RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Bosoorlog se 60e herdenking 16.04.2026 9:09
Die Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog, en sy nalatenskap is onlosmaaklik steeds met ons. Ongeveer 500 000 dienspligtiges is gedurende die 23 jaar van die oorlog deur die SA Weermag opgelei, en bykans elke huishouding is daardeur geraak. Om die jong soldate van destyds se onskatbare bydrae tot Suid-Afrika se geskiedenis te vier, asook om fondse vir sy werksaamhede in te samel, bied die SA We...
Jonk 16 April 2026 16.04.2026 8:22
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor gesond eet op ‘n knap begroting.
Ou nuwe oupa 16.04.2026 1:33
Charles Smith van Australië het op 91 jaar en 209 dae die eerste keer oupa geword. Hy het nou die Guiness-wêreldrekord as die oudste man om die eerste keer oupa te word. Sy seun, Ashley, het op 55 pa geword.
HTS Drostdy se toutrekkampioene 15.04.2026 13:14
Toutrekafrigter Morné Visser vertel vir Johan Rademan van HTS Drostdy se 560 kg-seunsspan wat op die nasionale kampioenskappe goud gewen het. Kaptein Francois Keyser en onderkaptein Brendon de Beer gesels oor hulle voorbereiding vir die wêreldkampioenskappe later vanjaar op Mosselbaai.
Wat kan ons leer by... 15 April 2026 15.04.2026 14:49
Dr. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan van die Bisantynse Ryk wat gestig is toe die Romeinse Ryk in twee verdeel het.
PowerPoint-vlerksleep 15.04.2026 2:07
Enkellopendes kom deesdae in pubs bymekaar, waar ‘n vriend of vriendin hulle met ’n PowerPoint-aanbieding bekendstel as iemand om mee uit te gaan. Hulle noem dit Date My Mate.
Êrens oorsee 14 April 2026 14.04.2026 10:57
Riana van der Westhuizen vertel vir Ignatius Vlok hoeveel van die wêreld sy al gesien het in die 14 jaar wat sy op plesierskepe werk.
Die wyn en die "doughnut" 14.04.2026 8:35
Kom ons noem dit ‘n versnit van tyd - 120 jaar en ‘n ou droom, afgerond met ‘n "doughnut".
Krokodille en slange vir grensbeheer? 14.04.2026 2:29
Indië oorweeg dit om krokodille en giftige slange in riviere em moerse te ontplooi op die grens met Bangladesj waar heinings nie opgerig kan word nie.
Vreemde seediere 13.04.2026 9:43
Maryke Musson van uShaka Marine World in Durban vertel van vreemde seediere, soos blobvisse, koekiedrukkerhaaie, seeskapies, slympalings en dwergpypperdjies.
In die wêreld van landbou 13 April 2026 13.04.2026 6:00
In vandag se landbounuus kyk ons na die jongste verwikkelinge met bek-en-klouseer, ‘n veediefstalsaak, die melkbedryf se statutêre heffingsaansoek, en finansiële ondersteuning vir kreefplase.
Jou naam se komvandaan 13 April 2026 13.04.2026 9:25
Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Adriaan, Cornelius, Antonius, Marthinus en Markus.
Kantoorstoel-straatresies in Japan 13.04.2026 2:00
In Japan vat die kantoorwerkers hulle stoele straat toe om teen mekaar te jaag. Spanne van drie jaag vir twee ure in ‘n aflosformaat.
Die kat kom weer... 10.04.2026 6:47
Dit is nie net desperate katte wat desperate spronge maak nie, maar ook hulle eienaars. Johan Rademan het uitgevind dat die kat wel weer kom.
360 Speseryroete - Deel 124 10.04.2026 8:50
Sjef Pieter Malan gesels met Martelize Brink oor olyfolie as geurmiddel en bestandeel.
Farbergé-eier in pub gesteel 10.04.2026 2:31
‘n Man is vir langer as twee jaar tronk toe gestuur nadat hy ‘n handsak met ’n Farbergé-eierstel ter waarde van £2,2 miljoen gesteel het, sonder om te besef wat dit is en hoeveel dit werd is. Hy het dit vir kokaïene geruil.
Dr. Beryl Botman se nuwe boek 09.04.2026 9:34
Dr. Beryl Botman, vrou van die ontslape oudrektor van die Universiteit Stellenbosch, Russel Botman, vertel vir Haidee Muller-Isaacs meer oor haar lewe na dese, ‘n nuwe boek en ‘n splinternuwe projek.
Jonk 9 April 2026 09.04.2026 9:18
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor jogurt, dermgesondheid en wanopvattings soos dat suiwel slym in die lugweg veroorsaak.
Pluimbal se pluimvee-uitdaging 09.04.2026 1:28
Pluimballe se pryse het die hoogte in geskiet. Die balle word met 16 gans- of eendvere van dieselfde vlerk gemaak. In China waar die meeste pluimballe vervaardig word, het gansboerdery dramaties afgeneem. Die Chinese eet nou baie meer vark. Nou laat die Pluimbal Wêreld Federasie sintetiese pluimballe in graad 3 en junior internasionale kompetisies toe.
RSG se bibliofiel 08.04.2026 7:45
Sy noem haarself 'n onrehabiliteerbare bibliofiel wat hartstogtelik oor Afrikaans is. Haidee Muller-Isaacs gesels met Ina Strydom, die stem agter RSG se Taaldinge.
Wat kan ons leer by... 8 April 2026 08.04.2026 11:36
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat kan ons leer by die antieke Grieke en Romeine oor teater. Die Romeinse keiser, Nero, was ‘n ywerige akteur.
Woonstelle vir geliefdes se as 08.04.2026 2:12
In China het mense klein woonstelle begin koop om geliefdes se as in te bêre, siende dat dit soveel goedkoper is as begraafplase. Dié praktyk is nou onwettig.
Êrens oorsee 7 April 2026 07.04.2026 8:45
Hermanus Retief gesels met Martelize Brink oor die lewe in Katar, en hoe die konflik in die streek hulle daaglikse lewe beïnvloed. Dit is sy elfde jaar as onderwyser in die Midde-Ooste.
Diversiteit en stamselskenkers 07.04.2026 9:11
Ilze Nel-Marais vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se uitdaging met etniese diversiteit en die min mense wat geregistreer is as stamselskenkers.
Bure wat spook 07.04.2026 1:22
Chinese bure was haaks, toe begin die een woonstel se inwoners vir 10 ure elke dag spookstories speel oor ‘n luidspreker by die muur wat hulle deel met die bure met wie hulle onmin het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.