RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Plekspesifieke-teater by Spier 07.11.2023 8:49
Plekspesifieke-teater op die walle van die Eersterivier, by Spier buite Stellenbosch. Constellations: The Garden of Good and Evil is gekonseptualiseer deur Brett Bailey en vervaardig deur Babra Mathers. Johan Rademan het sy mikrofoon, flitslig en stapskoene aangetrek vir hierdie ervaring.
Wat is wit waterstof? 07.11.2023 11:39
“Oor 30 jaar van nou, in plaas van die prys van ‘n vat ru-olie, sal ons elke oggend hoor wat die prys van ‘n kilogram waterstof is.” Prof. Egmont Rohwer, professor in chemie by die Universiteit van Pretoria, praat oor wit waterstof, waarvan daar onlangs ‘n groot neerslag in Frankryk ontdek is.
Brittanje se eensaamste skaap gered 07.11.2023 2:00
Brittanje se eensaamste skaap is gered, maar moet nou weggesteek word. Diereregte aktiviste is ongelukkig omdat hulle dink dat sy by haar beplande nuwe blyplek uitgebuit sal word.
Het seesterre koppe? 06.11.2023 8:53
Marinebioloog Krish Lewis gesels oor seesterre. ‘n Onlangse studie het bevind dat ‘n seester nie ‘n dier sonder ‘n kop is nie, die dier is eintlik ‘n kop!
Pitboele “help” blouapie-wesies 06.11.2023 8:34
As jy praat van twee uiterstes, dan is dit ‘n pitboel en 'n baba-blouapie. Tog het dié twee soort van bymekaar uitgekom toe ’n klomp Baaise pitboele, sommiges pragtig opgetof, vier kilometer saam met hulle mense-ouers gaan stap het ten bate van die baie blouapie-wesies wat versorging nodig het. Die Pitbull Pride Walk is in Gqeberha se Mill Park Conservancy gehou. Mariska Spoormaker was daar.
Kikker jou huis op met 'n laag verf 06.11.2023 7:23
Jeanine Boshoff vertel vir Martelize Brink hoe ‘n laag verf dinge by die huis kan opkikker.
Wat is in 'n naam? 06.11.2023 2:38
‘n Spaanse hertog het sy dogter Sofia Fernanda Dolores Cayetana Teresa Angela de la Cruz Micaela del Santisimo Sacramento del Perpetuo Socorro de la Santisima Trinidad y de Todos Los Santos gedoop. Hy moes dit egter drasties verkort om dit amptelik te registreer.
360 Speseryroete - Deel 9 03.11.2023 7:50
Kareema Shaik praat oor plaaslike kerriemengsels.
Deodat Kasner se liefde vir motorwedrenne 03.11.2023 10:27
Deodat Kasner vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy liefde vir motorwedrenne. Hulle gesels oor sy komvandaan op Lambertsbaai en die verskeie dorpe waar hy sedertdien gewoon het.
Koeie se klokke pla 03.11.2023 1:47
‘n Dorp in Switserland moet stem of hulle beeste die tradisionele klokke moet bly dra, en of dit saans afgehaal moet word. Dit volg nadat twee nuwe intrekkers oor die geraas gekla het.
Werksoek vir gestremde persone 02.11.2023 12:06
Marius Erasmus vertel vir Martelize Brink van Jobabled, ‘n werkstoepassing waar gestremde persone hulleself beskikbaar stel vir werk, en ander hulle kan bespreek vir werk.
Gróót hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls 02.11.2023 8:14
Die grootste hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls in Afrika vind aanstaande jaar plaas in die Oos-Kaap se Shamwari Privaat Wildreservaat in die omstreke van Makhanda, vroeër bekend as Grahamstad. Mariska Spoormaker praat hieroor met dr. Johan Joubert, natuurlewebestuurder en veearts van Shamwari.
Naskoolse bystand aan skoliere 02.11.2023 8:27
Charlene Petersen-Voss vertel vir Martelize Brink van die belangrike rol wat nie-regeringsorganisasies speel in die naskoolse bystand aan skoliere, soos met lees, geletterdheid, mentorskap en psigososiale ondersteuning.
Boete vir stout kinders 02.11.2023 3:25
‘n Amerikaanse gesin is by ‘n restaurant met $50 beboet oor die kinders se gedrag. Hulle het buite rond gehardloop en was glo luidrugtig.
Johan se lampe en ligte 01.11.2023 7:37
Johan van Rensburg bou, herstel en restoureer lampe. Johan Rademan het hom by sy werkswinkel in Maitland in Kaapstad besoek om met hom te gesels oor spesiale lampe wat oor sy pad gekom het.
Hoe masker, hoe ryker 01.11.2023 1:46
‘n Tweedehandse handelaar moet aan die hof verduidelik nadat hy €150 aan ‘n egpaar betaal het vir ‘n ‘n 19de eeuse houtmasker uit Gaboen. Daarna is dit vir €4,2 miljoen op ‘n veiling verkoop! Die egpaar wil die verkoop nou nietig verklaar. Gaboen se regering soek die masker terug.
Wêreld Stededag 2023 31.10.2023 15:16
Dawie Botha praat op Wêreld Stededag oor die ontwikkeling van stede en hulle impak op mense.
Oudste kinderhuis in SA 31.10.2023 10:38
Haidee Muller-Isaacs kuier in die Kaapstad se middestad by die SA Kinderhuis, die oudste kinderhuis in die land wat, in September 215 jaar oud geword het.
Die impak van klank op smaak 31.10.2023 13:42
Hannerie Visser praat oor die impak van klank op smaak. Ons luister na klank wat kos minder sout, meer bitter of soeter laat smaak.
Spoedboete van miljoene 31.10.2023 2:10
‘n Amerikaanse man het gedink sy spoedkaartjie van $1,4 miljoen is ‘n tikfout. Hy kon dit nie glo nie toe hy by navraag hoor dat hy die bedrag moet betaal, of by die hof opdaag.
Jou troeteldier se gesondheid 30.10.2023 13:25
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor hulle troeteldiere.
Baaienaars jubel oor reën, maar... 30.10.2023 10:15
Ná sewe jaar se wurgende droogte in Nelson Mandelabaai en omstreke het die reën gekom en die boomskraap Kougadam tot oorlopens toe opgevul. Baie mense het in hulle motors gespring om te gaan kyk, maar die hoë riviervlakke hou selfs dié met viertrekvoertuie, weg. As daar een mens is wat kan jubel oor die meer as 100% vol Kougadam, is dit Rienette Colesky, bestuurshoof van die Gamtoos Wateraad. Mari...
Help julle ma, julle lummels! 30.10.2023 1:46
‘n 75 -jarige Italiaanse ma het ‘n hofsaak gewen om haar twee seuns van 40 en 42 uit haar huis te sit. Hoewel beide werk het, maak hul nie ‘n finansiële bydra nie en help hulle ook nie by die huis nie.
Suid-Afrikaanse veganis-kookkuns 27.10.2023 10:38
Leozette Roode gesels oor Suid-Afrikaanse veganis-kookkuns op die vooraand van Internasionale Veganisdag en -maand.
360 Speseryroete - Deel 8 27.10.2023 9:24
Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis van kerrie in Suid-Afrika.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.