RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kaasdoeke 27.03.2026

Christina Notley vertel hoe dit gekom het dat sy kaasdoekprodukte maak. Sy is blind, maar solank haar man mooi knip, sukkel sy nie om te stik nie.

Troudag werksoek 27.03.2026

‘n Bruid in Indië het ‘n video aanlyn geplaas van haar wat op haar troudag werksaansoeke gestuur het.

Padelklub vir die gemeenskap se kinders 26.03.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die Kaapse tennisafrigter, Belford Hendricks, wat saam met ’n paar ywerige tennismaats 'n padelklub wil stig vir die gemeenskap, met die fokus op kinders.

Jonk 26 Maart 2026 26.03.2026

Dr. Ria Smit praat oor velsorg vir tieners, en wys algemene foute uit.

Eekhorings wat damprook 26.03.2026

Eekhorings in London is deesdae damprokers! Die rookrommel se vrugtegeure lok die eekhorings, en dis nie goed vir die diere nie.

'Karoo-dorpies moet hande vat' 25.03.2026

Johan Bezuidenhoudt het lank binnelands en buitelands in die toerismebedryf gewerk voordat hy uit Gauteng na ‘n rustiger oord, Fraserburg, in die Karoo verhuis het. Daar het ‘n Karoo-boer hom aangepor om toeriste na die Karoo te bring. Hy moes navorsing doen oor ‘n makro-omgewing met verskeie uitdagings. Hy kon sy wye kennis van internasionale toerisme ook bywerk. Johan Rademan het hom gepols oor...

Wat kan ons leer by... 25 Maart 2026 25.03.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Romeine en grafitti.

Trofee kruip weg in kelder 25.03.2026

‘n Duitse handballiga se silwer trofee is in November gesteel. Dit is in die kelder ontdek.

Êrens oorsee 24 Maart 2026 24.03.2026

Arnold Bothma vertel vir Martelize Brink van die lewe in Kobuleti, Georgië, waar hy en sy vrou gaan aftree het.

Amanda se tuis-naskoolsentrum 24.03.2026

Bedags ry Amanda Smit vervaard rond om laerskoolkinders betyds by hulle skole af te laai, en smiddae is sy weer op haar pos om hulle veilig terug na haar tuis-nasorg in Bellville te karwei. Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer, en daar het Amanda hart oopgemaak oor haar hartstog vir jong kinders, en hoekom sy haarself uitleef in dié beroep.

Hospitaalplakker 24.03.2026

In Orlando, Florida, is ‘n hospitaal hof toe oor ‘n vrou wat vir langer as vyfmaande ‘n bed beset het, nadat sy as pasiënt ontslaan is.

Ovambo-hoenders 23.03.2026

Christo Kamffer vertel van Ovambo-hoenders, wat aangepas is vir Afrika, dus ook jou agterplaas.

Jou naam se komvandaan 23 Maart 2026 23.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong en betekenis van die naam, Maria, en beantwoord luisteraarsnavrae oor Wicus, Terence en Suretha.

Strava verklap 'n vlootskip se posisie 23.03.2026

‘n Franse vlootoffisier het sy skip se posisie weggegee toe hy sy drafsessie op die dek, op die Strava-fiksheidstoepassing geplaas het.

50 Jaar van Mercedes-Benz W123 20.03.2026

Waldo Scribante vertel vir Martelize Brink van ‘n saamtrek van Mercedes-Benz W123-motors om die vyftigste bestaansjaar van die motors te vier.

360 Speseryroete - Deel 122 20.03.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor drankies met speserye. Sy deel ’n resep uit 1856 vir switchel (gemmerbier), en ’n resep vir Mexikaanse pynappelbier.

Jan Karsten - SA skaakkampioen 20.03.2026

Jan Karsten gesels met Martelize Brink oor skaak. Dié 18-jarige is in 2023 al as Internasionale Meester aangewys. Nou het hy die SA Geslote Skaakkampioenskap gewen.

'n Maag vol rekkies 20.03.2026

In die VSA was ‘n kat oppad om uitgesit te word oor ‘n verstopping. ‘n Organisasie het tot sy redding gekom, en 26 haarrekkies is uit sy ingewande gehaal.

Angel Hearts bevorder mense met gestremdhede se kreatiwiteit 19.03.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Karen Kemp oor Angel Hearts, 'n nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein vir mense met gestremdhede, wat sy in 2015 gestig het. Mense word daar met baie liefde geleer om hulle kreatiweit te volle uit te leef.

Jonk 19 Maart 2026 19.03.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor plantgebaseerde opsies, wat lekker is en voldoende voed.

Hittler vs Zielinski 19.03.2026

In die Franse dorpie, Arcis-sur-Aube, is Charles Hittler en Antoine Renault-Zielinski albei kandidate in die burgemeestersverkiesing. Sosiale media kan nie genoeg hiervan kry nie.

Liedmakersgilde bevorder die kunslied 18.03.2026

Komponiste soos Johann Sebastian Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Maurice Ravel en Alban Berg het almal op hulle dag aan musiekgildes behoort wat uit die Middeleeue stam. Gildes was daar om vakmanskap te bevorder, en vandag glo die Liedmakersgilde wat die kunslied in Suid-Afrika bevorder steeds aan mentorskap en om ‘n verhoog vir dié kunsvorm se kunstenaars te skep. Johan Rademan het met die klassie...

Wat kan ons leer by... 18 Maart 2026 18.03.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Grieke en Romeine. Sy begin die verhaal waar hulle mekaar ontmoet, en half saam begin loop het.

73 Jaar van grafte grawe 18.03.2026

In 1952 het Allan McCloskey vir ‘n week lank ingestaan vir sy dorp se grafgrawer. Daardie week word toe 73 jaar en 75 dae, tot hy in November 2025 op 92 afgetree het.

Êrens oorsee 17 Maart 2026 17.03.2026

Milla Jooste vertel vir Martelize Brink van die lewe in Dubai, waar sy gebaseer is as lugwaardin.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.