RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hawe vir weggooi-hasies 06.04.2026

Amor McLaren vertel van die uitdaging van hase en konyne, wat ongewenste troeteldiere word en deur eienaars vrygelaat word op plekke soos parke en sportvelde.

In die wêreld van landbou 6 April 2026 06.04.2026

In die landbounuus: SA Landbou verwelkom die tydelike verlaging in die brandstofheffing. Die effek van die konflik in die Midde-Ooste op kunsmispryse. Bek-en-klouseer-nuus, en die jongste skatting vir somergraangewasse.

Jou naam se komvandaan 6 April 2026 06.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor die komvandaan van Afrikaanse vrouename uit die Bybel, soos Salome, Naomi, Judith en Magdalena. Hy bespreek ook luisteraars se navrae oor Renche, Zelda en Marcia.

Tonne gesteelde KitKats 06.04.2026

Twaalf ton KitKat-sjokoladestafies is gesteel. Dit is in Italië vervaardig, en was bestem vir Pole toe die 413,793 stafies met die voertuig voete gekry het.

Steffi ommitafel 02.04.2026

Steffie le Roux gesels met Martelize Brink oor haar produksie, Ommitafel. Sy het haar ervarings om die tafel in ‘n karakter omskep. Dis ’n intieme musikale reis oor mense, maaltye en momente wat ons bind.

Julio Agrella se roomys 02.04.2026

Julio Agrella gesels met Martelize Brink oor sy regsgraad, skryfwerk en roomysmaak by sy huisrestaurant, Bistro Celeiro, op die Sewepassepad tussen Hoekwil en Karatara in die voorheuwels van die Outenikwas.

Johan Stadler se stoompunk-kuns 02.04.2026

Johan Stadler gesels met Martelize Brink oor sy stoompunk-kuns. Hy bou sy fantasiewêreld-kunswerke uit items wat hy by antiekewinkels en markte koop.

Mauritz Lotz in Plektrum 02.04.2026

Mauritz Lotz gesels met Martelize Brink oor die verhoogproduksie, Plektrum, wat dié uitsonderlike kitaarspeler se lewensverhaal vertel.

Jonk 2 April 2026 02.04.2026

Dr. Elisha van Heerden praat oor ‘n natuurliker aanslag tot skoonheid en ‘n uitgeruste voorkoms wat deesdae die ding doen.

Droomsindroom by KKNK 01.04.2026

Droomsindroom vertel vir Martelize Brink van die sukses van Hey Sonneblom, en hoe die groep ‘n familie-onderneming is. Die twee broers se ma is hulle bestuurder.

Suid-Kaapse Vereniging vir Visuele Kuns 01.04.2026

René Scribante vertel vir Martelize Brink van die Suid-Kaapse Vereniging vir Visuele Kuns en die 160 lede vant die Tuinroete en Karoo se uitstallings en bedrywighede.

Zoé se kuns 01.04.2026

Zoé vertel vir Martelize Brink sy het pas haar au pair-werk bedank, en is nou volstoom kreatief. Saam met sang en toneelspel, is daar ander kuns in die pyplyn.

Jakkalsvlei se Tuinroetewyn 01.04.2026

Jantjie Jonker vertel vir Martelize Brink van sy pa se wingerdstokperdjie op Jakkalsvlei, wat gelei het tot die tuinroetewyn wat hulle op Herbertsdale maak.

Gestremde padwedlope en die Outeniqua-stoeluitdaging 01.04.2026

Shaun Butler is die voorsitter van die Gestremde Padwedloopstigting en gasheer van die jaarlikse Outeniqua-stoeluitdaging (OCC). Hy gesels met Martelize Brink oor hierdiesport en die min geleenthede wat daar vir atlete in Afrika is om kwalifiserende tye op te stel.

Wat kan ons leer by... 1 April 2026 01.04.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat ons kan leer by die Grieke en Romeine van teater.

Jak de Priester by KKNK 31.03.2026

Jak de Priester gesels met Martelize Brink oor die kwarteeu sedert sy Sally Williams Nougat-treffer in 2001. Hy vier dit met vertonings en ‘n boek met sy liedjies.

Biltong en Dior 31.03.2026

Louis Janse van Vuuren vertel vir Martelize Brink van sy boek, Biltong en Dior, sy swaeltjie-ervaring tussen Frankryk en Riebeek-Kasteel, asook die bloutjie wat hy met Dior geloop het.

Neljaniene se hops 31.03.2026

Neljaniene Arendse vertel vir Martelize Brink van hopsboerdery. Dié plant wat vir die biermark verbou word, is familie van die daggaplant.

Abel Kraamsaal en Gian Groen 31.03.2026

Abel Kraamsaal en Gian Groen gesels met Martelize Brink oor die Vyftigers, en Gian se verjaarsdagpartytjie waar die konsep onstaan het.

Gastehuisstories 31.03.2026

Philda Benkenstein vertel vir Martelize Brink van die vreemde dinge wat by gastehuise gebeur. Sy het dagboek gehou van die ervarings en toe weergegee in die boek, Guesthouse Life.

Kaapse Kransaasvoël gaan terugkeer na Suid-Kaap 30.03.2026

Wildveearts dr. Willem Burger gesels met Martelize Brink oor die bedreigde Kaapse Kransaasvoël, en ‘n poging om ‘n kolonie in die Suid-Kaap te hervestig.

Kos wat mooi lyk 30.03.2026

Tasha van der Watt vertel vir Martelize Brink van haar werk as kosstilis en die kosboek waaraan sy werk.

Die Coffee Snobs by KKNK 30.03.2026

Die Coffee Snobs gesels met Martelize Brink oor splinternuwe musiek, en die werk wat hulle saam met skrywer Riana Scheepers doen.

Oudtshoorn se Spiesse 30.03.2026

Kobus Spies vertel vir Martelize Brink van die Spies-familie op Oudtshoorn, wat sinoniem met die tabakbedryf van ouds op die dorp is.

360 Speseryroete - Deel 123 27.03.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die geur van vars kaas, soos Labneh.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.