RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Troeteldiere nou by hulle mense begrawe 13.02.2026

Sao Paulo in Brasilië het ‘n nuwe wet. Die Bob Coveiro-wet is vernoem na ‘n hond wat 10 jaar lank in die begrafplaas by sy baas se graf gebly het. Honde en katte kan in daardie staat nou by hulle mense begrawe word.

Kaap tot Kaïro in 301 dae! 12.02.2026

Keith Boyd vertel van die Guinness Wêreldrekord wat hy opgestel het deur 11 000 km van die Kaap tot in Kaïro te hardloop in 301 dae.

Athina leer almal om te sweis 12.02.2026

Sy deel nie visse uit nie, maar as baanbrekeropvoeder en sweis-spesialis op die Kaapse Vlakte, leer Athina Dennis voornemende ambagsmanne in die meganiese bedryf al langer as 13 jaar lank hoe om self die vis in te katrol. Sedert 2017 is Athina ‘n onderwyser by die tegniese hoërskool, Oval North High, in Beacon Valley, Mitchells Plain, waar sy spesialiseer in meganiese tegnologie, metaalwerk en ing...

Jonk 12 Februarie 2026 12.02.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen vertel waarom spiermassa so belangrik is namate ons ouer word.

Rooi straatligte in Denemarke 12.02.2026

Gladsaxe in Denemarke het nou rooi LED-straatligte om te help met ligbesoedeling. Veral vlermuise baat hierby. Dit dien ook as baken van waar kwesbare spesies, herriner mense aan diere se lot.

Hewitt, die kritiek-bedreigde spookpadda 11.02.2026

In die bergstroompies naby Loerie in die Oos-Kaap het Mariska Spoormaker saam met Hennie de Beer, afgetrede natuurbewaringsbeampte, gaan soek na die kritiek-bedreigde Hewitt-spookpadda.

Wat kan ons leer by... 11 Februarie 2026 11.02.2026

Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by die antieke Chinese. Sy fokus op tandsorg en medisyne.

Toe vlieg die vark... 11.02.2026

‘n Boer in China het besluit om sy varke met ‘n hommeltuig van die plaas af mark toe te vlieg. Die eerste poging is egter in kragdrade vas, wat ‘n 10 ure lange kragonderbreking veroorsaak het.

Êrens oorsee 10 Februarie 2026 10.02.2026

Rita Rinne vertel vir Martelize Brink van die lewe in Finland, waar daar 3 miljoen saunas en 5,6 miljoen mense is.

Katherberg in Bellville 10.02.2026

Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n herberg vir katte, waar sy uitvind wat daar gebeur met die weggooikatjies.

'n Bruid vir die platteland 10.02.2026

‘n Hooggeplaasde amptenaar in Suid-Korea is uit sy party geskors nadat hy voorgestel om die land bevolkingsgroei-uitdaging op te los deur jong vroue uit Viëtnam en Sri Lanka in te voer, om bruide op die platteland te word.

Albatros-taakmag 09.02.2026

Dr. Hanneline Smit-Robinson vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se albatrostaakmag wat al 20 jaar bedrywig is.

Werner Koenze se heimat 09.02.2026

Werner Koenze vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy liefde vir Amalienstein duskant Zoar in die Karoo. Werner woon al lank in die Kaap, waar hy homself uitleef as passievolle onderwyser by Excelsior Sekondêr in Belhar, maar hy kan net nie daai deel van sy wortels afsweer nie. Dis sy heimat, sê hy...

Jou naam se komvandaan 9 Februarie 2026 09.02.2026

Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name soos Dewald, Leopold, Bernard, Gerhard, Reinhard en Mynhard.

Geldrangskikkings 09.02.2026

Voor Valentynsdag waarsku Kenia se sentrale bank teen die praktyk van rangskikkings van banknote. Skade aan banknote is strafbaar met drie maande tronkstraf, 2000 Sjieling of beide.

Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 3 06.02.2026

Inus Marais moet as internasionale gholfskeidsregter met die groot honde saamloop. Dit is maklik om gewone reëls toe te pas op die gholfbaan, maar daar is ook vreemdes. Johan Rademan het Inus gepols oor die vreemdste beslissing wat hy moes besleg.

360 Speseryroete - Deel 116 06.02.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor marjolein en origanum.

Ongelukkige Feng Shui 06.02.2026

Feng Shui het gemaak dat ‘n vrou ‘n verkeerspieël in haar straat geskuif het. Die skuiwery het verskeie motorongelukke veroorsaak.

Ouma (86) skryf ‘n hygroman 05.02.2026

Vroeër jare was Santjie Schutte van Zeerust ‘n skoolhoof en ‘n mens wat gehou het van stories skryf. Toe sluit sy by die Zeerust Skrywersgilde aan, en nou, op 86, het sy haar eerste hygroman gepubliseer. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.

Jonk 5 Februarie 2026 05.02.2026

Dr. Zander Oliver praat oor die rol van tandepasta, en wat jy regtig nodig het.

Boelie-gelukbringer 05.02.2026

Die Harry Potter-karakter, Draco Malfoy, is skielik ‘n gelukbringer in China. Malfoy vertaal in Mandaryn na Ma Er Fu - Perde bring voorspoed. Die komende jaar is die jaar van die perd.

Vier keer met kanker gediagnoseer 04.02.2026

Janel Osborne vertel dat sy vir ‘n vierde keer met kanker gediagnoseer is. Tydens die vorige behandelings het sy byna al haar sig verloor. Lambert Badenhorst is aan haar sy, en vertel van planne om haar te ondersteun.

Kleimuseum vier 40 jaar met robyne 04.02.2026

90 SHADES OF RUBY is die tema van die uitstalling in die Durbanville-galery en Kleimuseum by Rust en Vrede. Die Kleimuseum is enig in sy soort in Suid-Afrika, en is 40 jaar gelede ingehuldig deur die legendariese keramiekkunstenaar, Esias Bosch. Die gebou dateer uit 1840, en om 40 jaar met die oog op Valentynsdag te vier met die kleur van robyne is merkwaardig. Johan Rademan het met kurator Donova...

Wat kan ons leer by… 4 Februarie 2026 04.02.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die Babiloniërs se wette, wat steeds in hedendaagse regstelsels se beginsels te vind is.

Engel met 'n eerste minister se gesig 04.02.2026

Ná die opknapping van ‘n fresko in ‘n kapel, lyk die gesig van ‘n engel nou nes Italië se eerste minister, Giorgia Meloni. Op Instagram sê sy dat sy beslis nie soos ‘n engel is nie.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.