RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Veearts antwoord vrae oor katte en honde 27.04.2026

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars vrae oor honde en katte. Van honde wat met klippe speel tot ‘n kat wat die bure se huis verkies bo dié van die kat se eienaar.

In die wêreld van landbou 27 April 2026 27.04.2026

In hierdie week se landbounuus kyk ons na die jongste oor bek-en-klouseer, en Tongaat Hulett se hofgeding, wintergewasaanplantings in die Wes-Kaap, en Suid-Afrikaanse olyfolie wat in Spanje gewen het.

Jou naam se komvandaan 27 April 2026 27.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor Griekse name in Afrikaans, soos Katharina, Sophia, Andreas, Andries en André.

Spaanse rower afgelag 27.04.2026

In Malaga in Spanje, was die werknemers van ‘n kroeg en gereelde klante onder die indruk dat ‘n rower gewapen met ‘n machete en ‘n vuurwapen ‘n gereelde klant was wat ‘n poets bak. Hulle het hom afgelag. Almal het rustig voortgekuier en hy is toe maar fort. Eers toe hy in hegtenis geneem is, nadat hy verskeie ander kroeë beroof het, besef hulle toe hulle fout.

Laaiplek se basaar 24.04.2026

Dirk van Eeden vertel van Laaiplek se supergewilde kerkbasaar. Daar daag elke jaar tussen 3 000 en 5 000 mense op om dié uitbundige affêre by te woon. Ons hoor van die liplekker pannekoeke en kerrieafval en nog baie meer. Dis ook nie net 'n basaar nie, dis 'n danksegingsfees.

360 Speseryroete - Deel 126 24.04.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor museums van smaak. Daar is die lekker goed, maar ook ‘n museum van kos wat mense as walglik beskou.

Vlieg, viool, vlieg! 24.04.2026

Tydens ‘n konsert in Finland, het ‘n dirigent per ongeluk ‘n solis se viool getref dat dit trek. Die skrik was groot toe die 18 de eeuse Guadagnini-viool, wat tussen £1,3 miljoen en £2,6 miljoen werd is, die vloer tref.

Boeke in die hand 23.04.2026

Sylvia Kleynhans vertel vir Martelize Brink van die Wêreld Boekedag vieringe by Laerskool Generaal Nicholaas Smit in Pretoria. Die Afrikaanse Taalraad is saam met die Vriende van Afrikaans ook daar betrokke.

Jonk 23 April 2026 23.04.2026

Dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe dermatoloë lasers inspan in behandelings soos haarverwydering, pigmentverwydering en teenveroudering.

Verwarring tussen natuur en nudis 23.04.2026

In Engeland bied die organiseerders van die Cumbria-natuurfees aan om kaartjiegeld terug te gee vir mense wat onder die indruk was dat dit ‘n fees vir naturiste is. ‘n Naturis verkies ‘n leefstyl van naaktheid.

Jacki se roei-avontuur 22.04.2026

Die lewenslustige 63-jarige ouma en juffrou, Jackie Loubser, het die avontuur van 'n leeftyd aangepak, en op die Oranjerivier gaan roei. Sy het min ingepak, maar daar was oorgenoeg aksie, adrenalien en opwinding. En nou nooi sy almal uit om volgende keer saam te gaan. Haidee Muller-Isaacs het in haar klaskamer gaan kuier.

Wat kan ons leer by... 22 April 2026 22.04.2026

Dr. Mandie Uys praat oor die Heilige Romeinse Ryk en Charlemagne, die eerste keiser ooit wat regeer het met die goedkeuring van die kerk.

Wat sien ek daar op die radar? 22.04.2026

Kadette in Finland se lugmag is in die warmwater nadat hulle tydens ‘n opleidingsessie só gevlieg het dat hulle vlugte die vorm van manlike geslagsorgane op die vlugradar aangeneem het.

Êrens oorsee 21 April 2026 21.04.2026

Stéphan van der Watt vertel vir Martelize Brink van die lewe in Kobe, Japan, en hulle belewenis daar die afgelope 16 jaar.

Johnny Davids (29 Mei 1977 – 16 April 2026) 21.04.2026

Johnny Davids, ons oud-kollega by RSG, is onverwags van ons weggeneem. Johan Rademan gaan terug na die begin van die millenium toe RSG by die KKNK die ZING-wenners, Johnny en Vivian, op die verhoog verwelkom het. Hulle het per bus van Namibië deur die Noord-Kaap gery, en langs die Snyman-broers op die RSG-verhoog beland. Hulle eerste album is 20 jaar gelede opgeneem en vrygestel deur Snyman Musiek...

'n Sterk eindpoging 21.04.2026

By die Delaware Marathon Hardloopfees is ‘n heldhaftige eindpoging op video vasgevang toe die voorloper Carson Mello te vroeg begin vier het. ’n Volspoed-eindpoging het Joshua Jackson met 0,02 van ‘n sekonde laat wen.

Waadvoël-migrasieprojek 20.04.2026

Cassie Carstens van BirdLife SA vertel vir Martelize Brink van ‘n waadvoël-migrasieprojek, waar GPS-monitors ingespan word om twee waadvoëlspesies se migrasieroetes na Europa en Asië te bepaal.

In die wêreld van landbou 20 April 2026 20.04.2026

In die landbounuus: Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging; die jongste oor bek-en-klouseer; trekkerverkope; en 'n bedreigde voëlspesie.

Jou naam se komvandaan 20 April 2026 20.04.2026

Dr. Willem Botha praat oor Latynse name soos Francois, afgelei van Franciskus, en Hercules. Op navraag word Hugo en Hugh ook bespreek.

Transito-toilet 20.04.2026

‘n Chinese motorvervaardiger het ‘n patent geregistreer vir ‘n toilet in ‘n voertuig. Dit word met jou stem geaktiveer en skuif dan onder die passasiersitplek uit.

Fynbosbolplante 17.04.2026

Matt Prinsloo praat oor fynbosbolplante en ‘n goeie grondmengsel vir die bolle, veral buite ‘n Meditereense klimaatstreek.

360 Speseryroete - Deel 125 17.04.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor veelsydige vanielje.

Juanita se liefde vir woorde 17.04.2026

Juanita Oostendorp vertel van haar dae as ‘n pastoriekind. Sy was lief vir Afrikaans, en het geleer dat woorde krag dra. Die gedigte het sommer lukraak posgevat in haar kop. Haidee het by haar gaan koffie drink.

Daggaverrassing by nuwe huis 17.04.2026

Huiskopers in Engeland is verras met ’n daggakwekery tydens hulle eerste besoek aan hulle nuwe huis.

Nuwe eikebome vir die Eikestad 16.04.2026

Francé Beyers en Liesl van der Walt vertel vir Johan Rademan van ‘n projek op Stellenbosch om die Eikestad se eikebome te herplant nadat die stomkopkewer onder die bome gemaai het.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.