RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Dienaar van die struggle en die kansel 17.03.2026

Daar is al na hom verwys as 'n dienaar van die struggle en die kansel. Haidee Muller-Isaacs gesels met die anti-apartheidsaktivis, dr. Llewellyn Macmaster, oor die lewe ná sy aftrede in 2024, en hoe hy homself besig hou.

VSA se oudste orgraanskenker 17.03.2026

Dale Steele het op 100 die VSA se oudste orgaanskenker geword toe sy lewer oorgeplant is.

Walvisredding 16.03.2026

Eben Lourens vertel van SAWDN, ‘n netwerk van vrywilligers wat opgelei is om verstrengelde walvisse te red, deur toue en nette los te sny.

Jou naam se komvandaan 16 Maart 2026 16.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor Hebreeuse name onder Afrikaanssprekendes, soos Elia en Elias, wat Ellis geword het. Ons praat oor Daniël wat Dail geword het, soos die beroemde Springbokvleuel, Dail Williams, en Joachim wat Joggem geword het, soos Joggem van Bruggen, die Afrikaanse skrywer.

Diere vir die pond 16.03.2026

Die Bank van Engeland het besluit om die afbeeldings van mense soos William Shakespeare en sir Winston Churchill op hulle banknote te vervang met diere. Daar is nog nie op spesifieke diere besluit nie. Diere-afbeeldings sal help om vervalsing te bemoeilik.

Goodnow se Steinway speel weer ná brand 13.03.2026

Die Goodnow-saal op Wellington spog met 'n ryk geskiedenis. Tien jaar gelede het die historiese gebou afgebrand. Hulle besonderse Steinway-klavier is erg beskadig. Die saal is gerestoureer, en die klavier is intussen herstel. André Terblanché, hoof van die Breytenbach Sentrum op dié Bolandse dorpie, vertel van die organisasie se konsertreeks wat nou in hierdie saal plaasvind. Hy brei ook uit oor d...

360 Speseryroete - Deel 121 13.03.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor hoe om jou eie speserymengsels te maak. Jerk en Japanese sewespesery is aan die beurt.

RSG-Radiodramaslypskool 13.03.2026

RSG se programbestuurder, Kobus Burger, en Eddie de Jager van die dramadepartement gesels oor die RSG-radiodramaslypskool in Kaapstad.

Tuinmiere amper reismiere 13.03.2026

Meer as 2 000 koningin-tuinmiere is op Nairobi in Kenia se lughawe gekry op pad China toe. Dit was bestem vir die troeteldierhandel in Europa en Asië.

Pierre-Jean Gerber se restourasies 12.03.2026

Johan Rademan gesels met Pierre-Jean Gerber oor Dirk Ligter se monument in die Ceres-Karoo, Indwe en die Ida-kerkie in die suide van die Drakensberg.

SA Artisinale kaas in New York 12.03.2026

Kaasmaker Clement October vertel van Klein River Cheese se handgewasde Gruberg-kaas, wat in New York se deli’s te koop is.

Jonk 12 Maart 2026 12.03.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor melatonien wat help met slaappatrone. Dis egter nie ’n langtermyn oplossing nie.

Goud in 'n eend 12.03.2026

In China is 10 gram se goudkorrels in ‘n geslagte eend se maag gekry. Dis sowat R29 000 werd.

Vrou en hond op 'n motorfiets deur Afrika 11.03.2026

Heidi van der Merwe vertel vir Martelize Brink sy was besig met ’n solo-motorfietsrit deur Afrika saam met haar hond, Harley, toe oorlog haar genoop het om eers huistoe te kom.

Wat kan ons leer by... 11 Maart 2026 11.03.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die antieke Chinese, hulle porselein, en die geheim van hoe om dit te maak wat so lank bewaar is.

Verlore en gevind op 'n vliegtuig 11.03.2026

‘n Lys van vreemde dinge wat in die VSA op vliegtuie agtergebly het, sluit goed in soos ’n bioniese knie, ‘n goudstaaf, ‘n vere strikdas, ‘n deel van ’n meteoriet, ‘n stel vergulde gholfstokke.

Êrens oorsee 10 Maart 2026 10.03.2026

Pierre Smit vertel vir Martelize Brink van sy ervaring in Antarktika en besoek aan die Suidpool. Al was dit somer was dit -35 grade Celsius.

Matzikama Green Walk 10.03.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Vredendal se Leigh Kordom oor die Matzikama Green Walk, 'n agt dae lange staptog van Bitterfontein na Doringbaai, wat op 13 Maart afskop. Dit word gedoen ter bewusmaking van groen ekonomiese geleenthede, jeugbemagtiging en gemeenskapsbetrokkenheid.

Daggaskenking vir liefdadigheid 10.03.2026

Twee 16-jariges in Nieu-Seeland het per ongeluk ‘n rugsak met kontant en dagga neergesit op ‘n plek vir skenkings vir ‘n liefdadigheidswinkel...

Donkies en muile 09.03.2026

Natuurkenner Dave Pepler vertel vir Martelize Brink van donkies en die variasies soos muile en botterkoppe.

Jou naam se komvandaan 9 Maart 2026 09.03.2026

Dr. Willem Botha praat oor Hebreeuse name soos Elisabet, Daniël, Gabriël; Emaneul, Nataniël, Samuel, Michael en ander name uit die Bybel.

Spice Girls kry spesiale munte 09.03.2026

Om die Spice Girls se debuutalbum se 30ste jaar te vier, het die Britse Koninklike Munt herdenkingsmunte beskikbaar gestel. Die duurste is goue munte vir £10 535.

SA seun is Sokkerwêreldbeker-baldraer 06.03.2026

Luca Human-Maré is op pad Amerika toe, waar hy by die FIFA Sokkerwêreldbeker ‘n amptelike wedstrydbaldraer sal wees.

360 Speseryroete - Deel 120 06.03.2026

Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche verduidelik hou om jou eie speserymengsels maak.

Elna van Stilbaai 06.03.2026

Boekeredakteur Elna van der Merwe het vier jaar gelede die Moederstad verruil vir Stilbaai in die Suid-Kaap. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe die dorp onder haar vel ingekruip het, en hoe warm haar hart steeds klop ná die sukses van die pas afgelope Stilbaai-boekefees.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.