RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wat kan ons leer by… 14 Januarie 2026 14.01.2026 11:42
Dr. Mandie Uys vertel verder wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.
Verlore geleentheid in die e-pos 14.01.2026 1:28
‘n Man wou baie graag Harvard Universiteit toe gaan. Toe hy nie van hulle hoor nie, word hy ‘n musikant. Ses jaar later ontdek hy ’n e-pos wat hy misgekyk het, wat sê dat hy wel by Harvard aanvaar is...
Êrens oorsee 13 Januarie 2026 13.01.2026 10:40
Elizna Greeff Maloney vertel vir Martelize Brink van Hongkong, waar sy rugby speel en skool gee.
Gospel-toekennings in die Noord-Kaap 13.01.2026 6:12
Die Diamond Gospel-musiektoekennings is verlede jaar op Kimberley in die Noord-Kaap gestig. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.
Is jy dood? 13.01.2026 1:29
‘n Betaalde toepassing wat die meeste afgelaai is in China, se naam beteken: Is jy dood? As jy nie elke tweede dag aanteken en ‘n knoppie druk nie, laat weet dit ’n persoon, wat jy vooraf genomineer het, dat daar fout is.
Die Kalahari se kameelmelkery 12.01.2026 12:21
Ons ons meer uit van ‘n kameelmelkery in die Kalahari saam met Hans Knoesen, en Martelize Brink proe kameelmelksjokolade.
Agterpaddorpies: Rietbron en Willowmore 12.01.2026 5:18
Dis die haan wat op die kerktoring staan, maar nie wanneer jy Willowmore toe ry nie. Kom ons hoor by Johan Rademan en Jurgens Schoeman wat staan dan op Rietbron se kerktoring.
Jou naam se komvandaan 12 Januarie 2026 12.01.2026 11:58
Dr. Willem Botha praat oor die verskillende kategorieë van naamgewing.
Rotsklim in SA 09.01.2026 5:21
In Suid-Afrika is daar maar ‘n skamele 16 binneshuise rotsklim-gimnasiums, hoofsaaklik in die groot sentra. Die klimgim-mark is in 2024 beraam op $24-miljoen, en daar word verwag dat dit teen 2033 sal verdubbel. 'n Span jong Suid-Afrikaners het verlede jaar as Proteas in Europa gaan meeding. Hulle het dalk nie te waffers gevaar wat die medaljes betref nie, maar waardevolle ondervinding opgedoen. J...
360 Speseryroete - Deel 112 09.01.2026 11:12
Kosstilis en resepontwikkelaar, Mari-louis Guy, is ná twee jaar terug uit Malta. Sy vertel van haar en haar gesin se ervaring van die land, en deel haar botterversiersel-resep wat ekonomies en maklik is, en moeilike resepte soos Switserse botterroom kan vervang.
Alta du Toit se barmhartige Samaritane 08.01.2026 8:15
Lionel Dreyer praat oor die Alta du Toit-huis, en hoe barmhartige Samaritane in die feestyd vrygewig gegee het aan die mense wat geen familie meer oor het nie.
Piem Fourie en paddaspring 08.01.2026 5:26
Corné Botha vertel van haar pa, Piem Fourie van Elsburg. Hy was die paddakoning van Suid-Afrika, tog hou haar ma se padda, Santjie, die paddaspring Guiness-wêreldrekord met 10,3 meter.
Jonk 8 Januarie 2026 08.01.2026 8:21
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die voedingswaarde van sardientjies, en hoeveel jy moet eet om die voordele te benut.
Onsigbare hond 08.01.2026 1:47
In Duitsland is daar ’n groep mense wat “hobby dogging” doen. Hulle kry opleiding met denkbeeldige honde! Die leiband en harnas is egter werklik.
Regardt Laubscher se kulkuns 07.01.2026 8:24
Regardt Laubscher oorbluf Martelize Brink met sy kulkuns. Dié kulkunstenaar en mentalis is vanjaar deel van die OppiWater Kunstefees.
Wat kan ons leer by… 7 Januarie 2026 07.01.2026 15:35
Dr. Mandie Uys vertel wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.
Ouma wen e-sport-toernooi 07.01.2026 0:59
Hisako Sakai, ‘n 92-jarige ouma, het ’n e-sport-toernooi in Japan gewen, waar die speletjie, Tekken 8, gespeel is.
Êrens oorsee 6 Januarie 2026 06.01.2026 8:54
Christien Vlok vertel vir Martelize Brink van die lewe in Den Haag, Nederland, en die haring wat jy aan die stert vat en kou.
Colleen se passie vir wol 06.01.2026 7:17
Colleen Murphy van Calitzdorp is van kindsbeen af gaande oor wol. Daar het dit nie gestop nie. Nou is sy betrokke by 'n gemeenskapsprojek in haar Karoodorpie waar hulle ander wil touwys maak oor die ou manier van dinge doen - om te weef en om wol te verwerk en skoon te maak.
Rangna se Mongoolse Derby 06.01.2026 8:02
Rangna Roux vertel vir Martelize Brink van die Mongoolse Derby wat sy vanjaar gaan aandurf. Die roete bvan dfie derby strek oor 1 000 km.
Toe verander die polisieman in 'n padda! 06.01.2026 0:54
‘n Polisieverslag wat deur kunsmatige intelligensie saamgestel is, sê dat ‘n polisieman in ‘n padda verander het! Die polisie se lyfkameras het die storie van die prinses en die padda op ‘n TV in die agtergrond afgeneem, en die storie het deel van die verslag geword.
Cornellskop kom tot wilde diere se redding 05.01.2026 7:18
Riaan Kirstein vertel vir Martelize Brink van Cornellskop naby Botrivier, wat ‘n toevlugsoord vir wilde diere is. Verskeie van die diere wat gered is, het al in films en advertensies verskyn.
Chris Oosthuizen van Sterkspruit 05.01.2026 8:24
Hy staan aan die hoof van ‘n privaatskool in die Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey-driehoek, maar in sy prille jeug het Chris Oosthuizen ‘n interresante jaar of wat beleef. Johan Rademan vind meer uit.
Hoe het julle ontmoet? 5 Januarie 2026 05.01.2026 8:36
Alwyn Smith vertel vir Martelize Brink van Daleen se eerste woorde aan hom: “Is jy lief vir my?”
Vuil x-strale 05.01.2026 1:38
‘n X-straalmasjien het tot die redding gekom om verlore trouringe tussen saamgeperste mediese afval te vind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.