RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Terblanche Jordaan se drama in Londen opgevoer 15.11.2023 9:59
Terblanche Jordaan vertel hoe dit gebeur het dat ‘n drama van hom, die eerste in Afrikaans, in Suid-Afrika Huis se Edwardteater in Londen opgevoer is, en hoe hy oor die jare kalmer geraak het. Johan Rademan het in Tamboerskloof by dié kunstenaar, skrywer en leraar gaan kuier.
Wat is die verskil tussen organiese boerdery en biologiese boerdery? 15.11.2023 8:34
Thinus Smuts verduidelik die verskil tussen organiese en biologiese boerdery, en waar dit inpas by volhoubare boerdery.
Woord van die jaar 15.11.2023 1:27
Cambridge Woordeboek se woord van die jaar is HALLUCINATE.
So is Despatch gebou 14.11.2023 10:36
Dawie Botha praat in SO IS DIE LAND GEBOU oor Despatch - van die oorsprong van die dorp se naam tot Despatch se steenfabriek.
Baaise hawe vir blouaap-wesies 14.11.2023 8:40
As jy eers gehoor het hoe fluit-huil ’n blouaap-wesie vir sy ma, dan sal jy verstaan hoekom ’n groep Baaienaars elke teelseisoen apie-wesies inneem, wanneer hul ma’s of doodgery, of gebyt of doodgeskiet word. Die organisasie se naam is Monkey Matters, en Mariska Spoormaker het gaan inloer.
Die mites en feite van diabetes 14.11.2023 12:29
Dr. Landi Lombard praat oor die verskillende bloedtoetse vir diabetes, en veduidelik die uitwerking van sekere soorte kos op mense se bloedsuikervlakke.
Matrasdominoes-wêreldrekord 14.11.2023 1:42
‘n Fillipynse matrasmaatskappy het ‘n Guiness Wêreldrekord opgestel vir die meeste matrasdominoes, wat hulle met ‘n mens op elke matras laat kantel het. Daar was 2 355 matrasse.
Bob se liggingsender het stil geword 13.11.2023 11:47
Vehan Landman van die Twee Oseane Akwarium vertel vir Martelize Brink van Bob, die seeskilpad, wat ná agt jaar se rehabilitasie vrygelaat is. Bob se liggingsender het na agt maande opgehou om seine stuur.
Wat doen 'n politieke risiko-ontleder? 13.11.2023 8:47
Fanie Cronjé vertel vir Martelize Brink wat ‘n politieke risiko-ontleder doen om ondernemings te help.
Skildery in kombuis is 'n 13e eeuse meesterstuk 13.11.2023 2:11
‘n Skildery wat in ’n bejaarde Franse vrou se kombuis gehang het, en sy geen waarde aan geheg het nie, is vir $25 miljoen op ‘n veiling verkoop!
Die Baai se afskaalhelper en -berader 12.11.2023 8:16
Vir enige mens is trek van een woonplek na ’n ander ‘n spanningsvolle ervaring, maar soveel te meer vir ‘n senior burger wat, ná jare in dieselfde woning, moet afskaal en trek na ’n aftreeoord of ouetehuis. In Nelson Mandelabaai bied Jo Robberts ’n afskaaldiens aan, wat gepaardgaan met berading. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoe sy op die idee vir só n soort diens gekom het.
Ronel de Jager se suurdeegbrood by Eat Out-toekennings 10.11.2023 9:59
Ronel de Jager kuier by Martelize Brink met haar gesogte suurdeegbrood. Sy is gevra om deel te wees van die kosmaakspan by vanjaar se Eat Out-toekennings.
Karlien en Bobby se Faceboekprofiele gekaap 10.11.2023 4:42
Karlien van Jaarsveld vertel vir Martelize Brink van haar en broer, Bobby van Jaarsveld, se Facebookprofiele wat deur skurke oorgeneem is.
360 Speseryroete - Deel 10 10.11.2023 8:52
Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis en oorsprong van kerrie.
Susan Booyens se vol lewe 10.11.2023 8:51
Haidee Muller-Isaacs gesels met TV-aanbieder en taalfoendi, Susan Booyens, oor haar lewe, haar flink brein en haar liefde vir boeke. En waar kom daai rustigheid vandaan wat sy uitstraal?
Vier vas wat goue toilet steel 10.11.2023 2:02
Vier mans is vasgetrek en aangekla vir die diefstal van ’n toilet van 18 karaat goud ter waarde van R110 miljoen uit Winston Churchill se geboortepaleis.
Bruna Mentrup se bewaringsfotografie 09.11.2023 7:58
Gevierde natuurlewefotograaf, Bruna Mentrup, gesels oor haar betrokkenheid by natuurbewaring die afgelope twee dekades.
Rehabilitasiesentrum vir voëls 09.11.2023 10:31
Haidee Muller-Isaacs loer in by die Tweet-Tweet rehabilitasiesentrum vir voëls, waar Danica Munro haar vertel van beseerde voëltjies se gesondwordproses.
Pas op vir Swartvrydag-slenters 09.11.2023 11:34
Verbruikersprokureur Trudie Broekmann vertel wat jy in aanloop tot Swartvrydag kan doen om nie vir slenters te val nie.
Deur die Oog(bank) van 'n krokodil 09.11.2023 2:12
‘n Australiese man het weggekom van ‘n soutwaterkrokodil wat hom aan die been beet gekry het, deur die krok se oogbank te byt.
Chelsea-Faith Thomas se groot drome 08.11.2023 9:57
Chelsea-Faith Thomas vertel vir Martelize van haar loopbaan op die verhoog, met onder meer Krismis van Map Jacobs, en TV-rolle in Arendsvlei en Spinners. Sy het ook groot drome vir ‘n loopbaan in die VSA.
Covid-grendelperiode “kweek” ‘n stadsboer 08.11.2023 10:15
Was dit nie vir Covid se streng grendelperiode nie, sou die Baaienaar Christelle Swanepoel dalk nooit ’n suksesvolle stadsboer op haar erf van minder as n kwart akker geword het nie. Mariska Spoormaker het gaan inloer.
Wêreld Beplanningsdag 2023 08.11.2023 6:17
Martelize Brink gesels oor Wêreld Beplanningsdag met Maartje Weyers, ’n geregistreerde professionele beplanner by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners.
Amerikaanse inmenging in Nieu-Seelandse "verkiesing" 08.11.2023 2:35
Amerikaanse TV-persoonlikheid John Oliver het sy program gebruik om stemme te werf vir sy gunsteling in Nieu-Seeland se voël van die eeu kompetisie. Hy wil hê die pūteketeke moet wen.
Wat doen munisipale ingenieurs? 07.11.2023 12:19
Prof. Kobus du Plessis praat oor die belang en die rol van munisipale ingenieurs.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.