RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
360 Speseryroete: Wildsvleis 12.06.2026 10:54
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die ou geskrifte sê oor kosmaak met wildsvleis.
Sonsambreel-verbod op die strand 12.06.2026 1:26
Daar is ‘n verbod op sonsambrele by ‘n strand in Sardinië. Net as jou gesin daar is met ‘n kind onder 10, of as jy ouer as 65 is, mag jy ‘n sambreel strand toe vat. Die toegangfooi tot die strand is 10 Euro, maar 5 Euro as jy met ‘n boot daar aankom.
Fonteinname in SA 11.06.2026 12:00
Prof. Matilda Burden vertel vir Martelize Brink van Opreisfontein, ‘n boek met fonteinname in Suid-Afrika en hulle stories.
Jonk: Biometing in sport 11.06.2026 11:08
Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor biometing in sport. Hy vertel wat mense meet en waarmee, van profesionele atlete tot fiksheidsentoesiaste.
VSA en Kanada se gedeelde biblioteek 11.06.2026 1:29
Die Haskell Free Library and Opera House is op en oor die grens tussen Kanada en die VSA in Quebec en Vermont gebou. Nou is daar ‘n biblioteekdeur slegs vir Kanandese. Voorheen het almal oor die grens heen, dieselfde hoofingang aan die VSA-kant gebruik. In Oktober 2025 het die VSA dié praktyk gestop. Nou is ‘n nooduitgang aan Quebec se kant, omskep in Kanada se amptelike ingang.
Breyton April, die jong visserman van Bettysbaai 10.06.2026 5:16
Breyton April se pa het hom al jonk-jonk geleer visvang. Op vyf het hy al sy eie visstok gehad, en vandag, op 24, is dit sy beroep. Haidee Muller-Isaacs het afgesit Bettysbaai toe om met hom te gesels. Nodeloos
La Sagrada Familia se hoogste toring ingewy 10.06.2026 3:00
Marius Coetzee vertel van die inwyding van die La Sagrada Familia-katedraal in Barcelona se hoogste toring. Dit volg ‘n eeu ná die dood van Antoni Gaudí, die grootste Katalaanse argitek en ontwerper.
Op soek na Maskam 10.06.2026 9:22
Melt van der Spuy vertel vir Martelize Brink van die dokumentêre film, Op soek na Maskam, wat hy van sy grootwordplek gemaak het.
Sonde met die bure 10.06.2026 1:37
‘n Vete tussen bure op die Engelse platteland kan ‘n pensionaris in die tronk laat beland. Ná 15 jaar se onmin was die laaste strooi toe die dame ‘n grassnyer aangelos het om haar bure se kuiertjie met vriende op die stoep met die klank te saboteer.
Êrens oorsee: Marioneiland 09.06.2026 11:33
Roelf Daling vertel vir Martelize Brink van die lewe op Marioneiland. Hy was lager as ‘n jaar lank deel van ‘n navorsingspan op dié sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan.
Change Makers help met dwelms en bendes 09.06.2026 8:31
Change Makers Worcester is 'n nie-winsgewende organisasie wat werk met mans wat wil wegbreek uit die greep van dwelms en bendes. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer, en ook die storie gehoor van 'n ambagsman wat eens op 'n tyd onder 'n brug geslaap het.
Dis in die pos... 09.06.2026 1:32
‘n Tydskrif wat moes help met kinders grootmaak, is in Engeland 19 jaar laat deur Royal Mail afgelewer, met daardie kinders reeds op universiteit.
Nuwe parasiet na haar vernoem 08.06.2026 11:50
Dr. Martine Jordaan vertel vir Martelize Brink van 'n nuwe parasiet, Paradiplozoon jordaanae, wat op ‘n vis ontdek is. Dit is na haar vernoem.
In die wêreld van landbou 8 Junie 2026 08.06.2026 5:40
In die week se landbounuus berig ons oor Suid-Afrika se eerste nasionale sensus van vrylopende jagluiperds; China skrap invoerheffings op rooibos uit Suid-Afrika; die jaarlikse Desert Beef-slagoskompetisie het weer groot belangstelling in die Noord-Kaap ontlok; en rolspelers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf het in Stellenbosch bymekaar gekom vir die derde jaarlikse Wynberaad.
Hoekom is party vleis sagter as ander? 08.06.2026 12:03
Prof. Phillip Strydom praat oor die faktore wat beïnvloed of vleis sag is.
Stoei in die biblioteek 08.06.2026 1:26
In Kalifornië word stoeigevegte gebruik om mense biblioteek toe te lok.
Migel Uys se liefde vir koorsang 05.06.2026 6:04
Haidee Muller-Isaacs gesels met die jong koorleier/dirigent Migel Uys oor sy liefde vir die hartstaak om jong koorsangers se talente te ontgin. Is dit soms 'n stryd met die heel kleintjies? Haidee het gaan uitvindt tydens ‘n kooroefening.
360 Speseryroete: Die bestraling van kos 05.06.2026 8:56
Prof. Gunnar Sigge en Hetta van Deventer-Terblanche praat oor oor die bestraling wat gebruik word om kos se rakleeftyd te verleng.
Teler in moeilikheid oor eksotiese kakkerlakke 05.06.2026 1:54
‘n Kakkerlakteler in Nieu-Seeland is in die moeilik oor meer as 100 000 onwettige eksotiese kakkerlakke vir die troetelreptielvoermark.
Bekroonde bekostigbare delikate juweliersware 04.06.2026 4:48
Estilee Potgieter vertel vir Martelize Brink van Collective & Co. wat by die African Excellence Awards aangewys is as beste bekostigbare delikate juwelierswareversameling. Sy vertel hoe dié na-ure-projek later haar werk geword het.
Jonk: Beheptheid met biometing 04.06.2026 14:09
4 Junie 2026: Dr. Etienne van der Walt, ’n neuroloog, praat oor “biohacking” en mense se beheptheid om allerhande dinge te meet.
Vreemde vergete goed in taxi's 04.06.2026 1:52
Uber maak elke jaar ‘n lys bekend van goed van passasiers wat in hulle motors vergeet het. Vanjaar se lys sluit dig is soos ‘n kind se prostetiese oog, ‘n dubbeldeuroond en ’n enkelmonitor!
Delia April se hart vir Bettysbaai 03.06.2026 5:46
Delia April se hart behoort aan Bettysbaai. Sy is gebore op die kombuisvloer van die plaaslike hotel, waar haar ma desjare 'n kok was. In later jare het Delia haar heil in die Kaap gaan soek, maar nadat haar kind byna doodgeskiet is, het sy en haar kinders teruggekeer na Bettysbaai, en daar sal sy nie sommer weer weg nie, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Sy help kinders om te glimlag 03.06.2026 11:19
Plastiese- en rekonstruktiewe sjirurg, dr. Clare Neser, vertel vir Martelize Brink van die uitsonderlike pasiënte wat sy as vrywilliger by Operation Smile geopereer het. Sy en haar man, Conrad, doen vrywillig gesplete lip- en verhemelteoperasies hier en oorsee.
Soek goud in die middernagson 03.06.2026 1:25
Die Levi Ski-oord in Lapland moedig toeriste aan om die somer en middernagson te benut deur deel te neem aan ‘n skattejag wat jou na verskeie besienswaardighede lei, maar ook vir iemand na ‘n stafie goud ter waarde van €20 000.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.