RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Zoeloe-ondersteuning vir Bokke 27.10.2023

Ondersteuning vir die Springbokke kom uit alle oorde. ‘n Jong Zoeloe het op die ingewing van die oomblik ‘n lied geskryf ná die Bokke se halfeindoorwinning teen Engeland tydens die CCFN se massakoorbyeenkoms in Stellenbosch. Johan Rademan het met ‘n dirigent by die Umdomo-byeenkoms by Coetzenburg, Bernard Kruger, gesels.

Walvis maak kennis met branderplankryer 27.10.2023

‘n Australiër het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n boggelrugwalvis uit die water gespring, hom van sy branderplank afgestamp en onder die water ingesleep het.

SA se staproetes 26.10.2023

Albert Bossert praat oor die geskiedenis van Suid-Afrikaanse staproetes, en hoe dit deesdae gebou word.

Onbaatsugtige Irene Cupido 26.10.2023

Die Overberg se onbaatsugtige Irene Cupido vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar werk as bestuurder by 'n tehuis en, hoe sy haar altyd oor ander ontferm.

Leer kardio-pulminêre resusitasie 26.10.2023

Aldus Smith praat oor die belangrikheid om KPR te kan doen.

Seekat laat man stik 26.10.2023

‘n Man in Suid-Korea het gestik aan ’n dis, waar jy seekat eet wat nog beweeg. Behalwe vir die stik het die man toe ook ‘n hartaanval gekry.

Hennie Bekker praat wêreldbeker 25.10.2023

Oudspringbok Hennie Bekker gesels rugby en die eindstryd van die 2023 Wêreldbeker. Hy het self twee toetse teen die All Blacks gespeel.

Wêreldsege ter ere van Baai se pienk fisio 25.10.2023

Vir baie Baaise Ysterman-atlete was dit hartverskeurend toe Marolien Schmidt, bekend as die ”pienk fisio,” op Vrouedag deur ’n rower in haar huis vermoor is. Marolien was ook ’n Ysterman-atleet. Een van Marolien se beste vriendinne, Michelle Enslin, het besluit haar deelname aan die pas afgelope Ysterman wêreldkampioenskap in Hawaii, sal ter ere van Marolien wees. Sy het toe as wêreldkampioen in h...

Calling Education se lae koste, hoë waarde skole 25.10.2023

Werner Cloete en Allesandro Donkerman vertel vir Martelize Brink van Calling Education lae koste, hoë waarde skole. Die eerste was vir seuns uit verarmde gemeenskappe in Stellenbosch. Hulle tweede skool is in Kroonstad vir seuns en dogters.

Dorp in Nieu-Seeland gepynig deur Celine Dion 'musiekgevegte' 25.10.2023

In Nieu-Seeland kla die inwoners van Porirua oor sogenaamde sirenepartytjies waar Celine Dion se musiek kliphard in die nag gespeel word.

Karakters in die boubedryf 24.10.2023

Werner Jerling gesels oor die karakters in die boubedryf.

Tombi, die engel van die aftreeoord 24.10.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met die 71-jarige Tombi Loubser, die engel van Stellenoord aftreeoord op Stellenbosch. Sy vertel van haar interessante en spesiale naam, en die uitdagings wat sy moes oorkom. Ons hoor ook van die vele padwedlope wat sy al afgelê. Tombi is 'n inspirasie vir ieder en elk, en

SA span by Straatkind Krieket Wêreldbeker 24.10.2023

Johan Weyers van Krieket SA vertel vir Johan Rademan van die Straatkind Krieket Wêreldbeker wat onlangs in Indië plaasgevind het, en die Suid- Afrikaanse span wat daar was.

Ysland se president staak 24.10.2023

Die president van Ysland staak, en verwag dat die ander vroue in haar kabinet, nes ander vroue in die land, ook vandag staak. Dis om die aandag te fokus op ongelyke betaling tussen mans en vroue.

Speel flyball met jou hond 23.10.2023

Lee Kruse vertel vir Johan Rademan van flyball, ’n hondesport, wat ook ‘n spansport is.

Flip en Henry Minnaar se vlugtige olies 23.10.2023

Vlugtige olie, of eteriese olie, se gebruik neem wêreldwyd toe, en die mark is redelik goed gevestig in Suid-Afrika. Jacqui January gesels met Flip Minnaar en sy seun, Henry, oor die produksie van olies op hulle plaas.

Klap jou hier, klap my daar 23.10.2023

Bobby The Punisher Krisch vertel vir Johan Rademan van klapgevegte, of slap fighting, wat as ‘n sport beoefen word.

Verkeerde huis per ongeluk gesloop 23.10.2023

‘n Amerikaanse vrou was met vakansie toe haar buurvrou haar laat weet dat haar huis pas gesloop is.

Kokkedoor Karen Els 20.10.2023

Karen Els kuier by Martelize Brink en vertel van haar reis van lugwaardin tot haar ervarings op Masterchef en Kokkedoor Vuur en Vlam waar sy en spanmaat Gert Joubert koning gekraai het.

360 Speseryroete - Deel 7 20.10.2023

Hetta van Deventer-Terblache praat oor peper, die rockster van speserye.

Danie Morkel se wortelskietplek 20.10.2023

Danie Morkel het verskeie wêrelddele besoek om te studeer - handelsooreenkomste in Marokko, wynbou in Australië en Frankryk en branderplankry in Indoniesië. Hy is tans tuis by die Diemerskraal Vliegveld by Wellington. Johan Rademan het hom gevra waar hy wortel geskiet het.

Winkelpop-vermomming 20.10.2023

‘n Man in Pole het tussen winkelpoppe in die winkelvenster gestaan en gewag tot die winkel sluit, voor hy juwele gesteel het.

Ivor Swartz oor geestesgesondheid die vlieërfees 19.10.2023

Ivor Swartz gesels oor geestesgesondheid, en die jaarlikse vlieërfees in Kaapstad, wat om die draai is.

Willy se stories 19.10.2023

Willy Mathys is op Calvinia gebore, en woon al jare lank in Kuilsrivier. Hy hou van stories vertel, en is al jare lank afgetree. Hy belsuit toe om 'n boek met sy stories saam te stel. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind oor die stories, wat Willy so smaaklik vertel.

Elsa Joubert se seun dink terug 19.10.2023

Prof. Nico Steytler gesels oor sy ma, die skrywer Elsa Joubert, wat vandag 101 jaar oud sou wees.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.