RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Grys en gatvol vir menopouse 24.02.2026

Melanie Verwoerd praat oor menopouse, hoe min inligting daaroor in Afrikaans beskikbaar is, en die Grys & Gatvol-potgooi op hierdie tema.

Goud vir Osaka se waterpype 24.02.2026

‘n Anonieme skenker het 21 kg goud vir Osaka se Waterburo gegee, met die wens dat die waterinfrastruktuur verbeter word.

Wat is fout my troeteldier? 23.02.2026

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor hulle troeteldiere.

Teologiese biblioteek op WIlliston 23.02.2026

‘n Huis vol teologiese boeke, wat ‘n tuiste in ‘n gerestoureerde kerkie op Williston gevind het, is een manier om kosbare skatte uit die boekdrukkuns, verpulping te laat vryspring. Pierre-Jean Gerber het aan ‘n blink plan gedink om teologiese boeke te bewaar. Johan Rademan het op Wellington tussen olyfbome met hom gesels.

Jou naam se komvandaan 23 Februarie 2026 23.02.2026

Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name soos Carel, Carlos, Kallie, Charl, Karla, Carola en Charlotte.

Rommelhond 23.02.2026

Die eienaar van ‘n hond in Italië is in die moeilikheid oor rommelstorting. Die hond geleer is om sakke vullis langs die pad neer te sit.

Willem se worse 20.02.2026

Worsstop is ’n kuns, en daar is baie resepte vir worsmengsels. Willem Viljoen, aanbieder van Vastrap op RSG, verklap ‘n paar geheime oor sy liefde vir wors, en hoe hy selfs sy pa, Ollie Viljoen, vereer met Ollies Sausages. Johan Rademan het met Willem gesels, en dit is amper asof verskillende musiekstyle aansluit by die verskillende worse wat hy maak.

360 Speseryroete - Deel 118 20.02.2026

Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van moskonfyt en mosstroop in Suid-Afrikaanse kookkuns.

Voedsame kos vir voedingskemas 20.02.2026

Org van der Watt praat oor dwerggroei, wat sowat 2 miljoen Suid-Afrikaanse kinders onder vyf raak. Die StartWell-stigting is ‘n nie-regergeringsorganisasie wat die uitdaging aanpak met ‘n voedsame gereg wat kinders in verskeie voedingskemas ondersteun. Jy maak dit aan soos pap.

Filterfout 20.02.2026

‘n Smaakmaker in China is 140 000 sosiale media-volgelinge kwyt ná ’n filter, wat haar voorkoms soos dié van ‘n porseleinpop maak, ophou werk het tydens ’n regstreekse uitsending. Toe sien die mense hoe sy eintlik lyk...

Riaan Grobler se nuwe boek 19.02.2026

Riaan Grobler vertel vir Martelize Brink van sy jongste roman, Die Avonture van Helga Roets, en hoe hy by skryf uitgekom het nadat hy drama studeer het.

Marius ry fiets vir kinderhuis 19.02.2026

’n Vreeslose en dapper Marius du Preez maak flink planne om op sy toerfiets klim en ’n buitengewone reis te begin. Nie net vir persoonlike glorie of avontuur nie, maar vir iets veel dieper en betekenisvol. Vir hom gaan dit oor kinders, en om hulle weer te laat glimlag. Hulle noem hom The Unhurried Bike Packer.

Jonk 19 Februarie 2026 19.02.2026

Valpré Huisamen praat oor die interaksie tussen kos en medisyne, en wat en wat nie saam werk nie.

Tweeduisend jaar oue skinderstories 19.02.2026

‘n Boek wat 2 000 jaar gelede in Latyns verskyn het, se Engelse vertaling is tans bo aan die Sunday Times Hardeband Nie-fiksie Topverkoperlys.

Wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker 18.02.2026

Johan Jordaan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker aangewys. Martelize Brink praat met hom oor sy sukses.

Wat kan ons leer by... 18 Februarie 2026 18.02.2026

Dr. Mandie Uys vertel van China en hoekom die Chinese met al die kennis tot hulle beskikking en uitvindsels soos die kompas en buskruit, nie die wêreld oorheers het nie.

Klere groei saam met die kind 18.02.2026

‘n Lugvaartingenieur van Engeland is deesdae ook ‘n kleremaker. Omdat kinders so gou uit hulle klere uit groei, het dit hom laat besluit om kinderklere te maak wat kan rek soos die kind groei. Die ontwerp is geinspireer deur hoe satelliete gebou word.

Êrens oorsee 17 Februarie 2026 17.02.2026

Roux Gerber vertel vir Martelize Brink van die agt jaar wat hy en sy vrou, Christine, op ‘n seiljag in die Karibiese See woon.

Esta en die sekswerkers 17.02.2026

Esta Thompson lei Seeds of Hope, ’n interkerklike groep vrywilligers. Vir die afgelope 17 jaar is sy en haar span alombekend aan die sekswerkers langs of naby Voortrekkerweg, in 'n gebied wat bekend staan as Downtown Parow. Sy ontferm haar oor hulle almal, maak nie saak wie of wat hulle is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels.

Die knielende koerier 17.02.2026

In China kan jy ‘n koerierdiens betaal om namens jou die familie vir nuwejaar te besoek, en selfs te kotou. Dis kniel met die voorkop teen die grond, as teken van respek.

Visse wat van geslag kan verander 16.02.2026

Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van visse wat van geslag kan verander. Anemoonvisse soos Nemo, broei almal as manlik uit.

Jou naam se komvandaan 16 Februarie 2026 16.02.2026

Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name wat met diere verband hou, soos Linda, Arend, Wolf, Adolf, Rudolf, Roelof en Arnold.

Duur herdenkingsgeskenk 16.02.2026

‘n Herdenkingsgeskenk het deur die vingers geglip. $2 000 aan ‘n lint is met ‘n heliumballon per ongeluk die hemele in!

Willem se Argentynse avontuur 13.02.2026

Hoe het dit gebeur dat Willem Viljoen, aanbieder van Vastrap op RSG, vir ‘n jaar en ‘n half in Argentinië beland het? Daar het hy in die spelonke van die Andesgebergtes hamme gemaak saam met ‘n Italianer. En wat het Ollie Viljoen se seun uit die ooreenkoms tussen Argentynse en Suid-Afrikaanse Boeremusiek geleer, en huis toe gebring? Johan Rademan het gaan uitvind.

360 Speseryroete - Deel 117 13.02.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kruie en speserye wat as insekweermiddel ingespan word. Ons hoor onder andere van resepte teen muskiete, muggies en muise.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.