RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sy sink op 98 steeds die balle 06.03.2026 1:30
Op 98 is Maggie Kennedy van Florida in die VSA die oudste kompeterende potspelspeler. Sy het die onlangs weer aan ‘n nasionale kompetisie in Las Vegas deelgeneem.
Familie maak al halwe eeu lank skoene 05.03.2026 9:52
Teen globalisering, massaproduksie en aanlynverkope in, bly ’n leerskoen-familieonderneming op Wellington al 50 jaar lank staande. Johan Rademan het Nic Slabber, wat sy ouers se skoene moet volstaan, gevra of hulle nog op koers is, en die pad wat hy moes stap om in pas te bly.
Jonk 5 Maart 2026 05.03.2026 10:23
Judey Pretorius praat oor perimenopause en ghepaardgaande veranderende velsorgbehoeftes.
Slim-polisiestasie 05.03.2026 1:24
Ethiopië beproef ‘n onbemande polisiestasie, waar jy op tablette op die polisie se knoppie kan druk.
Gloria Arendz Theiler 04.03.2026 9:49
Gloria Arendz Theiler gesels met Martelize Brink oor haar grootwordjare op Elsiesrivier saam met haar broer Errol Arendz, wat in die modewêreld werk.
Wat kan ons leer by... 4 Maart 2026 04.03.2026 13:53
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink wat die antieke Chinese ons oor papier, die drukpers en papiergeld kan leer.
Dis nie reg dat 'n regter KI gebruik nie 04.03.2026 1:09
‘n Regter in Indië is in die warm water omdat sy KI gebruik het vir ‘n uitspraak in ‘n hofsaak. Sake waaruit die KI aangehaal het, bestaan egter nie.
Êrens oorsee 3 Maart 2026 03.03.2026 10:19
Willem van der Colff vertel vir Martelize Brink van die lewe in Oekraïne, waarheen hy in 1995 verhuis het en in die bediening staan. Met die uitbreek van die oorlog het die gesin Suid-Afrika toe getrek, maar hy gaan twee maal ‘n jaar vir drie maande op ‘n slag terug Oekraïne toe.
Eduard stry wéér teen kanker 03.03.2026 7:09
Die legendariese oud-balletdanser, dr. Eduard Greyling, stry 'n tweede stryd teen kanker. Dié keer is hy oorgehaal om die siekte wéér te klop met immunoterapie. Die behandeling is egter peperduur, maar daar is altyd hoop, vertel hy vir Haidee Muller-Isaacs.
Ouers soek skoonkinders aanlyn 03.03.2026 1:28
In China is daar aanlynplatforms waar ouers ‘n gade vir hulle kinders kan soek. Die ouerpare gesels eers met mekaar, dan hoor die kinders van die reëlings.
Besoekende Antarktiese diere 02.03.2026 10:19
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van Antarktiese diere wat die Auid-Afrikaanse kus besoek, soos die krapeter-rob wat onlangs in die Strand gesien is.
Druiwe-seep 02.03.2026 8:02
Charlene van Graan en Bianca Grobbelaar vertel vir Martelize Brink van Natrossie, ‘n inisiatief op Kylemore waar 'n groep nasorg-mammas handgemaakte seep vervaardig en vleg in die vorm van ’n druiwetros.
Jou naam se komvandaan 2 Maart 2026 02.03.2026 7:28
Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van name soos Wilhelm, Wim, Wimpie en Wilhelmina.
Wyn onder water verouder 02.03.2026 1:18
In Chili verouder hulle wyn onder in die see. Die wyn lê vir 8 maande tot ‘n jaar sowat 10 tot 20 meter onder die golwe. Die temperatuur daar is deur die jaar konstant 11 grade Celsius.
Eitemal se Jaffie op RSG 27.02.2026 7:23
Eben Cruywagen vertel van die uitdaging om Eitemal se JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE te verwerk vir radio, en hoe die karakters uit die boek ‘n ander vorm moes aanneem.
360 Speseryroete - Deel 119 27.02.2026 5:52
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van soet antieke wors, en dat die woord, poeding, van die Latynse woord vir wors kom.
Amanda Strydom by KKNK 27.02.2026 10:07
Amanda Strydom vertel vir Martelize Brink van haar KKNK-herrineringe en -hoogtepunte, en wat sy vanjaar daar doen.
Rygoed se sêgoed 27.02.2026 1:53
In New York wou die Departement van Motorvoertuie ‘n stop sit aan ‘n oupa se gebruik van sy kampeerwa se nommerplaat, PB4WEGO. Op die ou end het die staat se goewerneur ingegryp.
Lorenzo Darries se hart 26.02.2026 6:42
Toe die Good Hope FM-sportaanbieder en Expresso-vervaardiger, Lorenzo Darries, in 2023 met eindstadium hartversaking gediagnoseer is, was hy nie verbaas om te hoor dat hy 'n nuwe hart sal moet kry nie. Dis immers 'n familiekwaal. Met die hedendaagse tegnologie kon dokters 'n plan maak terwyl Lorenzo op 'n hart wag, en hy het 'n linkerventrikulêre hulpapparaat gekry. Dis 'n meganiese pomp wat ingep...
Jonk 26 Februarie 2026 26.02.2026 7:37
Aiden Lottering praat oor hipnose, waarmee dit kan help, en die wanpersepsies.
Touspring-uitdaging 26.02.2026 1:25
‘n Sewejarige in China het op ‘n video gesê hy sal soveel keer touspring as wat die video “likes” aanlyn kry. Binne ‘n dag was daar al 1,8 miljoen mense wat van die video gehou het!
Petro se passie vir weeskinders 25.02.2026 6:40
Petro Uren het as sesjarige by die Herberg Kinderhuis op Robertson beland. Vandag werk sy vir die einste kinderhuis as fondswerwer. Sy glo dat kinders wat in kinderhuise is met absolute deernis en menswaardigheid hanteer behoort te word. Sy is passievol oor haar werk om hulle lewe te verbeter.
Wat kan ons leer by... 25 Februarie 2025 25.02.2026 7:16
Dr. Mandie Uys praat oor die 2 500 jaar oue boek, Die Kuns van Oorlogvoering deur San Tsu, wat steeds voorgeskrewe leesstof is in die Amerikaanse weermag en Japanese sakeskole.
Bodemlose koffie 25.02.2026 1:20
‘n Administratiewe fout by ’n koffeiwinkel het Sophie Downing van Nottingham op papier 100 000 keer ryker as Elon Musk gemaak! Sy het darem nie die glips uitgebuit nie.
Êrens oorsee 24 Februarie 2026 24.02.2026 4:53
Jeanine Maricic vertel vir Martelize Brink van die Wit Stad, Belgrado in Serwië.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.