RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe klink jou seemeeu? 12.05.2026 1:36
Die sesde jaarlikse Europese seemeeu-kryskampioenskap het onlangs plaasgevind. Deelnemers van 15 lande het in België saamgetrek om te maak soos ‘n meeu.
Seeperdjieredding 11.05.2026 7:25
Chanel Visser vertel vir Martelize Brink van seeperdjieredding, na hulle by die Keurboomsrivier die see in gespoel word weens die geweldige hoë reënval.
In die wêreld van landbou 11 Mei 2026 11.05.2026 5:37
In hierdie week se landbounuus hoor ons van ‘n nuwe geval van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap; landboumaatskappy NWK open ‘n nuwe tegnologiesentrum; ’n wêreldbekende plaaslike plantpatoloog word vereer; die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se nul-invoertarief; en die sitrusbedryf toon stabiliteit.
Snyborde in die kombuis 11.05.2026 6:33
Prof. Pieter Gouws gesels met Martelize Brink oor jou snybord keuse in die kombuis.
Brood op die rooitapyt 11.05.2026 2:01
Realiteitstelevisiester Queen Mercy Atang het by die Africa Magic Viewers' Choice toekenings in Nigerië opgedaag in ‘n rok gemaak van 500 brode om haar bakkery te bemark.
360 Speseryroete - Deel 128 08.05.2026 11:00
Hetta van Deventer – Terblanche gesels met Martelize Brink in die DrieSestig speseryroete oor die gebruik van koffie as geurmiddel.
Nasionale krisanteskou 08.05.2026 7:08
Prof. Michael le Cordeur vertel vir Martelize Brink van die nasionale krisanteskou wat die naweek op Pniel plaasvind.
Hof toe oor 'n handdoek 08.05.2026 1:49
‘n Duitse toeris is hof toe oor ‘n Griekse vakansie-ervaring wat nie na wense was nie. Hy het min kans gekry om die sonbeddens te gebruik, want ander toeriste het voor sesuur soggengs al hul handoeke op die beddens gesit om hul plek te hou. Op die ou end moes die toeroperateur opdok.
Jonk 7 Mei 2026 07.05.2026 8:03
Valpré Huisamen gesels met Martelize Brink in Jonk oor gefermenteerd produkte soos jogurt, kefir, suurkool, amasi en mageu.
Hartaanval in 'n KPR-klas 07.05.2026 1:41
‘n 72-jarige Karl Arps van Wisconsin was besig om die tekens van ‘n hartaanval aan studente te verduidelik tydens ‘n KPR-klas, toe hy self ‘n hartaanval kry. Gelukkig kon sy studente tot sy redding kom.
Paulette se stap vir 'n doel 07.05.2026 7:12
Paulette Govender het besluit om te begin stap ten bate van die geestesgesondheid van gemeentelede in haar kerk in die Paarl. Sy het dalk nie altyd die geld om by te dra nie, sê sy, maar met haar bene is daar nie fout nie. Intussen het sy 'n paar makkers aangemoedig om saam met haar te stap om sodoende geld in te samel vir diegene wat in stilte ly, vertel sy vir Haidee.
‘n Koerant in die hand in ‘n digitale era 06.05.2026 12:44
André-Pierre du Plessis vertel vir Martelize Brink van Die Promenader, ‘n splinternuwe gedrukte gemeenskapskoerant vir Seepunt.
Desireé Wentzel, die musiekjuffrou 06.05.2026 6:58
“Ek sal nooit ’n musiekjuffrou wees nie. Ek sal net drie jaar op ’n plek werk en dan skuif. Ek sal net in stede werk. Ek sal nooit op ‘n klein dorpie bly nie. Ek sal nooit op die platteland aard nie, en ek sal nooit met ’n boer trou nie.” Dit was die onderwyseres Desireé Wentzel se eintlike planne. Tog hét sy toe ’n musiekjuffrou geword. Sy woon al 55 jaar op Bonnievale. En ja, sy hét met ’n boer...
'n Pokémon-plan 06.05.2026 1:39
Wanneer nuwe Pokémonkaarte te koop aangebied word, staan mense tou voor die winkeldeur. ‘n Man in Pasadena, Kalifornië, het besluit om só ver voor in die ry in te druk, dat hy sommer gesorg het dat hy die vorige dag in die winkel toegesluit word.
Êrens oorsee 5 Mei 2026 05.05.2026 9:36
Alwyn Dippenaar vertel van Queensland, Australië, waar hy in die Outback boer. Daar maak hulle beeste met 'n helikopter bymekaar, siende dat die plase enorm is.
Prof. Pierre Volschenk word 100! 05.05.2026 9:18
Prof. Pierre Voschenk, kunsikoon, leermeester en kunsfilosoof is op 1 Mei 1926 op Paardekop naby Standerton in die destydse Transvaal gebore. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n doktorsgraad in kuns in Suid-Afrika verwerf het. Johan Rademan het by hom gaan kuier, en gevind dat hy op 100 nog ‘n onblusbare lewenslus het.
O, koek! 05.05.2026 1:51
In China is 67 000 spook-koekverkopers ontbloot wat deur aanlynbestelplatforms reeds 3,6 miljoen koeke verkoop het. Toe kom die boete...
Prostese vir diere 04.05.2026 13:34
Werner Smit vertel hoe hy prosteses maak vir diere - van troeteldiere tot kameelperde en renosters.
In die wêreld van landbou 4 Mei 2026 04.05.2026 5:10
In hierdie week se landbounuus hoor ons onder meer van ‘n veilingskraal buite Bloemfontein wat sy hekke moes sluit weens ‘n bek-en-klouseer-uitbreking, die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste winteroesskatting vir die jaar, die positiewe impak van die hoë pistachiopryse op produksie in die Karoo, en SA Stamboek se jaarlikse elite-toekennings.
Jou naam se komvandaan 4 Mei 2026 04.05.2026 10:06
Dr. Willem Botha praat verder oor Afrikaanse met ’n Griekse oorsprong, soos Barbara, Helena, Charmaine, Philippus, George, Bartho en Jurie. Hy vertel ook hoekom die Grieke anderstaliges barbare genoem het. Ons hoor ook waar die naam, Ignatius, vandaan kom.
Op julle merke! Gereed! Slaap! 04.05.2026 1:30
Seoel het Saterdag hulle derde jaarlikse middagslapie-kompetisie aangebied. Honderde mense kom vir dié doel in ‘n park bymekaar. Vanjaar se wenner is in sy tagtigs, en die tweede beste slaper is ‘n 37-jarige kantoorwerker.
Wêreld Trekklavierdag 2026 01.05.2026 7:14
Haidee Muller-Isaacs gesels met Leon Oosthuizen oor Wêreld Trekklavierdag wat op 5 Mei gevier word. Hy vertel ook meer van die nuwe kategorie wat geskep is vir vryriet-instrumente by Paarl se Eisteddfod.
360 Speseryroete - Deel 127 01.05.2026 8:58
Herman Lensing vertel hoe hy droëvrugte in die kombuis inspan.
Hoendermoord met musiek 01.05.2026 1:36
‘n Hoenderboer in Indië is polisie toe nadat 140 hoenders gevrek het. Na bewering is die rede harde musiek wat ‘n platejoggie vir ‘n trougeselskap gemaak het.
Retief Scholtz se skryfwerk 30.04.2026 7:26
Retief Scholtz gesels met Martelize Brink oor sy skyfwerk. Hy is hoofskrywer van die sepie, Suidooster. Sy komedie, KRY VIR JOU ’N TUX, THOMAS, is tans op die planke.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.