RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Êrens oorsee 3 Februarie 2026 03.02.2026

Liezl Owen vertel vir Martelize Brink van die eilandlewe by Cape Cod, VSA. Vandag is dit -12 grade Celsius daar, maar dit is ‘n gewilde vakansiebestemming in die somer.

Karoo Kaarte vier vyf jaar 03.02.2026

Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van Karoo Kaarte, die KKNK se multidissiplinêre gemeenskapsprogram, wat vanjaar vyf jaar oud word. Dié span het onlangs afgeskop met die beplanning van hulle splinternuwe teaterproduksie, Spoel, wat by die 30ste KKNK debuteer, asook hulle vele ander kreatiewe uitkomste.

Minion-moeilikheid 03.02.2026

Die Spaanse sierskaatskampioen, Tomas-Llorenc Guarino Sabate, moet sy roetine by die Olimpiese Spele verander. Kopiereg is die rede. Hy gebruik al heel seisoen musiek van die Minions-animasiefilm, maar het nie toestemming om dit by die Winter Olimpiese Spele te gebruik nie.

Veilige hawe vir donkies in die Karoo 02.02.2026

Bradley Bergh vertel vir Martelize Brink van die Karoo Donkey Sanctuary op De Rust, en die 400 diere wat daar ‘n heenkome vind.

Die Appeltreintjie is stil, maar dié stasie wérk 02.02.2026

Omdat werkgeleenthede skaars is in die omstreke van die Oos-Kaapse dorpie, Thornhill, het boervrou Joan Puttergill 30 jaar gelede met ‘n volhoubare werkskeppingsprogram in ‘n ou, maar opgeknapte, Appeltreintjie-stasie begin. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer.

Jou naam se komvandaan 2 Februarie 2026 02.02.2026

Dr. Willem Botha vertel onder andere van die name Volker en Merwede. Die Van der Merwes se van kom ook van die Merwederivier in Nederland.

Kiekies by die kerk 02.02.2026

‘n Prentjiemooi kerk in Italië kry te veel besoekers, veral om selfies daar te neem. ‘n Versperring sal binnekort opgerig word om voertuigtoegang te beperk tot inwoners en toeriste wat in die dorp oornag.

Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 2 30.01.2026

Die prysgeld vir beroepsgholf is deesdae astronomies. Die PGA-toernooi s’n is al meer as $550 miljoen, met ‘n gemiddelde verdienste van $2,3 miljoen per speler. LIV Gholf stoot 2 tot 25 miljoen dollar per toernooi in, en die DP World Tour betaal $125 miljoen plus bonusse uit aan spelers wat kwalifiseer. Een verkeerde beslissing, soos ‘n strafhou, kan dus duur wees. Inus Marais is 'n internasionale...

360 Speseryroete - Deel 115 30.01.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die toenemende gewildheid van waatlemoen as geurmiddel, en hoe dit in verskillende streke se kookkuns gebruik word.

Bloudrake en ander blou seediertjies 30.01.2026

Maryke Musson vertel van die bloudrake, see-engele, bloublasies en seiljag-jellies wat aan die kus uitgespoel het.

KI-wensdenkery 30.01.2026

‘n Toerismewebblad is in die warmwater. Dit het ‘n blog wat deur kunsmatige intelligensie geskryf word. Dit stel dit voor dat mense ‘n warmwaterbron by ‘n afgeleë dorp besoek, wat glo ‘n gunsteling onder stappers is. Daardie warmwaterbron bestaan egter nie.

Nadia se koesterplekkie vir enkelouers 29.01.2026

Nadat sy desjare geskei is, het Nadia Boezak stoksielalleen en verlore gevoel as ‘n enkelma van twee jong kinders. Daar moes tog ook ander wees wat soos sy voel, en dis presies hoekom sy haar organisasie, Undercover Heroes, begin het. Dis 'n koesterplekkie vir enkelma's en -pa's. Haidee Muller-Isaacs het met Nadia gesels.

Jonk 29 Januarie 2026 29.01.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en die verband met verhoogde siekterisiko.

Somber speelgoedperd word gewild 29.01.2026

In China word dit die jaar van die perd. ‘n Fout met die vervaardiging van ‘n speelgoedperd het tot ‘n topverkoper gelei. ‘n Perd se glimlag is verkeerd aangewerk, en die somber perdjie resoneer met jong werkers wat soos korporatiewe slawe voel.

Deon Lotz in in RSG se middagvervogverhaal 28.01.2026

Deon Lotz vertel vir Martelize Brink van sy rol in RSG se middagvervogverhaal, Faksie. Hy praat ook oor die filmbedryf se optog na die parlement.

Theresa se mediawêreld 28.01.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met Netwerk24 se adjunkredakteur, Theresa Olivier, oor haar lewensverhaal. Sy vertel hoe sy in die mediawêreld beland het, watter stories vir haar belangrik is om te vertel, en die lewenslesse wat haar loopbaan in die joernalistiek haar geleer het. Sy sonder ook 'n paar stories uit wat haar altyd sal bybly.

Wat kan ons leer by… 28 Januarie 2026 28.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die sterrekykers van Babilon en China van 5 VC, ‘n NASA-sterrekundige van 2025 NC, en die Betlehlemster.

Lego Crocs 28.01.2026

Crocs het ’n Lego-weergawe bekendgestel. Dit is ’n Lego-blok(kie) waarop jy met gemak kan trap.

Êrens oorsee 27 Januarie 2026 27.01.2026

Matty Strydom gesels met Martelize Brink oor haar viermaande lange reis deur Indië.

Die sielkunde van Jan Tuisbly se karretjie 27.01.2026

Noudat Desember se feestyd met vriende- en familiesamesyn iets van die verlede is, is dit dalk tyd om te kyk na die mense wat nie in die geroesemoes van mense wil beland nie, en verkies om by die huis te bly, al is dit op hulle eie. Mariska Spoormaker het hieroor gepraat met Hanna Kotze, ‘n kliniese maatskaplike werker en traumaberader van die Baai.

TV-span van Japan in Wupperthal 27.01.2026

Gavin Terblanche, David Bush en Takanori Hoshi vertel van die NHK TV-span van Japan se besoek aan Wupperthal.

Museum van persoonlike mislukkings 27.01.2026

In Vancouver is daar ‘n museum van persoonlike mislukkings. Goed waar dinge fout gegaan het, is daar te sien, met die storie waar die item inpas.

Panthera Africa grootkat-toevlugsoord 26.01.2026

Lizaene Cornwall vertel vir Martelize Brink van die Panthera Africa grootkat-toevlugsoord by Stanford, wat onlangs skade gelei het met die brande in die omgewing.

Kariega se legendariese Wongs 26.01.2026

Al 49 jaar lank weet almal van Kariega wie Winston en Marlene Wong is, want dit is hoe lank die egpaar se Dragon Inn die inwoners met smullekker Chinese wegneemetes bederf. Noudat die Wongs nader aan tagtig as sewentig is, het Marlene al soort van legendariese status bereik. Mariska Spoormaker het gaan inloer.

Jou naam se komvandaan 26 Januarie 2026 26.01.2026

Dr. Willem Botha praat oor Germaanse naamgewing, en die ideale en beginsels wat ouers in hulle kinders wou vaslê.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.