelize Brink praktiese tuinwenke uit Bedford in die Oos-Kaap.
Gemeenskapsondersteuning vir Knysna Hospies 16.10.2023 8:10
Adele du Plessis vertel vir Martelize Brink hoe ‘n groep vroue sorg dat die Knysna Hospies die nodige geld het om hulle goeie werk voort te sit.
Kameelperdmis vir 'n halsnoer 16.10.2023 1:55
‘n Vrou van Iowa het kameelperdmis uit Kenia na die VSA probeer neem om vir haar ‘n halssnoer daarvan te maak!
Ry e-fiets in Stellenbosch 10.10.2023 4:25
Severiano Tamboer vertel van die e-fietstoere wat die Adventure Shop in die Stellenbosch-omgewing aanbied.
Die Kaappunters by die Woordfees 10.10.2023 5:55
Jackie en Riku Lätti vertel van die musiek wat hulle maak as deel van die Kaappunters.
Anton Kannemeyer by die Woordfees 10.10.2023 13:47
Anton Kannemeyer gesels oor sy kunswerke by die Woordfees, Bitterkomix en die skrapkultuur wat hom dwars in die krop steek.
Danie Malan vereer by Dagbreek Straatmyl 10.10.2023 10:44
Francois Fouché en Danie Malan gesels oor die Dagbreek Straatmyl, en Danie se prestasies 50 jaar gelede.
Koos van der Merwe - Die kuns van trane 10.10.2023 7:49
Koos van der Merwe gesels oor sy Woordfeesproduksie, DIE KUNS VAN TRANE, en sy digbundel wat tydens die produksie bekendgestel word.
US Botaniese tuin vier eeufees 10.10.2023 13:19
Donovan Kirkwood en Annerie Senekal vertel van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese tuin, wat vanjaar 100 jaar oud is, en die Stellenbosch Flora Fest wat hulle aanbied.
Jacques Buys se bronsbeelde 09.10.2023 11:41
Jacques Buys vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan met bronsbeelde, wat hom oral oor die wêreld neem.
Jak de Priester by Woordfees 09.10.2023 8:14
Jak de Priester vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Koppieteefontein op TV, asook die produksie met Portchie by die Toyota US Woordfees.
Portchie en Jak werk saam by Woordfees 09.10.2023 9:00
Portchie gesels oor die samewerking tussen hom en Jak de Priester vir die Woordfees Koppieteefontein-produksie in Portchie se ateljee.
Keramiekkunstenaar Johan Swart 09.10.2023 11:30
Johan Swart vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan met keramiek, en sy oop ateljee tydens die Toyota US Woordfees.
360 Speseryroete - Deel 6 06.10.2023 7:39
Kultuur- en koshistorikus Hetta van Deventer-Terblache vertel meer van heuningkoek, speserye, rose en suikerbos.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.