RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ilne Fourie se FAKSIE op RSG 02.01.2026 8:13
RSG se nuwe middagvervolgverhaal, FAKSIE deur Ilne Fourie, skop op Maandag 5 Januarie 2026 af. Phil Loots gesels met haar oor die storie en karakters.
DIE NUWE BUURMAN deur Braam van der Vyfer 31.12.2025 29:01
‘n Glyjakkals van ‘n buurman word op sy plek gesit. Die drama is tydens die 2025 Oppiwaterkunstefees ter see opgeneem. Die spelers is Philru van Achterberg, Elma Potgieter, Danel Britz, Marissa Claassen en Stefanie Baartman. Die regie is deur Johan Rademan behartig.
Nuuseum se glasplaatversameling 30.12.2025 4:41
Die Harold Gribble-glasplaatversameling het in Nuuseum se skoot geval. Johan Rademan het met die driesestig-mikrofoon Stellenbosch toe gery om meer hieroor uit vind by Nuuseum se bestuurshoof, prof. Lizabé Lambrechts.
Ds. André Boezak tree uit 29.12.2025 8:31
Die bekende en geliefde gemeenskapsleier, digter, skrywer en leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente, ds. André Boezak, tree na meer as drie dekades uit die amp. Hy en Haidee Muller-Isaacs het al te lekker op Oudtshoorn gesels oor sy planne vorentoe, en sy boodskap van hoop aan ieder en elk.
Hoe het julle ontmoet? 29 Desember 2025 29.12.2025 6:28
Wilna Nieuwoudt vertel vir Sue Pyler-Slabbert hoe sy haar man, Rassie, ontmoet het.
Agterpaddorpies: Rhodes-omgewing 24.12.2025 4:47
Reis-en-ontdek is ‘n groot geskenk. Op die vooraand van Kersdag kan jy jou geliefdes dalk met ‘n spesiale rit verras. Dalk ‘n bergpas in die Rhodes- en Lady Grey-omgewing? Ons ry stadig oor die klippe met Johan Rademan en Jurgens Schoeman.
Kersfeestradisies oor die jare 24.12.2025 9:35
Dr. Mandie Uys praat oor Kersfeestradisies, en hoe dit oor die jare verander het.
Mel Botes se Riviersimfonie 23.12.2025 10:22
Stemme uit rock en simfonie kom saam in Mel Botes se Die Riviersimfonie. Dit bevat ‘n duet van Mel en Danie du Toit van Spoegwolf. Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, onder leiding van John Walton, gee die musiek lewe. Die simfonie beskryf die verskillende stadia en lewensfases van ’n rivier, wat ook simbolies is van die vloei van die lewe met al sy kompleksiteite, uitdagings - vrede, vreugde, har...
Gerrie en Eddie se storie 23.12.2025 10:02
Die Gautengse TV-vervaardigers, Gerrie Janse van Vuuren en Nicolaas Viljoen, vertel hoe hulle paaie gekruis het, die kwailiteit van plaaslike TV-produksies, en hulle onlangse erfenisreeks.
Marciel oor moederskap 22.12.2025 10:03
Haidee Muller-Isaacs gesels met Marciel Hopkins-Lourens oor moederskap, haar nuwe geselsprogram en nuwe dinge wat in 2026 op haar wag.
Hoe het julle ontmoet? 22 Desember 2025 22.12.2025 9:22
Mariaan Kirstein vertel vir Sue Pyler hoe sy en haar man, Johan, mekaar ontmoet het.
Agterpaddorpies: Bethulie 19.12.2025 3:14
Die Gariep lewer as bron van lewegewende water aan die oewers pragtige dorpies op waarvan Bethulie een is. Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman oor dié bekoorlike agterpaddorpie.
360 Speseryroete - Deel 111 19.12.2025 13:00
Willem van Schalkwyk en Lance Littlefield van Motherdough gesels oor suurdeeg en die 106 jaar oue Alfonsina, die suurdeegplantjie al die pad van Clusone in Italië.
Peter Pentz jnr. se landboudrome 18.12.2025 8:28
Haidee Muller gesels met Peter Pentz jnr. oor sy legendariese oupa, Peter Pentz van die bekende Groote Post-wynlandgoed, wat in September oorlede is. Hy vertel oor sy drome vir die landboubedryf, sy eerste TV-aanbiedersrol en oor die dag toe hy as skoolseun in die RSG-ateljee kom werk het...
Jonk 18 Desember 2025 18.12.2025 11:28
Fisioterapeut Lizanne Tucker praat oor hoe om jou gewrigte op te pas.
Crystal Esau se kraamhuis 17.12.2025 9:22
Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen wat sy doen. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen w...
Melanie Brummer vereer by Ecological Awards 17.12.2025 8:26
Melanie Brummer se Upcycled Cloth Collection is vereer by die Ecological Awards. Sy het ‘n wêreldwye gemeenskap van 250 000 mense gebou, wat tekstielafval verminder deur dit te omskep in nuwe skeppings.
Êrens oorsee 16 Desember 2025 16.12.2025 7:57
Julian Taylor vertel van die lewe in Tasmanië, Australië.
Kaylee se swemavontuur 16.12.2025 9:43
Op 15 was sy die jongste nóg om die 33 km Valsbaai-oorsteek-swem te doen, met net ‘n swembroek in die koue water. Kaylee Mouton en haar ma Chantell vertel van die aand toe hulle op dié avontuur besluit het.
Sandkrappe 15.12.2025 10:25
Maryke Musson, die uitvoerende bestuurder van bewaring, opvoedkunde en kommunikasie by die Suid Afrikaanse Vereniging vir Marine Biologiese Navorsing, praat oor sandkrappe.
Juffrou Margareth Cloete 15.12.2025 8:15
Die skooljaar is verby, en daarmee saam ook ‘n loopbaan by die skool. Haidee Muller-Isaacs gesels met Juffrou Margareth Cloete. Sy was voorheen in die nuus omdat sy met haar matrieks by klaskamers by Hoërskool Springbok intrek om net op die eksamen te konsentreer. Sy het intussen afgetree, maar dit beteken nie sy is klaar met die leerders en haar planne om te help nie.
Hoe het julle ontmoet? 15 Desember 2025 15.12.2025 11:18
Peet van Staden vertel van sy liefdespad met Fadela, wat in April 1989 by Westlake Gevangenisdiens Opleidingskollege begin het.
Agterpaddorpies: Williston 12.12.2025 4:34
Ons hoop om jou te oorreed om met Suid-Afrika se agterpaaie te reis, en by ‘n paar vergete dorpies aan te doen. Johan Rademan en Jurgens Schoeman vat die stuur op die agterpaaie.
360 Speseryroete - Deel 110 12.12.2025 5:50
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor fleurografie, en die gebruik van plante as simbole.
Tash se kostuin 12.12.2025 9:02
Haidee Muller-Isaacs kuier by Tash van Zyl. Die afgelope 10 jaar is haar Durbanville-tuin in 'n kostuin omskep. Dit het nou ’n opleidingsplatform vir ander geword.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.