RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

'n Dak oor 'n rot se kop 26.01.2026

In Amerika soek ’n dierereddingsorganisasie blyplek vir 480 rotte. Die troeteldiergetalle het handuitgeruk, en ‘n huis oorgeneem.

Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 1 23.01.2026

Na raming speel meer as 'n 100 miljoen mense wêreldwyd gholf, of is ten minste daarby betrokke. Op RSG word gholf ook deur ons luisteraars as ‘n voorkeursportsoort aangedui. Inus Marais is ‘n amateurgholfspeler wat homself, deur sy vrou Helene se inspirasie, as internasionale gholfskeidsregter bekwaam het. Johan Rademan het met hom gesels.

360 Speseryroete - Deel 114 23.01.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor 2026 se geure van die jaar.

Sokkies van Japan 23.01.2026

Sokkies gekoop by geriefswinkels, eerder as klerewinkels, is deesdae ‘n gesogte aandenking vir toeriste in Japan.

Despatch se stoei-familie 22.01.2026

Op Despatch, die Oos-Kaapse dorpie buite Gqeberha, het die van Els al sinoniem met stoei geword. Mariska Spoormaker het na die Despatch-stoeiklub gegaan, en drie generasies van die stoeier-Else by ‘n oefensessie ontmoet.

Jonk 22 Januarie 2026 22.01.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en hoe dit werk.

Opblaasmatras-seeredding 22.01.2026

‘n Man is aan die kus by Edinburgh uit die see gered, waar hy aan ‘n opblaasmatras geklou het.

Oorlogvakansie vir Oekraïense kinders 21.01.2026

Johan Oldenburg vertel vir Martelize Brink van die afgelope Kersfees wat hy in Oekraïne, op die grens met Rusland, deurgebring het. Kinders van daar is nou vir twee weke in Nederland met vakansie van die oorlog.

Die reisende klaskamer 21.01.2026

Die Reisende Klaskamer is ‘n skool wat na die kinders toe gaan. Dis ’n opvoedkundige inisiatief deur DGB, ‘n wynprodusent en -verspreider. Twee mobiele rekenaar- en biblioteekklaskamers reis deur die wynlande, en besoek 19 laerskole op ‘n tweeweeklikse basis. Dit is daarop gemik om die opvoedkundige gaping te oorbrug, en meer as 5 000 laerskoolkinders en 153 onderwysers te inspireer. Haidee Muller...

Wat kan ons leer by… 21 Januarie 2026 21.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel van die Babiloniërs. Babilon was uiters strategies geleë waar die Tigris- en die Eufraatriviere bymekaar kom, in wat vandag Irak is. Die stad se ligging was uitstekend vir in- en uitvoere.

Identiese tweeling-troue 21.01.2026

In China gons die internet oor ‘n familiefoto by ‘n troue. Identiese tweelingbroers het met identiese tweelingsusters getrou. By die troue was die bruide se identiese tweeling-ooms, so ook die bruidegomme se identiese tweeling-ooms.

Êrens oorsee 20 Januarie 2026 20.01.2026

Nick Bezuidenhout vertel van sy nomadiese bestaan. Die afgelope ses jaar was hy al in 17 lande. Hy vertel van Panama waar hy nou al twee maande bly.

Kabeljous-reservaat vlammehel gespaar 20.01.2026

Met die verwoestende brande wat tot verlede week nog in die Kouga-streek gewoed het, is die Kabeljous-reservaat buite Jeffreysbaai gelukkig ‘n vlammehel gespaar. Dié reservaat is een van die weinige plekke wat nog ‘n veilige habitat vir die bedreigde witkruisvleivalk bied. Hoewel dit ‘n provinsiale reservaat is, word dit al jare lank deur vrywilligers van die Kabeljous Reservaat Aksiegroep in stan...

Ultrakoue-marathon 20.01.2026

In Rusland word ’n ultra-marathon in ysige omstandighede gehardloop. Die Pole of Cold Oymyakon-marathon se 50 km is verlede week in -41 grade Celsius gehardloop.

Die kwesbare sekretarisvoël 19.01.2026

Cassie Carstens praat oor sekretarisvoëls, wat mens in die gras sien stap. In Suid-Afrika is hulle as kwesbaar gelys, maar daar is groter uitdagings vir hulle voortbestaan verder op die vasteland.

DF Akademie se tuintannie 19.01.2026

Haidee Muller-Isaacs kuier by Lorinda Smit, die tuintannie by DF Akademie. Lorinda vertel van die inspirerende tienerseun wat aanvanklik die saadjie geplant het vir hierdie tuinplanne.

Jou naam se komvandaan 19 Januarie 2026 19.01.2026

Dr. Willem Botha vertel waar dinge fout gaan met name opgee, asook die variasies van Johan.

Sand vir Saoedi-Arabië 19.01.2026

Dit klink vreemd, maar Saoedi-Arabië voer sand in. Hulle het so baie, maar dit is nie geskik om mee te bou nie. Hulle bousand word hoofsaaklik van Australië af ingevoer.

Stormsrivier gaan bos met avontuur 16.01.2026

Onder die blaredak van die Tsitsikammabos is daar n toerisme-instansie wat al jare lank prestasietoekennings inpalm. Deel van die wenresep blyk die indiensneming en opleiding van plaaslike mense te wees, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy met Anneline Wyatt, besturende direkteur van Stormsriver Adventures gepraat het.

360 Speseryroete - Deel 113 16.01.2026

Heleen Meyer vertel hoe rooibos vir kleur, geur en vele ander dinge aangewend word. Sy gee ook ‘n resep vir rooibos-geroosterde druiwe op gebakte camembert.

Liefdesversekering betaal uit 16.01.2026

In China kon jy voorheen liefdesversekering uitneem. ‘n Skoolmeisie het in 2016 dit as ‘n geskenk vir haar kêrel teen $28 gekoop. Na hul troue kon hulle kies tussen 10 000 rose of 10 000 juan, of te wel $1 400.

Wat doen Jerome Topley deesdae? 15.01.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die oud-RSG-omroeper, Jerome Topley, oor hoogte- en laagtepunte, sy toetrede tot die landboubedryf, en selfs Eugene Terre' Blanche. En dan vra Haidee ook 'n vername vraag: sou hy ooit weer heeltyds wou uitsaai?

Jonk 15 Januarie 2026 15.01.2026

Dr. Ria Smit vertel vir Martelize Brink van Zeolite, wat in produkte soos Absorbatox is.

Liewer laat as nooit 15.01.2026

Die sêding is: liewer laat as nooit. Tegnologie is egter erg verouder as selfoonvoorraad vir jou winkel 16 jaar laat afgelewer word. Dit het nou met ‘n man in Tripoli gebeur.

Twee Baaise skole skitter in e-herwinning 14.01.2026

Twee Baaise skole, Laerskool Kabega en Walmer-Wes, is pas aangekondig as die wenners in ‘n landwye kompetisie vir die herwinning van onbruikbare elektroniese toerusting. Herwinning is n groot pluspunt, want dit bied ekstra inkomste vir die skoolkoffers, en verbreed die leerlinge se algemene kennis, het dr. Adele Botha, leerkrag van Kabega, vir Mariska Spoormaker gesê.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.